HY WAS NIE VAN HIERDIE WÊRELD NIE
Elia en Henog, die enigste twee profete wat lewend weggeneem is, het iets in gemeen gehad. Hulle was beide haters van sonde en het daarteen uitgeroep. Beide van hulle het so naby God gewandel dat hulle nie kon help om Sy haat vir goddeloosheid te deel nie.
Die onbetwisbare effek op almal wat met God wandel, is ‘n groeiende haat vir sonde – en nie net haat nie, maar afsondering daarvan. As jy steeds hierdie wêreld liefhet en tuis is by die goddeloses – as jy ‘n vriend is van diegene wat Hom vloek – wandel jy nie met die Here nie, maar sit jy op die draad en maak Hom openlik tot skande.
“En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem” (Génesis 5:24). Ons weet uit Hebreërs dat dit spreek van Henog se lewendige wegneming, die feit dat hy nie die dood gesmaak het nie. Maar dit beteken ook iets dieper as dit: “Hy was daar nie” soos gedefinieer in Génesis 5 het ook beteken, “Hy was nie van hierdie wêreld nie.”
In sy gees, in sy ingesteldheid, was Henog nie ‘n deel van hierdie bose wêreld nie. Hy was weggeneem in sy gees na ‘n hemelse realm. Soos Paulus, het hy daagliks hierdie wêreld afgesterf terwyl hy vir sy familie gesorg het, gewerk het, bedien het en besig was. Maar “hy was nie” – hy was nie aardsgebonde nie! Die Here het hom heeltemal oorgeneem. Elke wakker oomblik het sy gedagtes teruggekom na Hom toe. Sy hart was aan God verbind met wat gelyk het soos ‘n groot rubberband. En hoe meer jy jou rubberband gestrek het, hoe vinniger het dit teruggespring as jy dit laat skiet het. Henog se hart het altyd “teruggespring” na die Here toe.
Soos die mensdom meer en meer goddeloos geword het rondom hom, soos mans verander het in wilde diere vol wellus, hardheid en sensualiteit, het Henog meer en meer geword soos die Een saam met wie hy gewandel het.