God Se Mense Sal Nie Beskaamd Staan in die Slegte Tyd Nie

David Wilkerson

Toe ek aan hierdie boodskap begin werk het, het die Wall Street Journal berig dat die hele wêreld onder ‘n groot wolk van vrees gekom het. Mense in alles nasies word nou verlam deur wêreld gebeure. Onmiddellik het ek gedink aan ons gemeentelede by Time Square Church. Hulle wys geen vrees nie. In plaas daarvan, terwyl ons almal baie nugter is oor hierdie tye, het ons ook ‘n diep, blywende vreugde.

Ek was gelei na Psalm 37, wat deur Dawid geskryf is: “Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly. Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie: en in dae van hongersnood sal hulle versadig word” (Psalm 37:19–20, kursief myne). Hier is ‘n wonderlike profesie vir God se mense en dit is besig om voor ons oë vervul te word.

Kortliks, Psalm 37 vertel ons dat die Here opstaan om op te tree teen samelewings wat se sondes die hemele woedend gemaak het. Dawid het geprofeteer, “Want die arms van die goddelose sal verbreek word” (Psalm 37:17). Tog is dieselfde Psalm ook een van groot hoop. Dit bevat ‘n ongelooflike belofte aan diegene wat hulle vertroue ten volle in die Here plaas.

Eerstens, daar kom ‘n tyd wanneer God nie langer die gierigheid, hebsug en bose bedrog wat goddelose mense teenoor die armes en behoeftiges pleeg, sal duld nie. Dawid se profesie spreek van ‘n skielike verlies van finansiële mag: “Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn” (Psalm 37:20). Die afleiding wat ons hier kan maak, is dat die vuur skielik die rykdom van die magtiges sal verteer.  Rykdomme sal vinnig in rook opgaan soos vet in die vuur.

Praat van ‘n beeld van wat met Amerika se ekonomie gebeur het. In twee weke se tyd, het meer as $4 triljoen van die Amerikaanse rykdom verdwyn. Nou word ons ook vertel dat triljoene meer in rook sal opgaan. Aandelemarkte regoor die wêreld was geskok oor die nuus en makelaars het geween en geweeklag.

Ek sal nie in die redes noem waarom ek glo dat God moes optree nie. Maar ek kan dit sê: Ons weet God slaap nie. Daar kom ‘n tyd wat Jesaja as volg beskryf: “Die HERE hou ‘n dag van wraak, ‘n jaar van vergelding in die regsaak van Sion” (Jesaja 34:8). “Ek het my hande die hele dag uitgebrei na ‘n opstandige volk wat wandel op ‘n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan; ‘n volk wat My gedurigdeur in die aangesig terg...Ek sal nie swyg nie, tensy dat Ek dit vergeld het” (Jesaja 65:2–3, 6).

Wat ons met ons ekonomie sien gebeur is nie net God se vergelding nie. Dit het te doen met die eer en heerlikheid van Almagtige God. Hy sal nie staan en toekyk hoe sy weë deur die goddeloses beswadder word nie. Esegiël het geskryf, “Die tyd het gekom, die dag is naby; laat die koper nie bly wees nie en die verkoper nie treur nie; want toorngloed is daar oor die hele menigte van die land...Hulle blaas met die trompet en maak alles klaar, maar niemand trek na die oorlog toe nie; want my toorngloed is oor die mele menigte van die land” (Esegiël 7:12, 14). Te midde van goddeloosheid, het God die trompet alarm laat blaas, maar die waarskuwing is geïgnoreer.

Paulus beskryf ook ons tyd wanneer hy skryf , “Dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom...Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word” (2 Timótheüs 3:1, 13). Dink aan die groot verbandmaatskappye wat die armes, die ongeskooldes en werkloses verlei en mislei. Hierdie niksvermoedende mense was gelok om vir verbande te teken wat hulle nooit sou kon betaal nie en toe betaaldag gekom het, was hulle sonder huise gelaat. Betroubare banke het misluk weens die misleiding, maar bestuurlsui het uitgespring met “goue valskerms” van veelvuldige miljoene.

Ek lees van een bestuurder wat ‘n duur partytjie gehou het, waartydens hulle die hele nag gedans het en die drank vrylik laat vloei het, terwyl hy geweet het dat sy maatskappy besig was om te sink. Hy en ander het wild feesgevier, ten spyte daarvan dat hulle geweet het dat honderde duisende mense hulle huise sou verloor. Dit is ‘n duidelike vervulling van hierdie profesie in Sefánja 1:9 “Ek sal ook in dié dag besoeking doen oor almal wat oor die drumpel spring, wat die huis van hulle here vul met geweld en bedrog.”

Hoe lank dink ons sal God geduld hê met sulke gekheid en bespotting van sy naam? Die Here het die laaste woord oor die saak en Hy sê, “Hulle swaard sal in hulle hart gaan, en hulle boë sal verbreek word” (Psalm 37:15). Selfs nou, terwyl ek hier skryf, word twee biljoenêrs uitgehelp omdat hulle rykdom oornag verdwyn het.

Op dieselfde tyd wanneer die Here die goddelose vergeld, sal Hy diegene wat op Hom vertrou, beloon.

Hier is die tema van my boodskap: “Die HERE ondersteun die regverdiges…. Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie” (Psalm 37:17, 19, kursief myne). Jy mag vra, “Wat beteken dit presies?” Dit beteken eenvoudig die volgende: God is getrou nie net in sy vergelding van ellende nie, maar ook in sy beloftes. Dawid sê in wese, “Kyk rondom jou en sien hoe God sy Woord hou. Sy waarskuwings manifesteer nou in julle hoofberigte, sy aksies is oral oor julle media. Ek vra jou, sal God nie ook sy Woord hou om sy uitverkorenes te bewaar nie?”

Dink daaraan: Dit maak nie saak wat in die wêreld gebeur nie — ongeag hoe vreesaanjaend die nuus word, hoe erg die wêreld skud, hoe ekonomieë mag neig na ineenstorting nie — God se mense sal nie beskaamd gelaat word nie. Inderdaad, die Here sal op ons geloof reageer om sy Woord aan ons te vervul. Ons mag ly, maar Hy sal deurkom vir almal wat Hom volkome vertrou. Die wêreld sal nooit in staat wees om te sê, “Jou God het nie sy Woord gehou nie.”

Moenie ‘n fout maak nie, ons gaan onmoontlike situasies in die komende dae beleef. Maar ons Here sê Hy is die God van die onmoontlike en voorsien wonderwerke wanneer daar geen menslike antwoorde is nie. In werklikheid, Hy plaas gewillig sy reputasie in die hande van sy mense en roep ons om Hom by sy Woord te hou. Jy mag dink, “Maar God kan sy eie naam verdedig. Hy het my nie nodig nie.” Dit is nie so nie! God het sy mense uitverkies om sy getuienis aan ‘n afgestompte, ongevoelige wêreld te wees. En Hy roep ons om Hom openlik daartoe te verbind om te doen wat Hy belowe het.

Jy sien, in die wêreld se oë word God altyd op die proef gestel. Ongelowiges kyk elke keer na ons wanneer ons onmoontlike situasies beleef en sê, “Hierdie persoon sing oor hoe God ‘n weg maak om hom te verlos. Sal hy dit maak of sal hy beskaamd staan?”

Skeptici in Jesus se dag het soortgelyke dinge by die Kruisiging gesê: “Hierdie man het daarin geroem dat sy Vader Hom uit die dood sou opwek. Nou sal ons sien. Sal dit opstanding of skande wees?” Jesus was nie doof vir daardie beledigings nie. Maar Hy het iets geweet wat hulle nie geweet het nie: Sy Vader sou nooit toelaat dat Hy beskaamd word nie. God sou nie misluk om Hom te verlos nie ter wille van sy eie Naam.

Daar is kere wanneer dit lyk asof God niks doen nie — wanneer sy mense beskaamd en in wanhoop gelaat word — maar die volle storie word nie vertel nie. (Die Kruis was een van daardie kere.) Wat ons nie besef nie, is dat te midde van die krisis, God se eie eer op die spel is. En regdeur die Bybel het Hy mense gehad wie se rotvaste geloof sy getrouheid bewys het in die moeilikste van tye. Hierdie dienaars het onbeskaamd by die Here aangedring om vir hulle op te tree en sy eer op die spel te plaas, terwyl hulle Hom vertrou om te red.

1. Beskou Moses se voorbeeld by die Rooi See.

Hier was ‘n menslik onmoontlike situasie. Israel was op die vlug van die Egiptiese leër, vasgevang aan die een kant deur die see en die berge aan die ander. Dit was hier waar Moses God by sy beloftes gehou het. Hy het reeds geprofeteer dat God Israel in die Beloofde Land sou inlei. Nou was die Here die reputasie op die spel vir almal om te sien.

Ek kan die verslae hoor terugkom dat Farao Israel vasgekeer het. Die hele Egipte het verwag om te sien hoe die Israeliete in boeie teruggebring word. Parades sou beplan word om Farao se oorwinning te vier en goue afgode sou oor die God van Israel verhef word. Wat was Moses se reaksie op hierdie krisis? Terwyl hy na die see voor hom gekyk het, het hy geroep, “Gaan vorentoe!” Moses het so vas geglo in God se sorg en het sy woord vertrou om Israel in die belofte in te lei, dat hy verklaar het, “Ek weet die Here is getrou en ek gaan op sy woord handel.”

Dink aan die gevolge van so ‘n geloof. As die Rooi See nie wonderbaarlik oopgegaan het nie, sou hulle gedink het dat Moses ‘n dwaas was. Die Israeliete sou teruggaan het in slawerny en God sou nooit weer vertrou word nie. Tog weet ons almal wat gebeur het: Toe Moses sy hand uitgestrek het, het die water verdeel en die volk het op droë grond tot aan die anderkant geloop. Ek verseker jou, niemand wat ten volle op God vertrou, sal ooit beskaamd staan nie. Hy sal sy belofte gestand doen ter wille van sy eie Naam.

2. Beskou Josua.

Vir ses dae het Israel rondom die ondeurdringbare stad, Jerigo, gemarsjeer en gesê, “Hierdie mure gaan val.” Aan die mense binne Jerigo, het dit heeltemal gek geklink. Hulle moes spottend gelag het. Toe, ten slotte, op die sewende dag, was God se mense beveel om nie net een keer nie, maar sewe keer om die stad te marsjeer. Teen hierdie tyd moes die Israeliete al ‘n bietjie dwaas gevoel het. Hulle mag gedink het, “Niks het in die eerste ses dae gebeur nie. Om sewe keer om die stad te loop lyk so desperaat. Ons sal beskaamd staan as die mure nie val nie.”

Maar sulke gedagtes het nooit by Josua opgekom nie. Hy het gesê, “Ek weet wat ek van die Here gehoor het en ek weet Hy het die vermoë.” Hy het God aan sy belofte verbind en sy eer op die spel geplaas. Ons weet wat gebeur het: “Toe skreeu die volk, en hulle het op die horings geblaas...en die muur het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stand ingeneem” (Josua 6:20). As God se kinders Hom by sy Woord hou, sal Hy nooit toelaat dat hulle beskaamd gelaat word nie.

3. Beskou die Hebreeuse kinders.

Daniël se vriende, die drie Hebreeuse seuns het geweier om voor Nebukadnésar se 90 voet goue beeld in aanbidding neer te buig. Hulle was vasbeslote, selfs toe hulle veroordeel is om in ‘n vurige oond te sterf. Toe die goddelose koning gespot het, “Wie is die God wat julle uit my hand kan verlos?” (Daniël 3:15), het die jongmanne die Here verbind tot sy beloftes:

“Ons ag dit nie nodig om u hierop ‘n antwoord te gee nie. As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; Maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie” (Daniël 3:16–18). Hulle was so vol vertroue dat God sy naam sou verheerlik, dat hulle gewillig was om ‘n gewisse dood in die gesig te staar.

Prominente leiers van dwarsdeur die land het bymekaargekom vir die teregstelling: prinse, goewerneurs, regters en owerhede van omliggende provinsies. En Nebukadnésar het beveel dat die vuur sewe keer warmer gestook moes word, ‘n hitte so erg dat dit die dienaars wat die vuuroond hanteer het, doodgebrand het. Die skares was geskok en het uitgeroep, “Hierdie mans kan nie oorleef nie. Hulle sal doodbrand nog voor hulle by die vuuroond kom. Geen God kan hulle van hierdie noodlot verlos nie.” Weereens was die Here se naam op die spel. As Hy nie ingegryp het nie, sou sy naam belaster geword het onder al die nasies.

Maar die Here laat nooit diegene wat Hom volkome vertrou, beskaamd staan nie. Die Skrif sê Jesus self het in daardie vuuroond opgedaag om sy dienaars te beskerm en te vertroos. En die drie Hebreeuse kinders het uit die vuur geloop sonder dat hulle eers na rook geruik het.

4. Beskou Koning Hiskía.

Die Skrif sê dat Hiskía ‘n Godvresende man was: “Hy het die Here aangehang” (2 Konings 18:6). Tydens Hiskía se heerskappy, was Jerusalem beleër deur die Assiriërs, die groot wêreldmag van die tyd. Hierdie groot weermag het reeds Samaría en die stede van Juda ingeneem en nou het hulle Jerusalem omring. Hulle kaptein het gestaan en spot, “Ons het die gode van alle ander nasies oorweldig. Hoe verwag julle God om julle te verlos?”

Weereens, was die Here self op die proef gestel. Sy getrouheid was bevraagteken voor die hele ryk, voor Israel se vyande, selfs voor God se eie volk. Wat as Hy nie opgetree het nie? Wat as daar in die oggend ‘n sarsie van pyle oor die stadsmure kom? Die heidene sou roem en God se Woord sou betekenisloos wees.

Soos die krisis groter geword het, het Jesaja gestaan en alles waargeneem. Hy het ‘n woord van die Here ontvang en hy het ten volle daarop vertrou. Nou het hy God tot daardie woord verbind en die Here se reputasie op die spel geplaas. Hy het in wese gebid, “God, my eer beteken niks. As U nie verlos nie, kan ek altyd in die woestyn gaan wegkruip. Dit is U eer wat op die spel is.”

Daarmee het Jesaja kalm vir Hiskía vertel om die Assiriese kaptein te laat weet: “Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opgooi nie. Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die Here. En Ek sal hierdie stad beskut, om dit te verlos, ter wille van My” (2 Konings 19:32–34, kursief myne).

God sal nooit sy mense wat op Hom vertrou, beskaamd laat staan nie en daardie nag het Hy ‘n magtige wonderwerk gedoen. Die Skrif sê 185,000 Assiriese soldate het op ‘n vreemde wyse gesterf en groot paniek veroorsaak, sodat die leër gevlug het. Weereens, het God sy mense ter wille van Homself verlos.

5. Beskou Petrus en Johannes in die Nuwe Testament.

Toe die twee dissipels na die tempel toe geloop het, het hulle ‘n bedelaar teëgekom wat van geboorte af kreupel was. Petrus en Johannes het heel moontlik verskeie kere tevore verby hierdie man geloop, maar hierdie keer het hulle gestop. Die skare in die markplein het gehoor dat Petrus vir die bedelaar sê, “Kyk na ons...In die Naam van Jesus Christus die Nasaréner, staan op en loop” (Handelinge 3:4, 6).

Petrus het die Here gevra om op te tree, met God se eie heerlikheid op die spel. Die skares moes vir mekaar gesê het, “Wat ‘n dwase prediker. Hy vra ‘n man wat sy hele lewe lank kreupel was om op te staan en te loop.” Ek glo daardie mense was gereed om Petrus en Johannes te spot.

Toe het ‘n snaakse gevoel in daardie kreupel man se voete gekom. Eerstens het hy sy enkel gewikkel. Toe het die gevoel opbeweeg na sy kuite en dye. Hy het begin hurk en stadig regop gekom en gestaan. Tot die skare se verwondering, het die man begin spring en dans.

Ek vra jou: wat as God nie hom nie genees het nie? Dit was nooit Petrus se bekommernis nie, want hy het met blydskap die Here daartoe verbind om op te tree. Die Here sal nooit diegene wat hulle vertroue in die Hom stel, beskaamd laat staan nie!

Ons vandag, word ook geroep om God se eer, heerlikheid en reputasie op die spel te plaas.

Dink aan hierdie Bybelse episodes. In elkeen was alles waarvoor Christus na die aarde toe gekom en gesterf het, op die spel. Regdeur die Ou en Nuwe Testamente, het God se plan, doel en mense oorleef. En in elke geval, het God sy mense geroep om nie net op Hom te vertrou nie, maar om in Hom te glo om wonderwerke te doen. Sê vir my, sal die Here enigsins iets minder van ons geslag vra?

Beskou die getuienis wat ons oor ons wonderlike Here voorgelê het. Ons het gesê Hy sal voorsien en noem Hom Jehovah Jireh. Ons het aanspraak gemaak op sy beloftes vir sy kinders. Nou is sy Naam en eer weereens op die spel. As ons Hom daartoe verbind om op te tree, belowe Hy: “Maar Ek het gehandel ter wille van my Naam, dat dit nie ontheilig sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgelei het nie” (Esegiël 20:14). Hy sê in wese, “Wanneer ek Israel verlos het, was dit nie in ‘n weggesteekte hoekie op die aarde nie. Ek het wonderwerke vir hulle gedoen ten aanskoue van die hele wêreld. Nou wil Ek dieselfde in jou generasie doen.”

Liewe heilige, beleef jy ‘n situasie wat jy nog nie heeltemal aan die Here toevertrou het nie? Word jy geroep om jou geloof te beproef in die verre onbekende? Het jy besluit, “Net ‘n wonderwerk van die Here kan my verlos”? Ons mag dalk nie kan uitwerk hoe God hierdie verlossing sal bewerk nie; niemand in die Bybel het nie. Maar ons weet die volgende: net een van sy engele kan 185,000 mans laat vlug. Die Here sal nooit sy mense beskaamd laat staan nie!

Op hierdie oomblik, vertel Hy vir ons net soos vir Israel, “Ek het jou uit jou sondes geroep. En Ek het jou voor die oë van almal rondom jou geplaas, sodat Ek my Naam kan verheerlik. Dit is Ek wat jou geroep het. En Ek sal jou verlos ter wille van My Naam ten aanskoue van al die goddeloses.” So, sal jy nou in die weg wandel wat jy preek en aanspraak maak om te glo? Sal jy God tot sy Woord verbind sodat sy Naam voor die menigtes verheerlik kan word?

ag ons almal die gebed van Dawid vir hierdie tye aanneem: “Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my, om u Naam ontwil: omdat u goedertierenheid goed is, red my” (Psalm 109:21, kursief myne). God sal nooit sy mense wat op Hom vertrou, beskaamd laat staan nie. Hy sal sy Woord aan jou hou omdat sy eie eer op die spel is.