HET JY SEERGEKRY?

David Wilkerson

Tydens my gebedstyd het die Heilige Gees my gelei na Psalm 56. Hierdie boodskap is bedoel vir diegene wat seergekry het – of deur familie, vriende, of die woorde en dade van die goddeloses.

Dit is ‘n woord vir diegene wat die Here liefhet, maar egter trane stort en laste dra wat lyk of dit swaarder word elke dag. Sommige gelowiges word elke oggend wakker onder ‘n sluier van vrees en wanhoop. Finansiële probleme kan verpletterend wees en vrees inboesem. Ander beleef ernstige gesondheidsprobleme en ondraaglike pyn. Sommige treur oor familielede wat in groot moeilikheid is en miskien wederstrewig is teen die Here.

Hoor die geseënde Woord van God aan jou gerig in jou uur van nood:

Psalm 56:4: “Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou. [Ek sal nie bang wees nie].”

Psalm 56:5: “Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?”

Psalm 56:9: “U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?”

Psalm 56:10: “Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.”

Psalm 56:14: “Want U het my siel gered van die dood – ja, my voete van struikeling – om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe?”

Dit is die gesalfde woorde van die Gees van God. Ek moedig jou aan om oor elke gelyste vers te bid en dit deur geloof in besit te neem. Die Here ken al jou gesukkel en pyn. Hy ken elke besonderheid van jou situasie, en Hy hoor selfs die onuitgesproke uitroepe van jou gebroke hart.