HY BEGEWE JOU NOOIT NIE

David Wilkerson

“Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie” (Lukas 22:32). Vir my is dit een van die mees bemoedigende verse in die hele Skrif. Petrus het ‘n ernstige beproewing verduur en Jesus het hom verseker dat maak nie saak wat hy mag beleef nie, sy geloof sou nie faal nie.

Hoewel Petrus Christus verloën het, het God hom nie begewe nie – nie vir ‘n oomblik nie. Hierdie eens vreeslose dissipel, nou gebroke en bekommerd oor sy mislukking, was nooit vir ‘n oomblik op sy eie nie. En, geliefde, ons ook nie!

Dit maak nie saak wat jou beproewing moontlik is nie – watter pyn jy ly of watter smart jy verduur nie – Jesus doen vir jou voorbidding. Op hierdie oomblik, te midde van jou storms, bepleit Hy jou saak en los jou nooit alleen nie.

In Lukas 22:31 waarsku Jesus vir Petrus dat Satan begeer om hom te sif soos koring, maar aan die einde van vers 32, gee Hy vir hom hierdie sterk aansporing, “As jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.”

Geliefde, hier is ‘n versekering en bemoediging vir ons almal. Die Here van die skepping hou ons in Sy hand en Hy sê vir ons, soos vir Petrus, “Staan nou op! Gaan nou! Moenie op jou mislukking fokus nie; begin werk vir My koninkryk. Laat my skape wei. Waarsku my kosbares oor die vyand se planne aan die werk teen hulle. En sê vir hulle Ek hou hulle in My hande, deur elke beproewing.”