JESUS, DIE BRON VAN ALLE BLYDSKAP

David Wilkerson (1931-2011)

Jesaja 16:6 beskryf baie duidelik wat gebeur met ‘n trotse land wat onder God se oordeel val, “Ons het gehoor van die trotsheid van Moab – van sy hoogmoed en sy trotsheid en sy grimmigheid, sy onbehoorlike grootpratery.” Dwarsdeur die Skrif, word Moab gebruik as ‘n simbool wat alle selfstandige mense voorstel wat hulle rûe op God keer en onder sy oordeel val.

In Bybelse tye, was die oestyd altyd ‘n tyd van groot feesviering, maar nadat oordeel op Moab geval het, was daar geen uitroepe van “Oestyd!” wat deur die strate weerklink het nie. Enige spoor van blydskap in Moab het iets van die verlede geword en ‘n wolk van droefheid en smart het oor die samelewing gehang.

Laat ons die landskap in Amerika beskou vandag. Wat sien en hoor jy? Ons trotse, hoogmoedige land het onder God se goddelike toorn gekom en daar is baie vrees. Toe verwoesting die Twin Towers in New York getref het, was die uitroep, “Dit gaan ons land vir altyd verander,” en dit was waar. Die onskuld, blydskap en vreugde wat talle Amerikaners eens geken het, is vir altyd weg en sal nooit teruggekry word nie.

Wat ons almal moet weet, is dat Jesus Christus alleen die bron is van alle blydskap. Die Psalmis sê van Hom, “God...[het] U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle” (Psalm 45:8). Die olie wat in hierdie Psalm genoem word, verteenwoordig die Heilige Gees. Die skrywer sê, “Net diegene wat indring tot ‘n nader wandel met Jesus, sal die blydskap van sy Gees verkry.”

Ons wat Christus se geregtigheid ken, moenie lewe soos diegene wat sonder hoop is nie. Ons is geseën met beide die liefde en die vrees van God en Hy sê vir ons, “So sal die losgekooptes van die HERE teruggaan en na Sion kom met gejubel” (Jesaja 51:11). Met ander woorde: “Ek sal ‘n volk hê wat na My sal terugkeer met vertroue, geloof en vrymoedigheid. Hulle sal hulle oë afhaal van hulle toestande en die rampe wat hulle omring en hulle sal hul lied van blydskap terugkry.