HOU VAS AAN JESUS MET JOU HELE HART

Gary Wilkerson

“En Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van die gebed, die negende uur. En daar is ‘n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was...om ’n aalmoes te vra...Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop...en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.  En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop” (Handelinge 3:1-2, 6-8).

Petrus en Johannes was pas gevul met die Heilige Gees op Pinksterdag en hulle het meer wonderwerke as ooit tevore gesien plaasvind.

Eendag, terwyl hulle opgegaan het na die tempel om te bid, het hulle ‘n kreupel man teëgekom by die Mooipoort. Hulle het die man voorheen al baie keer gesien, maar hierdie keer toe hy vir aalmoese gevra het, het hulle gesê, “Kyk na ons.” Die man het gedink hulle sou vir hom geld gee, maar in plaas daarvan, het hulle hom beveel om op te staan en te loop – in die Naam van Jesus. Toe die man opgespring en begin loop het, was almal wat dit gesien het, vervul met verwondering en het God begin prys.

Wat ‘n heerlike tyd het gevolg toe die mense die majesteit van God in aksie gesien het. Hulle was met ontsag vervul en het saamgekom om te bespreek wat hulle pas gesien het. Die Bybel sê dat die man wat genees was “aan Petrus en Johannes vas[ge]hou” (sien 3:11) het. Sy hart was aangegryp en hy het in wese gesê, “Ek sal hierdie wonderlike teenwoordigheid van God nie laat gaan nie.”

Elke gelowige behoort uit te roep, “Here, wys vir my u heerlikheid. Ek Gryp U wonderbare werk aan, God. Ek is nie tevrede met klein gedeeltes nie – ek wil die volheid van u heerlikheid in my lewe hê en ek sal vashou aan die Woord. Vader, ek wil alles van U hê.” Die Vader het die hart lief wat Hom soek – en wanneer Hy ‘n magtige werk in jou doen, hou vas aan Hom met jou hele hart!