HEBSUGTIG EN ONDANKBAAR

David Wilkerson

As jy nie afreken met jou twyfel nie, sal jy oorgegee word aan ‘n gees van murmerering. Jy sal op daardie manier leef en so doodgaan, omdat jou twyfel nie net onderdruk kan word nie. Dit moet by die wortels uitgeruk word!

Net drie dae na Israel se verlossing uit Egipte, het hulle ‘n nuwe toets beleef. Hulle het gesing, hulle tamboeryne geskud en getuig oor die krag en sterkte van ‘n magtige God. Hulle het geroem dat Hy hulle gelei en beskerm het – en toe het hulle aangekom by Mara, wat “waters van bitterheid” beteken.

Dit was ‘n voorbeeld van hoe God net aanhou toelaat dat ons krisis na krisis beleef, totdat ons uiteindelik die les leer wat Hy ons probeer leer. As ons weier om dit te leer, kom daar ‘n tyd wanneer Hy ons oorgee aan ons eie bitterheid. “Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie. . . Toe murmureer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink?” (Exodus 15:22, 24).

Op Sondag het hulle ‘n heerlike tyd gehad – gesing, gedans en gejuig! Maar teen Woensdag was hulle in die moeilikheid; nog ‘n krisis, en hulle was besig om uitmekaar te val. Hoe kon hulle hul vertroue so gou verloor? Omdat hulle nooit enige vertroue gehad het nie! Hulle het nooit werklik ‘n fondament onder hulle gebou gehad nie. 

Daarom het hulle weer die toets gedop. Hulle het absoluut niks geleer uit hulle vorige krisisse nie en weer het hulle ‘n geleentheid misgeloop om die grootheid van God te laat skyn. Hulle het selfs begin om Sy goedheid vir vanselfsprekend te neem. Hulle het geen kos gehad nie, daarom het Hy vir hulle manna uit die hemel gestuur. Hy het kwartels uit die lug laat val, hulle dit laat opstapel buite die laer, drie voet hoog. Maar nie ‘n woord van dankbaarheid was gehoor nie. In plaas daarvan, het die mense teruggekeer na hebsug en alles wat God vir hulle gegee het. En toe het Israel hardnekkig geword!

Wat ‘n skande is dit om van krisis na krisis te gaan en niks in die proses te leer nie. Dit dra daarmee saam ‘n vloek en jy sal oorgegee word aan ‘n gees van murmurering.