GOD SE MANIER
Moeilike omstandighede en knellende toestande kan verwarring bring. Tydens sulke tye, begin ons ongeduldig redeneer: “God het dalk nie bedoel wat Hy vir my gesê het nie. Of miskien is die probleem my onvermoë om sy stem te hoor. Miskien het ek Hom in die eerste plek verkeerd gehoor. Al wat ek weet, is dat dit wat Hy vir my gesê het en wat ek sien gebeur, nie ooreenstem nie.”
Toe Saul voor God se leiding uitbeweeg het, het hy suiwer net op logika en rede opgetree, en nie in vertroue nie. Luister na die lys van verskonings wat hy vir die profeet Samuel gegee het, waarom hy sonder God se leiding voortgegaan het: “Ek het gesien hoe die manskappe verstrooid raak van my af; en toe u nie kom op die afgesproke tyd nie, terwyl die Filistyne in Migmas bymekaarkom, het ek gesê: Nou sal die Filistyne na my toe aftrek in Gilgal, en ek het die aangesig van die HERE nie om genade gesmeek nie; daarom het ek myself sterk gehou en die brandoffer gebring” (1 Samuel 13:11-12). Saul het sake in sy eie hande geneem en gedoen wat hy gedink het sy enigste opsie was. Dit het hartseer einde gehad.
Hierdie saak van wag is so belangrik, dat ons verwysings daarna dwarsdeur God se Woord vind. Jesaja skryf, “En hulle sal in die dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos: dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp” (Jesaja 25:9).
“Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het ‘n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U” (Jesaja 64:4).
Geliefde, God se manier is nie die wêreld se manier nie. En die enigste manier waarop ons goddelike ervaring kan opdoen, is om geduldig in geloof op Hom te wag. Hierdie soort goddelike ervarings kom na hulle wat in gemeenskap met die Here is: “Ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop” (Romeine 5:3-4).