KOSBAARDER AS GOUD

David Wilkerson (1931-2011)

Een van die belangrikste verse in die hele Skrif, word gevind in 1 Petrus 1:7: “Sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus.”

Petrus sê ook vir ons wat ons kan verwag om te beleef tydens sulke toetse van geloof: “Daarin verheug julle jul, al word julle nou - as dit nodig is - ‘n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge” (vers 6). Petrus sê, “As jy ‘n volgeling van Jesus Christus is, dan sal jy ernstig getoets word.”

Petrus maak dit duidelik dat sulke toetse van geloof nie bedoel is vir nominale Christene nie; hierdie vurige beproewings is bedoel vir uitverkoopte gelowiges. Christene het ‘n “lewende hoop” as gevolg van hulle geloof (1:3). Eenvoudig gestel, God sê vir ons, “Jou geloof is vir My kosbaar, kosbaarder as al die rykdom van hierdie wêreld wat eendag sal vergaan! En in hierdie laaste dae – wanneer die vyand allerhande soorte boosheid teen jou stuur – wil Ek hê jy moet in staat wees om sterk te staan, met ‘n onwrikbare geloof.”

Geliefde, die toets van ons geloof is belangrik, want God se bewarende, verlossende krag word vrygestel volgens ons geloof in Hom. Hoe sterker ons geloof, hoe meer sal sy bewarende krag in ons lewens vrygestel word.

Paulus getuig dat hy erge teenspoed en toetse verduur het: “En die Here gedien het met alle nederigheid en baie trane en beproewinge wat oor my gekom het” (Handelinge 20:19). Hy het erken, “Ek weet dat met alles waardeur ek gaan, probeer die Here iets in my vorm. Hy wil ‘n blywende geloof na vore laat kom!”

En Jakobus skryf, “Ag dit louter vreugde...wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk” (Jakobus 1:2-3). Jakobus sê in wese, “Wanneer moelike beproewings oor jou pad kom, wees bly!” Die Here is aan die werk en bring jou by ‘n plek van rus en geloof in Hom.