HY MAAK ONS MOEDIG

David Wilkerson

Die Heilige Gees het my gedring om Exodus 12 te lees wat die verhaal oor Israel se verlossing uit Egipte bevat.

Op die deur van elke Israeliet se huis, was die bloed van ‘n lam gesmeer op die twee deurposte en die bo-drumpel. Dit was om God se volk te beskerm van die verbygaande engel van die dood. Toe die dag aangebreek het, het ’n menigte Israeliete uit gevangenskap uitgestap, insluitend 600,000 mans plus vroue en kinders. “Op daardie selfde dag, het al die leërskare van die HERE uit Egipteland uitgetrek” (Exodus 12:41).

In die volgende hoofstuk, het ek gestop by vers 3, wat lees: “Die HERE het julle deur ‘n sterke hand hiervandaan uitgelei” (13:3). God se volk was verlos deur die Here se sterkte alleen, nie deur menslike vermoë nie.

Dawid verklaar, “Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my ‘n weg volkomelik uitgesoek. . . Uit die hoogte het Hy sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, my uit groot waters getrek. Hy het my verlos van my magtige vyand, van my haters, omdat hulle te sterk was vir my . . . Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil” (2 Samuel 22:33, 17, 18, 31).

Ons geloof en sterkte mag dalk swak word, maar in ons tye van swakheid, het God vir ons wonderlike beloftes gegee om ons te vernuwe en te versterk.

Geliefde, glo jy God is sterk? As Hy sterk is, kan geen mag voor Hom staande bly nie. So, gee alles oor in Sy magtige hand van sterkte en krag. Hy sal ‘n weg maak. Bo alles, glo hierdie woord: “Die dag toe ek geroep het, het U my verhoor, my moedig gemaak met krag in my siel” (Psalm 138:3).

God het jou lief en seën jou!