HANDHAAF WAAKSAAMHEID!

David Wilkerson

“Wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het” (Openbaring 12:12).

Hierdie gedeelte van Openbaring sê vir ons dat Satan ‘n volskaalse oorlog teen God se heiliges verklaar het. Dit noem ook dat die duiwel ‘n spertyd het om sy werk af te handel: Omdat hy weet dat hy min tyd het.

As volgelinge van Jesus Christus, moet ons heeltyd daarvan bewus wees dat die duiwel daarop uit is om ons te vernietig. Daarom sê Paulus dat ons soveel as moontlik oor die vyand se taktiek en planne moet weet: “Sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie; want ons is met sy planne nie onbekend nie” (2 Korinthiërs 2:11)

“Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind” (1 Petrus 5:8). Dit beteken nie dat die duiwel êrens in die heelal sweef en bevele aan sy demoniese leërs gee nie. Ons weet dat Satan neergewerp is op die aarde toe Christus hom aan die kruis verslaan het. Daarom is die duiwel se koninkryk beperk tot die hier-en-nou (sien Openbaring 12:12).

Sommige Christene glo dat Satan almagtig is (alle mag besit), maar hy was deur Jesus verslaan en gestroop van alle gesag. En Satan is ook nie alwetend nie (hy kan nie gedagtes kan lees nie!) en hy is ook nie alomteenwoordig nie. Hy kan nie orals op dieselfde tyd wees nie.

Maar Satan het owerhede en magte dwarsdeur die aarde en sy leërs van demone verskaf vir hom inligting op sy bevel. Hulle hoor wanneer jy bid, en hulle sien jou gehoorsaamheid aan God. Dít is wat Satan se toorn teen jou opwek!

As die Skrif sê die duiwel weet dat hy min tyd het, verwys dit nie na die tyd wat Satan oor het voor die terugkeer van Christus nie. Dit handel oor voortdurende spertye, ‘n reeks kort tye wat hy het om sy werk te verrig en oorlog te maak teen God se heiliges.