Krag deur Gebed Vrygestel
Ons sien teenspoed op ‘n skaal wat nog nooit tevore beleef was nie: orkane, brande, oorstromings, droogtes, nasionale onrus. Vrees en wanhoop heers oral en selfs die skeptieste analiste sê dat ons reeds die begin van die Derde Wêreldoorlog beleef.
Wat kan God se kinders doen om sy hart te beweeg in hierdie tye? Die kerk is sekerlik nie magteloos nie. Die profeet Joël het gesê, “Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart ... en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid” (Joël 2:12-13).
Al die Ou Testament profete het God se volk tot gesamentlike gebed opgeroep. Jesus self het gesê, “En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis moet ’n huis van gebed genoem word” (Matthéüs 21:13). Trouens, die wêreldgeskiedenis word gevorm deur die gebede van Christus se kerk.
Die Heilige Gees was aanvanklik gegee in God se huis in die Bovertrek. Daar het die dissipels “eendragtig volhard in gebed” (Handelinge 1:14). Ons word vertel dat Petrus uit die tronk vrygelaat is deur ‘n engel, terwyl “baie in die gebed bymekaar was” (12:12). Gesamentlike gebede het heeltyd opgegaan vir Petrus se vrylating.
Dit is duidelik dat God baie krag vrystel as gevolg van die gebed van sy kerk. Daarom kan die oproep tot gebed nooit onderskat word nie. Ons weet dat die kerk aangestel is om siele te wen, om liefdadigheidswerk te doen, om te dien as die vergaderplek vir God se Woord om verkondig te word. Maar eerstens moet die kerk ‘n huis van gebed wees – dit is sy belangrikste roeping.
“As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is” (Matthéüs 18:19).
Die krag van gebed is egter nie net gereserveer vir groot byeenkomste nie; ons kan dit in die intimiteit van ons eie huis kry. Jesus het binnekamer gebede beoefen en dit vir sy dissipels aanbeveel. “Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde” (Matthéüs 6:6). Die huise in Jesus se kultuur het ‘n binnekamer gehad wat gedien het as ‘n tipe van ‘n stoorkamer, ‘n plek waar hulle in afsondering kon bid, en daarom was hierdie konsep maklik om te verstaan.
Jesus het die voorbeeld gestel vir privaat gebed: “En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na ’n eensame plek vertrek en daar gebid” (Markus 1:35). “En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid ... was Hy daar alleen” (Matthéüs 14:23).