HALF-VERVULDE GEBEDE

David Wilkerson

“Deurbid,” ‘n term wat deur die vroeë Pinkster beweging gebruik is, beteken vir sommige om op jou knieë te bly totdat jy seker is dat God jou verhoor het. Vir ander beteken dit om aanhoudend terug te gaan na God, totdat jy die oplossing in jou hand het. (Dit was ook “volhard in gebed” genoem).

As ‘n jong seun tydens daardie vroeë kampbyeenkomste, het ek mense hoor getuig, “Ek gaan die horings van die altaar vasgryp – en ek gaan nie los nie totdat God verhoor het!” Tog glo ek nie dat dit die ware betekenis van “deurbid” is nie.

Jy kan saam met die Here afgesonder wees, jouself in Sy teenwoordigheid verlustig; jy kan kwaliteit ure, of selfs dae, saam met Hom deurbring, en soete gemeenskap met Hom geniet. Jy kan al jou behoeftes vervul hê, jou hart kan heeltemal tevrede wees, maar wat gebeur wanneer jy daardie heilige plek van soete gemeenskap verlaat?

Jy mag dalk van jou knieë af opstaan net om terug te gaan na ‘n verpletterende situasie wat nie verander het nie. Jy kan die duiwel vir jou daar sien staan en wag, gereed om jou toe te gooi met dieselfde probleme en leegheid. Ek vra vir jou: Watter doel dien dit om die heerlikheid op die berg te ontvang, as dit jou nie deur jou stryd kan dra nie?

Laat ek verduidelik wat ek glo wat bedoel word met “deurbid.” Dit beteken bloot dat die krag, sterkte en bemoediging wat jy van die Here ontvang terwyl jy met Hom afgesonder is, jou moet dra deur die beproewings wat voorlê. Die oorwinning wat jy in jou binnekamer kry, moet jou die oorwinning op die slagveld gee.

Dink daaraan: Was jou gebed “’n vervulde gebed”? Jy sien, “deurbid” beteken om te wag vir die algehele vervulling van jou gebed. Baie Christene beleef slegs half-vervulde gebede omdat hulle nie toelaat dat dit wat hulle van die Here in gebed ontvang, hulle deur hul beproewing dra nie. Talle opregte gebede word inderdaad vermors, gekanselleer en gaan verlore – omdat hulle nie op hierdie manier “deurgevoer” word nie.

Dierbare geliefde, jou gebed is nie klaar nie – dit nie “’n vervulde gebed” nie – totdat dit jou deurdra na die anderkant van jou beproewing. Ons het dit nog nie “deurgebid” nie, totdat ons ons beproewings “deurleef” het met die krag wat ons in God se teenwoordigheid vind.