KONSTANTE TOENAME

David Wilkerson (1931-2011)

Die apostel Paulus het die Thessalonisence verseker dat hulle geleer het hoe om welvallig voor die Here te wandel. “Soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag” (1 Thessalonisence 4:1). Paulus het toe begin met die volgende vermaning: “Sodat julle nog oorvloediger mag wees” (dieselfde vers).

Om oorvloediger te wees, beteken om toe te neem. Paulus het hiermee gesê, “Julle het onder ‘n gesonde evangelie verkondiging gesit, so julle het dus nou ‘n soliede fondament onder julle. Daarom, moet julle in genade toeneem in alle aspekte - in julle geloof, julle kennis, julle liefde.”

Paulus het oor sulke oorvloedigheid met die Korintiërs gepraat, “Maar soos julle in alles oorvloedig is – in geloof en woord en kennis en alle ywer en in julle liefde vir ons – sorg dat julle ook in hierdie liefdedaad oorvloedig is” (2 Korinthiërs 8:7). Hy sê met ander woorde, “God se Gees het groot veranderinge in jou lewe teweeggebring. Daarom, moet jy meer van jouself gee in alle aspekte - in jou tyd, jou finansies, jou talente.”

Hierdie gedeelte maak dit duidelik dat van elkeen wat met God se woord gevoed is, verwag word om in genade te groei. God het talente aan herders, leraars, profete en evangeliste gegee vir die uitdruklike doel om Sy kerk te laat groei. Daar word van ons as gelowiges verwag om in Hom te groei, sodat ons nie weggevoer sal word deur enige valse leerstelling nie.

Jesus self praat ook oor ‘n konstante groei in ons lewens: “Ek het gekom dat hulle lewe en oorvloed kan hê” (Johannes 10:10). Spreuke herhaal dit: “Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe” (Spreuke 4:18). En selfs Job verklaar, “Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag” (Job 17:9).

Die beloftes van God is joune vandag! Hy wil hê jy moet ‘n konstante toename van geloof, hoop, liefde en vrygewigheid in jou lewe hê.