HET ONS DIE UITGEWORPENES VERGEET?

Nicky Cruz

Hoe reageer ons op die uitgeworpenes van ons samelewing? Wat doen ons kultuur met die armes, die verslaafdes, die alkoholiste, die bendeleiers, die homoseksuele, die VIGS-pasiënte, die sondaars? Belangriker, wat doen die Liggaam van Christus met hulle? Sien ons hulle as mense wat hulp nodig het, verlore en soekend na ‘n uitweg uit hulle wanhoop en slawerny? Of gee ons voor hulle bestaan nie? Hou ons hulle uit die gesig, iewers ver weg onder ons oë uit, sodat ons nie met hulle hoef te deel nie?

Ons het vergeet wat Jesus vir ons gedoen het. Ons het vergeet dat sonder sy reddende genade, sou ons net so verlore en hopeloos en blind gewees het as hulle. As jy ons mooi klere en deftige karre, ons huise en juweliersware en werk, ons gesondheid en krag en geloof wegneem, sou ons ook ongewens wees. Sonder Jesus, is ons niks! En sonder deernis, het ons geen plek in God se koninkryk en geen reg om onsself seuns en dogters van die Koning te noem nie.

Keer op keer in die Skrif, sien ons Jesus uit sy pad uit gaan om die lewe van net een persoon aan te raak. Selfs te midde van groot skares, het Hy dikwels gefokus op die behoeftes van ‘n arme bedelaar, ‘n prostituut, ‘n tollenaar, ‘n visserman, ‘n kreupele of blinde man. Hy het nie die skares gesien nie; Hy het mense gesien, behoeftige siele wat hulp soek.

Dink aan die impak wat ons op ons wêreld sou kon hê as elke bedienaar, herder, evangelis, en gelowige mense op daardie manier kon sien vandag. As ons slegs ons behoefte om aandag te trek eenkant toe kon skuif en in plaas daarvan, fokus op die behoeftes voor ons, die gesigte vol eensaamheid, die oë vol pyn en verwarring wat op elke uithoek van die aardbol sit.

“Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in” (Lukas 14:21).

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.