AS JY NET TOT HOM SAL ROEP

David Wilkerson (1931-2011)

In die vroeë jare van die Kerk, het ‘n groot vervolging plaasgevind. Gedurende daardie verskriklike tydperk, was die apostel Johannes gevange geneem en na Rome gestuur voor hy verban is na die Eiland Patmos om te sterf. Patmos was ‘n klein, verlate plek, bewoon deur slegs ‘n paar ander gevangenes wat daarheen verban was.

Toe Johannes by Patmos aan wal gegaan het, was hy gestrand, verlate en afgesonder. Hy sou later skryf, “Ek is verban na Patmos, vir die woord van God en vir die getuienis van Jesus Christus” (sien Openbaring 1:9).

Waarom was Johannes, ‘n dissipel van Jesus, so ‘n vonnis opgelê? En waarom was Rome, die wêreld se heersende mag, desperaat om hom uit die beskawing te verwyder? Dit is duidelik Rome het hom as ‘n bedreiging beskou, omdat hy duidelik beroemd was onder beide Jode en heidene.

Nou, sou Johannes beskou word as ‘n mislukking. As hy gemeet sou word volgens huidige standaarde van sukses, sou hy nutteloos geag word: hy het geen gemeente, geen kerkgebou en geen geld, geen voertuig, geen huis en geen ordentlike klere gehad nie.

Hoe verkeerd sou hulle almal egter wees! Iets ontsagliks het met Johannes gebeur na sy eerste paar dae op Patmos. Hy het ‘n besluit gemaak wat ‘n impak sou hê op die hele kerk wêreld vir ewig. Eenvoudig gestel, Johannes het gesterf vir sy eie planne en manier van bediening. So ver as wat hy geweet het, was sy ballingskap op Patmos sy laaste bestemming, maar hy was vasgeslote om God te aanbid. “Ek gaan in die Gees wandel en myself daaraan toewy om die aangesig van God te soek. Nou het ek tyd om Hom te leer ken soos nog nooit tevore nie.”

Johannes se lewe was gereduseer tot een fokus: Jesus Christus alleen. En hy het in wese gesê, “Al wat ek ooit nodig sal hê, is gebed, aanbidding en gemeenskap met die Here.” Dit was hier op Patmos waar Johannes geleer het om afhanklik te wees van die stem van die Heilige Gees. En die goeie nuus is dat Johannes later sy vryheid gegee was en sy geskrifte het ‘n gesalfde lig vir die wêreld geword.

Jy hoef nie afgesonder te wees om jouself heeltemal aan gemeenskap met die Here oor te gee nie. God sal jou onmoet daar waar jy is, enige tyd van die dag of nag, as jy net tot Hom sal roep.