LIEFDE WAT ANDER NA JESUS TOE AANTREK
“In daardie tyd, toe die gelowiges nog steeds meer geword het . . .” (Handelinge 6:1).
Laat my net die gees, die agtergrond vir hierdie Skrifgedeelte skets. Dit was in die vroeë dae van die Kerk, waarskynlik net weke, of op die meeste, ‘n paar maande na Pinkster, toe die Kerk fenominale groei beleef het. Drieduisend mense is op een dag gered! Hulle het begin om in huise te vergader en nie net Jode nie, maar ook Heidene is gered. Selfs Samaritane en Ethiopiërs het gelowiges geword en so het verskeie kulture bymekaargekom, kulture wat nie daaraan gewoond was om ooit bymekaar uit te kom nie.
Per slot van rekening, hierdie nuwe gelowiges was geskei volgens ras en het nie van mekaar gehou nie. Hulle het mekaar vervolg, mekaar belaster, en nou skielik, vind hulle mekaar saamgegooi in dieselfde liggaam van Christus – gered, geheilig, gevul met God se Heilige Gees – en hulle werk saam. En dit het taamlik goed gegaan.
Dit was so vreemd. By Pinkster het mense nie net ander gehoor praat in hulle eie taal nie, maar hulle het nou saam met mense byeengekom wat nie van hulle eie ras of geslag of nasionaliteit of hulle eie agtergrond of voorkeure was nie, en tog het hulle saam aanbid, saam bedien, en mekaar liefgehad. Hierdie soort liefde, sê Jesus, is “die soort liefde wat sal maak dat die wêreld sal weet dat julle My dissipels is. En dit is die soort liefde wat sal veroorsaak dat mense in My glo.”
Wanneer ons dit doen waarvoor ons geroep is – uitreik na die verlorenes – en dit met hierdie soort liefde doen, mekaar bedien met die soort behoefte-aanspreek mentaliteit, dan sal die wêreld na Hom toe aangetrek word.
“As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is” (Johannes 13:35).