Harte Op Jesus se Wederkoms Gevestig
In Matthéüs 24 gebruik Jesus 'n gelykenis om te leer hoe om gereed te wees vir sy wederkoms:
“Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie. Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom – en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink, dan sal die heer van dié dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie; en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot vna die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande” (Matthéüs 24: 44-51).
Let daarop dat Jesus hier oor diensknegte praat, bedoelende gelowiges. Die een dienaar word getrou genoem en die ander een sleg. Wat maak laasgenoemde sleg in God se oë? Volgens Jesus is dit iets wat hy “in sy hart sê” (24:48). Hierdie dienskneg spreek nie so ‘n gedagte uit nie en hy verkondig dit nie. Maar hy dink dit. Hy het sy hart verkoop aan die demoniese leuen, “Die Here stel sy koms uit.” Let op dat hy nie sê: “Die Here kom nie” maar “Hy vertraag sy koms.” Met ander woorde, “Jesus sal nie skielik of onverwags kom nie. Hy sal nie in my generasie terugkeer nie.”
Hierdie “slegte dienskneg” is duidelik ‘n tipe gelowige, miskien selfs een in die bediening. Hy is beveel om te “waak” en “gereed te wees” (Matthéüs 24:44). Tog sus hierdie man sy gewete deur Satan se leuen te aanvaar.
Jesus wys vir ons die vrug van hierdie soort denke. As ‘n dienskneg oortuig is dat die Here sy koms vertraag, sien hy geen noodsaaklikheid daaraan om reg te lewe nie. Hy is nie verplig om vrede met sy medediensknegte te maak nie. Hy sien nie die noodsaaklikheid om eenheid in sy huis, by die werk en in die kerk te bewaar nie. Hy kon sy medediensknegte slaan, hulle beskuldig, wrokke hou en hul reputasies vernietig. Soos Petrus sê, hierdie dienskneg word aangedryf deur sy begeerlikhede. Hy wil in twee wêrelde leef, terwyl hy hom in die slegte lewe verlustig en glo dat hy vry is van regverdige oordeel.