HY HET GEKIES OM JOU VADER TE WEES

David Wilkerson (1931-2011)

Sommige Christene word heeltyd oorwin deur vrees. Sommiges is altyd neerslagtig. Ander word verswelg deur skuldgevoelens en is vreesbevange dat hulle nooit oorwinning oor sonde sal kry nie. Hulle vrees hulle gaan hul werk, hul gesondheid en hul familie verloor. Hulle het geen vrede, blydskap of rus nie. Dit is dan wanneer ek Jesus hoor vra, “Ek is al so lank by jou en steeds sien jy nie? Ken jy steeds God nie as jou Vader nie?”

Uit jou intimiteit met Christus moet ‘n openbaring kom dat ons ‘n Vader in die hemel het wat noukeurig vir jou gewys het hoe Hy is en wat Hy vir jou wil wees!

Eerstens, Hy het gekies om jou Vader te wees. Jy het Hom nie gekies nie, Hy het jou gekies. Is God heerser van die hemel en aarde? Is Hy almagtig? Alwetend? Is Hy Koning oor die watervloed? Die antwoord op al hierdie vrae is ‘n dawerende ja. Maar in hierdie laaste dae, wil God hê ons moet ‘n ander openbaring van Hom hê – Hy wil hê jy moet verstaan dat jy sy seun of dogter is.

Toe Jesus op hierdie aarde gewandel het, het Hy elke uur onder die sonlig van sy Vader se liefde gelewe, nooit met verwarring of twyfel nie. Daarom kon Hy enigiets trotseer wat die vyand teen Hom gebring het – enige swaarkry, enige beproewing – omdat Hy geweet het sy Vader was met Hom. Hy kon sê, “My Vader het My gestuur het; Hy het My gekies en aangestel en Hy is altyd by My. Ek is nooit alleen nie!”

Die Vader sê vir jou, “Ek wil oor jou sweef, jou beskermer wees, elke behoefte voorsien, jou deur al jou beproewings te dra. Ek kies om ‘n Vader vir jou te wees, so aanvaar my liefde.”

God het gekies om jou Vader te wees op grond van liefde en genade alleen. Daar is geen ander voorwaarde nie. Hy het nie gewag tot jy goed genoeg was of al jou leerstellinge uitgepluis het nie. Nee, Hy het gesê, “Selfs toe jy verlore was in sonde, het Ek jou liefgehad.”