HULLE WAS ONTBONDE IN DIE VUUROOND!

David Wilkerson (1931-2011)

Ons almal ken die storie goed. Koning Nebukadnésar, heerser van Babel, het al die leiers van sy uitgestrekte ryk beveel om saam te vergader om aan eer valse gode te bring. Die koning het ‘n groot, goue standbeeld opgerig en die rojaal geklede leiers – goewerneurs, prinse, magistrate en beamptes van die provinsies – saam met al die mense van die land moes gehoor gee aan die koning se dekreet en buig voor die beeld. En as hulle nie? ‘n Onmiddellike doodsvonnis.

Sadrag, Mesag en Abednégo, drie uitsonderlike jong Hebreeuse manne, was in ballingskap geneem en na die paleis gebring, opgelei in die taal en aangestel as leiers in die regering. Toe Koning Nebukadnésar beveel het dat almal buig voor sy valse god, het hierdie jongmanne geweier. Jaloerse leiers het hulle dadelik gerapporteer aan die koning wat in ‘n woedebui uitgebars het en hulle voor hom laat bring het. Hy het gebulder, “Hoe durf enige lid van my eie regering my teëstaan met ongehoorsaamheid!”

In daardie dae, was oortreders van die koning se dekrete in ‘n brandende vuuroond gegooi. Die koning het beveel dat die vuuroond sewe keer warmer as gewoonlik gemaak moes word en het Sadrag, Mesag en Abednégo weer uitgedaag: “Wie sal julle uit my hande verlos?” Hulle het geantwoord, “Ons God wat ons dien, is in staat om ons van die brandende vuuroond te verlos, en Hy sal ons van u hand verlos, O koning” (sien Daniël 3:17).

Jy kan seker wees dat hierdie mans die hitte van die witwarm oond kon voel en ek is seker hulle wou nie sterf nie. Hulle het egter ‘n ontsaglike geloof in hulle harte geplaas gehad deur die Heilige Gees en hulle was standvastig en onwrikbaar. Die koning en die koninklike geselskap het gekyk hoe die manne geboei en in die vuuroond gegooi is.

Stel jou voor hulle verbasing toe hulle die mans bo-op die kole sien loop het – saam met ‘n vierde Man in die vuur! Die boeie het afgeval en hulle het hulle hande opgehef en God geprys! Jesus was met hulle in hulle krisis en hulle het uit die vuur geloop as ‘n getuienis vir almal.