GROTER WERKE

Gary Wilkerson

“Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, wie in My glo – die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan" (Johannes 14:12).

Wat bedoel Jesus as Hy sê dat ons groter werke sal doen as wat Hy gedoen het? Ons vind ‘n sleutel in die laaste frase van die vers: “Omdat Ek na my Vader gaan.” Wat presies het gebeur omdat Jesus opgevaar het na die Vader kort na Sy dood?

  • Die aarde het letterlik gebewe
  • Grafte het oopgegaan en dooies het lewend geword
  • Jesus het die goeie nuus aan die dooies in die doderyk verkondig

En toe het Jesus die volgende vir ons gedoen: “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid” (14:16).

Deur na die Vader te gaan, sou Jesus almal red wat Hom aanroep. Hy sou opstandingslewe gee en sy volgelinge vul met sy eie teenwoordigheid deur die Heilige Gees. Alles wat Hy in die kort tyd na sy dood uitgevoer het, het tot die volgende gelei: Hy het ons een met God gemaak. Dit kon slegs gebeur “omdat Ek na my Vader gaan.”

Dit verduidelik die groter werke wat Christus gesê het ons sou doen. In ons vlees is ons geneig om te dink aan “groter werke” op dieselfde skaal as Jesus se ontsaglike wonderwerke:

  • Menigte skares voed met ‘n bietjie oorskiet
  • Op water loop
  • Verstommende demonstrasies van genesende krag uitvoer

Maar Jesus het vir ons gewys wat daardie “groter werke” is: om die lig van Sy evangelie – die reddende, verlossende, lewensveranderende evangelie te bring – aan die wêreld.