HARDER PROBEER IS NIE DIE ANTWOORD NIE

Jim Cymbala

Baie van ons wil meer van God hê, maar nie tot op die punt waar ons bespot word nie. Ons Westerse verstand dink, “Ek wil die Here dien, maar ek wil in beheer bly.” Maar dit is dit nie hoe die Kerk begin het nie. Die Kerk het begin met Geesvervulde Christene wat hulleself aan God onderwerp het. Dit is radikaal, ja, maar dit is die manier hoe die Here dit gedoen het.

Sommige mag sê, “Ja, maar ons het op daardie Nuwe Testament styl van Christenskap verbeter.” As dit so is, wil ek die geestelike vrug wat ons verbeterings veroorsaak het, sien. Mense mag gespot het oor daardie eerste “ongesofistikeerde Christene,” maar duisende het bekeer geword in die eerste vier hoofstukke van Handelinge. Die Woord van God was kosbaar. Die kerke was vol van opofferende liefde. ‘n Heilige opgewondenheid het die atmosfeer gevul. Het ons werklik daarop verbeter?

In Handelinge 2, terwyl die dissipels op een plek bymekaargekom het, het die Heilige Gees oor hulle gekom en hulle het in tale gepraat wat hulle nie geken het nie. Ek wil nie debatteer oor in tale praat nie, maar ek wil uitwys dat toe die Gees oor hulle gekom het, het hulle onmiddellik begin om iets te doen wat hulle gewoonweg nie kon doen nie. “En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek; en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galiliërs nie?” (Handelinge 2:6-8).

Die dissipels het in bestaande tale gepraat wat hulle nie geken het nie. Hulle het iets gedoen wat geen ander verduideliking gehad het as dat God die bron was nie. ‘n Onbetwisbare uitdrukking van Geesvervulde lewe is dat ons verhef sal word bokant die beperkinge van blote natuurlike talente en vermoëns.

Die ironie van Geesvervulde lewe is dat ons krag moet prysgee om groter krag te kry. Hoeveel keer het jy probleme gehad om iets te doen, sodat jy bloot harder probeer het? Het jy ooit harder probeer om die selfdissipline te hê om jou Bybel meer te lees of langer te bid? Om ‘n onaantreklike persoon lief te hê? Om dapper te wees wanneer jy bang voel? Hoe het dit vir jou gewerk?

 

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in 'n klein bouvallige gebou in 'n ongemaklike deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is 'n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.