Kry U Baklei Terug

Paulus het gesê: "In die goeie wedloop van die geloof moet jy al jou kragte inspan en die ewige lewe as prys behaal. Daartoe het God jou geroep en het jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê" (1 Timoteus 6:12). En teen die einde van sy evangelie kon hy trots verklaar,"ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end uit gehou" (2 Timoteus 4:7).

Paulus het nooit sy veggees verloor nie - hy was daarmee gevul tot sy dood. En baie van ons geestelike vaders is strydend dood. Die skrywer van Hebreërs het van die ouderlinge van die kerk gesê, [Hulle] was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag" (Hebreërs 11:34). Manne soos Josua en Kaleb was magtige stryders tot die bitter einde!

Watter tipe van stryd het u in die laaste jaar gehad? Was u so oorweldig met tye dat u jou veggees verloor het? Het u swak geword, `n passiewe soldaat van die Kruis - ontmoedig, gewond en verward?

Ek bid dat hierdie boodskap van die Heilige Gees die baklei in u sal terugsit - sodat u weereens vreesloos sal wees teen die duiwel se wapens. Dit is tyd vir u om op te staan en die goeie stryd te stry!

Jakob is ons voorbeeld van hoe om ons baklei terug te kry - en hoe om te heers saam met God! Toe die profeet Hosea Israel wou waarsku oor hulle lafhartige geestelike toestand, het hy hulle herinner aan hulle vader Jakob.

Die kern van die boodskap was, "Julle het swak geword, passief. En nou oorweldig die vyand julle! Julle beweer dat julle Jakob se saad is - maar ek wil julle wys hoe ver julle van sy voorbeeld af weggedryf het. Ek wil vir julle wys hoe Jakob vas gestaan het - hoe hy krag by God gehad het!"

Hy het die Israeliete die volgende van Jakob vertel:

"Nog voor sy geboorte het hy al sy broer onderkruip en as volwasse man het hy met God gestoei. Jakob het met `n Engel gestoei en gewen. Jakob het gehuil en van God hulp verwag: By Bet-El sal Hy ons ontmoet, daar sal Hy met ons praat;"(Hosea 12:4-5).

In hierdie kort paragraaf omtrent Jakob, som Hosea drie geheime op wat ons, ons baklei sal laat terug kry - en toon hoe om te oorwin en heersend met God te wees!

Esau is eerste gebore - `n baba oortrek met `n man se hare! (Sy naam beteken "harige man"). Maar sy tweeling, Jakob het hom aan die hakskeen gegryp terwyl hy nog in die baarmoeder was. Wat `n skok moes dit nie vir die vroedvrou gewees het toe sy Esau in die wêreld gebring het nie: soos hy uitgekom het, het `n klein handjie aan sy hakskeen vasgehou!

Die Israeliete wat na Hosea geluister het toe hy die storie oorvertel het, moes verdwaas na mekaar gekyk het. "Wat het dit met ons te doen?", het hulle moontlik gevra. "Wat het dit te doen met die stryd teen die vyand?"

Hosea se boodskap was dood eenvoudig: Hier was `n man begerig na God, honger vir alles wat God vir hom gehad het!"

Jakob het in `n strydlustig uit die baarmoeder gekom, gretig vir die seën van God. Daar was iets van `n goddelike instink in hierdie kind. Dit was asof hy gesê het, "Broer as jy nie die volheid van God wil hê nie, ek wil! Kom uit my pad uit! Ek sal nie agterbly in God se seën nie!"

Die geboortereg en seën wat Jakob dwarsdeur sy lewe begeer het, verteenwoordig al die seëninge wat daar in Jesus Christus is! Tog was dit nie die dubbele porsie van sy pa se erfporsie waaragter Jakob aan was nie, dit was nie die belofte van die land nie. Hy het dit bewys deur vir veertien jaar by Laban in die sweet van sy aangesig te werk.

Nee, Jakob wou iets meer gehad het. Hy wou die seën van God gehad het sodat hy in die stamboom van die Mesias kon wees! En hy wou hierdie priesterlike seën gehad het. Dit het nie net beteken dat hy priester van die familie sou wees nie - dit het ook beteken dat hy ander sou kon seën!

Ons sien hierdie priesterlike evangelie dwarsdeur Genesis 27, en waar Isak sy hande op Jakob gelê het en hom seën: ".en jou kan seën voor ek sterf" (verse 4, 19, 27). Dit het beteken dat die hoë eer van God se hand op hom was - en dat hy die mag gehad het om ander te seën!

Geliefdes dit is wat van gelowiges in die laaste dae verwag word! God wil mense oprig, wat nie bekommerd is om `n eie lewe te maak nie, `n huis te besit of `n mooi kar bestuur nie. Hy soek na hulle wat gretig is vir die seën van God - nie om dit vir hulle self te verbruik nie, maar om dit van Hom te ontvang en om te gebruik om ander te help!

Jakob se broer Esau verteenwoordig alles wat God van die mensdom haat. Hy het net vir homself gelewe, vir sy onmiddelike plesier en satisfaksie. Hy het nooit aan God se ewigheidsdoel gedink nie. En God het van hom gesê: ".en tog het Ek vir Jakob lief gehad en vir Esau gehaat" (Maleagi 1:2-3).

Maar Jakob het vir God se doel gelewe! En sy hand op Esau se hakskeen was `n sterk verklaring! Dit het gesê "Ek sal nie deur die sonde se greep vasgehou word nie - ek is meer as `n oorwinnaar! Ek sal alles wat Satan s'n is teenstaan, baklei en oorwin! Ek wil God se hand op my hê - ek wil Sy seën ten alle koste hê. Ek was gebore om `n kanaal vir Sy seën te wees!"

Hosea het Israel berispe: "Julle maak aanspraak dat julle kinders van Jakob is, maar julle weet niks van sy verterende honger vir die dinge van God nie! Julle is vleeslik, lui - julle is nalatig in die soeke na sy volheid. Julle hande reik uit na selfsugtige dinge. Julle is glad nie soos julle vader Jakob nie!"

Jakob het jare spandeer om die seën van God te bekom en dit te behou! En dieselfde begeerte behoort die baklei in al God se mense te sit. As u nie honger na Jesus nie - as u net in die hemel wil kom en nie oor die behoeftes van ander bekommerd is nie - dan het u niks om voor te baklei nie! U is `n poeierkwas Christen, `n maklike teiken vir die duiwel!

Dit is hoekom soveel volgelinge van Jesus gebonde is aan begeertes en gewoontes van alle soorte. Hulle het geen baklei nie - hulle weier om die hakskeen van hulle sondes te gryp en dit neer te werp deur die krag van God! In plaas daarvan beweer hulle, "Ek kan nie help dat ek sondig nie." Maar dit is nie so nie! Daar is groot oorwinning vir almal wat hulle boesemsondes beveg!

`n Jong man wat onlangs met homoseksualiteit geflankeer het, het my vertel: "Ek baklei nie regtig daarteen nie. Om die waarheid te sê, ek hou daarvan." Hy kan nooit van sy sonde verlos word, alvorens hy dit sien as boos- as `n sonde -en opstaan en veg nie!

Geliefde julle moet `n greep aan die hakskeen van julle sonde kry! Julle moet vasgryp en sê, "God, ek wil U seën hê. Ek wil oorwinning oor alles in my lewe verkry wat nie soos U is nie!"

Jakob het vir veertien jaar onder Laban gewerk. En Laban het sy lone tien keer verander. Maar Jakob was baie voorspoedig omdat God se hand oor hom was. Nou wou Laban se seuns hom doodmaak omdat hulle gesê het, "Hy besteel ons rot en kaal!" En Jakob het bekommerd geraak oor sy gesin se veiligheid.

Die Skrif sê dat God in die middel van die nag na Jakob toe gekom het: "Toe sê die Here vir Jakob: Gaan terug na jou vaderland, na jou familie toe. Ek sal by jou wees." (Genesis 31:3).

Jakob het oombliklik gehoorsaam. Hy het sy familie en vee bymekaargemaak en het die reis na sy tuiste begin. Verstaan asseblief dit: Hy het in God se tyd gegaan, op God se weg, met God se opdrag en mandaat - en met Sy belofte wat in sy ore gelui het: "Ek sal met jou gaan!" God het hom maak gaan!

Tog, ten spyte van dit alles - ten spyte daarvan om in God se perfekte wil te wees, met `n duidelike woord van Hom om Hom ten volle te gehoorsaam - het Jakob skielik van die moeilikste tye binne gegaan wat `n man van God ooit ervaar het! Hy was honger na God - het God aanbid, het tyd spandeer by die altaar en in totale gehoorsaamheid die pad geloop. Maar skielik het alles buite beheer begin tol!

Eerstens het hy woord ontvang dat Esau op pad was - vinnig met 400 ruiters, en soos dit lyk, reg vir wraak! "Jakob het baie bang geword, angs het hom oorval" (Genesis 32:7). Jakob het sy gevolg in groepe verdeel en die beeste in baie troppe. Hy het die eerste groep uitgestuur om Esau te ontmoet en hulle beveel om: "Esau te vertel dat die kamele, donkies en skape syne was - `n geskenk van sy broer, Jakob!"

Jakob het toe die groepe beveel om te vlug sou die eerste groep met die swaard aangeval word. Uiteindelik het hy sy twee vroue, twee byvroue en elf seuns oor die Jabbok spruit gestuur - en hy was heeltemal alleen.

Ons het net nodig om in ons eie harte te kyk om te kan sien wat deur Jakob se gedagtes gegaan het tydens daardie eensame uur. Ek sien hom op en af loop, sy arms swaaiend in frustrasie. Hy het gehuil en geween voor God:

"O God - dit moes die vyand gewees het wat my die woorde gegee het om dit te doen! Hoe kon U, U gehoorsame kind deur hierdie toets sit! Eerstens het U vir my `n duidelike boodskap gegee en my gesê om te gaan. En ek het U gehoorsaam - Ek het presies gedoen wat U my beveel het. Maar nou het ek staar `n magtige leër my in die gesig.

"My hele familie is in `n lewenskrisis gedompel! En ek is op die punt om alles te verloor - my lewe is op die spel! Wat se soort leiding is dit, God? U het my hiernatoe geroep, en nou het U my alleen gelos!"

Geliefdes, dit was nie die ergste gedeelte nie. Tydens die diepste tyd van sy wanhoop en verwardheid, toe Jakob die troostende Woord van God nodig gehad het- het God na hom toe gekom asof Hy die vyand is, om teen hom te veg! "Jakob het alleen daar agter gebly, en `n man het tot dagbreek met hom gestoei" (Genesis 32:24).

Probeer om uself in te dink. Jakob sien die gestalte van `n man wat na hom toe aankom, vuiste uitdagend gebal: "Kom Jakob - baklei!"

As daar ooit vir `n man `n rede was om op te gee, dan was dit Jakob! Hy was op die laagste punt wat `n mens kan wees. En in plaas daarvan om bemoedigende woorde van God te ontvang, is hy uitgedaag om te baklei!

Jakob kon gesê het, "Dit is dit - nie meer nie! Ek kan dit nie vat nie! Ek het probeer, ek was gehoorsaam. Maar alles tol buite beheer! Al my omstandighede toon dat ek nie in God se wil is nie. Ek is raadop.

"God, U het aan my gesê dat U saam met my sou gaan. Maar in plaas daarvan het U net na my gekom om my op die grond vas te pen. Ek is op die punt om te sterf, en U sê, 'Baklei!' geen man kan dit vat nie! U kan doen wat U wil. U gaan geen baklei uit my uit kry nie!"

Geliefdes - ek was daar! Ek onthou waar ek eens by `n venster gestaan het en oor die stad uitgekyk het. Aan die eenkant het die Doodsengel gefluister, "Jou dogter is volgende!" en aan die anderkant het die Satan gefluister, "Ek sal jou woning vernietig en maak dat jy Sy naam verwyt!"

Alles was besig om uitmekaar uit te val. My eie liggaam was swaar van pyn, angs en het gebewe - duiwels het my van alle kante beskuldig!

Ja, ek weet wat dit is om vir God te skree, "Wat gaan aan? Ek lewe nie in sonde nie - ek het U gehoorsaam! Ek het na New York gekom uit getrouheid aan U.

Ek het niks gedoen om enige iets hiervan te verdien nie. Maar dit lyk of U die duiwel toegelaat het om na aan my te kom! Is dat wat gebeur wanneer ek U gehoorsaam, God? As ek verkeerd gedoen het, wys my. Maar moet nie dat dit langer aangaan nie!"

Om dinge erger te maak, het die Here nie met uitgestrekte arms na my toe gekom om dit makliker te maak nie. In plaas daarvan het Hy met gebalde vuiste gekom en my beveel, "Staan op David - baklei"

Jakob was nie in die moeilikheid by Esau nie. As hy was, dan sou God hom gered het. God het alreeds vir Jakob by Bet-El belowe dat Hy elke stap tot met die einde by hom sou wees. Hy het hom selfs `n visie laat sien van `n groep engele wat om hom was. Nee, Jakob was nie in gevaar by Esau nie - hy was in gevaar as gevolg van sy eie swakheid om die res van sy lewe in die gesig te staar!

So het God as Jakob se instukteur gekom - as `n skermmaat om hom `n sterk kryger te maak wat oor enige vyand die oorhand kon kry!

Veronderstel dat `n boksafrigter sy bokser na `n geïssoleerde afrigtings kamp toe sou vat. Dan spandeer hy die hele afrigtingseisoen om hom op te sweep vir die groot geveg. Hy sê aan hom:

"Ek sal aan jou sy by die boksring wees. Ek sal jou nooit verlaat of verstoot nie. Hier is `n lys van al die beroemde boksers van die verlede. Bestudeer elke beweging wat hulle gemaak het. Jy hoef nie deur harde oefensessies swaar te kry nie. Ek het vir jou gesê jy is `n wenner - en my woord is al wat jy nodig het! Wanneer jy in die kryt in stap met Monster Man, sal ek jou `n paar diagramme gee oor hoe om hom te wen!"

Wat se soort afrigter is dit? Totaal en al `n dwaas? Absoluut! Ek vra u - wat sou `n goeie afrigter doen? Hy sal die beste bokser vind wat hy kan, hom in die ring sit met sy man en dat hulle dit uitbaklei!

Geliefdes, hoeveel Christene van vandag noem hulle self krygsmanne, wat nog nooit afgerig is nie? Ons hoor so baie van gebedskrygers in hierdie land. Maar die hartseer is, die meerderheid van hulle was nog nooit in `n geveg nie! Hulle is nie afgerig nie - hulle is nie gereed om te veg nie!

Onlangs het ek die Here gevra hoekom so baie gelowiges deur sulke ontsettende moeilike, harde tye gaan. Hoekom soveel sulke diep lyding moet ervaar? Ek het gevra. Hoekom word soveel tot die uiterste toe getoets?

Dit is omdat die meerderheid Christene moed verloor het om te veg! Hulle weier om teen die duiwel of sy koningkryk te veg. En wanneer God wel `n gelowige met die honger en die begeerte na Sy seën vind, dan sit Hy hom in die kryt!

U sien, God weet dat Satan vir sy laaste uur van oorlog op die aarde losgelaat gaan word. En die Here gaan al die goed opgeleide krygers nodig hê om die helse magte te oorheers. Hy is tans besig om `n vinnige werk te doen met Sy oorblywendes - dit word genoem krisis afrigting!

Hierdie lydende, diep beproefte heiliges word die kapteine van Sy laaste-dag weermag. God plaas Heilige Gees veggees in hulle - en Hy bring krygers voort wat getoets en beproef is, omdat hulle met God geworstel het. Hoe meer hulle ly, en hoe meer intens hulle toets is - hoe groter is die werk wat Hy vir hulle het om te doen!

Hierdie tipe van afrigting vra vir fisiese sowel as geestelike dissipline. Jakob het sy hele liggaam in die stryd gewerp, met al sy menslike bekwaamheid. `n Vegtende gees het in hom opgestaan - en die Skrif sê, "En as volwasse man het hy met God gestoei." (Hosea 12:3).

Hierdie vers het groot betekenis vir almal wat in gebed wil oorwin. Dit sê, Jakob het oorheers in gebed en die slag gewen, "deur sy krag"! En liewe heiliges, as julle gaan oorwin in hierdie laaste dae, dan gaan julle alle liggaamlike en fisiese krag daarin moet sit!

Baie Christene verwag op `n manier dat God hulle familie sal red, verhoudings sal herstel, wonderwerke doen - alles met geen kostes aan hulle nie. Hulle wil rus - in hulle gemakstoele sit en "vir dit alles in God glo."

Maar hierdie oorwinning in gebed - "Deurbreek" na God, verkryging van antwoorde en resultate - gaan jou liggaam iets kos!

Dink daaraan wat dit Jesus gekos het: "Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane.." (Hebreërs 5:7). Alhoewel Jesus geweet het dat Hy God in die vlees is, het Hy gehuil en het tot die Vader geroep.

Jakob het ook, ". gehuil en van God hulp verwag" (Hosea 12:4). En toe Jakob dit gedoen het, was hy sewe-en-negentig jaar oud! Hy het nie net oorleef nie, sonder koers passief en ongevoelig nie. Nee! God se Gees het op hom gekom en hy het vas gestaan om dit te verkry wat God belowe het! Hy het baklei, gehuil en gesmeek voor God!

Hierdie is een van die grootste lesse wat ons ooit kan leer. Ons stryd is nooit teen mense nie - nie teen mede werkers nie, nie ons bure nie, nie ons ongerede geliefdes nie - maar teen God!

As u dinge met God regstel, dan moet alle ander dinge in plek val. U sien, wanneer u reg is voor God - besprinkel met God se bloed, sonder sonde in jou lewe, oorwinnend in gebed, dan kan al die demone in die hel nie `n duik maak in dit wat God wil doen nie! Hy wil dat u daardie tipe krag moet hê - heilige krag en dit meen dat u u vlees daarin moet sit!

Hosea het gesê, "Die Here het `n saak teen Juda [Sy volk]." (Hosea 12:2). Wat is die saak wat God met Sy kerk het? Dit is hulle geestelike luiheid! Ons wil wonderwerke hê, seën, bevryding - maar teen geen koste nie, geen inspanning nie!

Wie onder God se mense vandag bid heelnag - worstel, veg, huil en roep uit na God? Wie dissiplineer hulle vlees om God te soek, bring hulle liggaame onder beheer om so ure in gebed deur te bring totdat hulle deurbreek?

Wie wil so graag heilig, rein en soos Christus word, dat hulle hulleself toesluit met God totdat hulle oorwin? Wie word so verteer met die behoefte om God te behaag dat hulle bevry wil word van alle ander gewoontes, luste - en uitroep, baklei en stoei met God, totdat hy al hulle kettings breek?

Hosea het aan Israel gesê, "al wat julle wil hê is voorspoed en sekuriteit! Julle is nie gewillig om standpunt in te neem nie. Julle wil nie vir Jehova se plesier lewe nie, maar vir julle eie!"

Jakob het oorwin "deur sy krag" - en so moet jy en ek ook! Ons het Sy krag - maar ons gebruik dit nie! "julle versterk en aan julle die krag gee om in alle omstandighede met geduld te volhard" (Kolossense 1:11). "Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word" (Efesiërs 3:16).

Die kerk van Jesus Christus gaan nooit sien wat God vir Sy liggaam het nie - totdat Hy ons sien waar ons in alle erns na Hom soek! "Die gebed van `n gelowige het `n kragtige uitwerking" (Jakobus 5:16).

God wil dat u aan Hom moet vashou - omdat Hy lief is vir u! Hy sê, "Hier is dit. As jy dit wil hê, kom kry dit!" hy wil `n soldaat van u maak - om u sterk te maak vir sy leër!

Hierdie vers sê nie dat God by Bet-el met Jakob gepraat het nie. Dit sê eerder, "Hy praat met ons." Hosea het oor Israel gepraat - en oor ons, Sy kerk, vandag! Hy sê God wil met ons praat by Bet-El!

God het Jakob by twee geleenthede by Bet-El ontmoet:

Die eerste keer het Jakob van Esau af weggehardloop, nadat hy sy geboortereg gesteel het. Hy het op `n plek gestop en klippe gestapel as `n kopkussing. En toe hy geslaap het, het hy gedroom van ` leer wat die hemel raak en van engele wat op en af klim teen die leer.

Dit was die eerste keer wat God vir hom gesê het: "Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ookal gaan" (Genesis 28:15). Met ander woorde: "Ek is met jou van hierdie dag af vorentoe, waarheen jy ookal mag gaan!"

Jakob het wakker geword en gesê: " .Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie. Hoe skrikwekkend is hierdie plek! Dit is niks anders as die huis van God; dit is die poort van die hemel." "Hy het die plek Bet-El genoem" (verse 16 - 17, 19). Bet-El beteken " - `n plek om God te ontmoet!"

Die tweede keer wat God met Jakob by Bet-El ontmoet het, was nadat twee van sy seuns `n verskriklike daad gepleeg het: Simeon en Levi was kwaad omdat Sigem die Hewiet hulle suster Dina verkrag het. Hulle het wraak geneem en die hele dorp uitgewis!

Jakob het aan hulle gesê, ".Julle het my in die moeilikheid gebring, want julle het my naam sleg gemaak by die mense van hierdie land, die Kaänaniete en die Feresiete. Ek het maar `n klein klompie mans by my. As die mense van hierdie land almal saamstaan teen my, sal hulle my en my mense verslaan en ons om die lewe bring" (Genesis 34:30).

Jakob was weereens in `n vreeslike krisis - hy het nie geweet wat om te doen nie. Dan sê die Bybel, ".God het vir Jakob gesê: Maak jou klaar en gaan na Bet-El toe en bly daar.." (Genesis 35:1) toe sê Jakob, ".Ons moet klaar maak en Bet-El toe gaan. Daar moet ek `n altaar gaan bou vir die God wat my gebed verhoor het toe ek in die moeilikheid was en wat by my was waar ek ookal gegaan het" (vers 3).

Dit is wat Bet-El is - `n plek om heen te gaan in ons tyd van nood! En die les vir ons en Israel vandag is dit: Wanneer Jakob ookal in die moeilikheid of gevaar was - wanneer dit lyk of daar moeilikheid aan die kom was of dinge hopeloos gelyk het - het hy geweet waarheen om te gaan en wat om te doen!

God het aan Jakob gesê, "Jy weet waar Ek met jou sal praat, waar jy My stem sal hoor. Gaan terug na Bet-El! Gaan na die altaar waar ek jou ontmoet het. Gaan op jou aangesig voor My neer. En reinig jou huis van alle afgodery!"

Jakob het sy seuns geroep om alle afgode te bring, en hy het dit onder `n eikeboom begrawe. Toe het hy sy familie na Bet-El gelei, en daar `n altaar voor God opgerig. Weer het God vir Jakob gesê, "Ek is met jou." Dan sê die Skrif, ".het God die mense van die stede in daardie omgewing so bang gemaak vir Jakob en sy seuns dat hulle nie agtervolg is nie" (vers 5). Die omliggende stede was bang vir Jakob - hierdie klein Joodse familie - omdat God `n vrees in hulle geplaas het!

Geliefdes die Here is nog steeds die God van Bet-El! En Hy sê aan ons, "Gaan na Bet-El - dit is waar ek met jou gaan ontmoet! Elke keer as jy in die moeilikheid is of bekommerd is, hardloop na die altaar toe! Roep uit - wees alleen met my!" Hy wag vir ons om met Hom te ontmoet in ons geheime binnekamer van gebed!

Maar weinig Christene hardloop na Bet-El wanneer hulle in die moeilikheid is of oorweldig word. Gebed is nie die eerste ding wat hulle doen nie - dit is die laaste! In plaas daarvan, maak hulle op hul eie menslike kragte staat. Hulle hardloop na vriende en beraders - hulle ploeter voort in wanhoop. Sommiges gaan regoor die land na sogenaamde profete om `n "persoonlike woord" te hoor.

Maar Jakob het geweet waarheen om te gaan om `n duidelike woord van God Homself te ontvang! Hy het na Bet-El gegaan - na die altaar! Hy het homself toegesluit saam met God in sy geheime plek!

Ek glo God praat met ons - ek glo Hy gee vir ons woorde. Maar dit gebeur op ons knieë! Dit is waar God sê dat Hy ons ontmoet!

Ek glo God het my hierdie woord vir u vir vandag gegee:

God roep u vandag om u oë van u omstandighede af te kry. Moet niks volgens u huidige toestand oordeel nie. Moet dit nie probeer verklaar nie. Moenie dat vrees u plat slaan nie. God sal u in gebed ontmoet!

Hy sal binnekort Sy woord vir u voortbring - Hy sal u nie in die duister hou nie. Hy het nie gelieg nie - Hy weet u is gehoorsaam aan Hom.

Aanvaar net dat u opgelei word. Gooi u passiwiteit, en oorwonne voorkoms af. Verwerp alle gevoel van nederlaag - en staan op en baklei! Hy het u die krag gegee. U het dit nog net nie gebruik nie!

U gaan nie God se stem hoor voordat u nie saam met Hom in u Bet-El nie toegesluit is nie - plat op u aangesig voor Hom, huilend, en roepend, "Here, ek gee nie op totdat ek U stem gehoor het nie!"

Op hierdie oomblik sê God, "Kom nou, baklei!" - omdat Hy u lief het! Hy wil dat u al Sy seëninge opeis. Verrys in geloof en neem sy beloftes aan. Staan op en baklei! U het Sy krag - gebruik dit!