MOENIE AGTELOSIG WEES IN GEBED NIE

David Wilkerson (1931-2011)

Daar is verskriklike gevolge om na te laat om te bid. Die Woord sê, “Hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam?” (Hebreërs 2:3).

Ek weet hoe dit is as die fontein van lewende water toegedraai is by die bron, sodat elke seëning in my lewe opdroog. Dit het met my gebeur gedurende my tye van agtelosigheid met gebed. Gedurende daardie tye, het ek stiltetye gehad, maar geen doeltreffende vurigheid in my gebed nie. Ek het toegelaat dat die sorge van die lewe my beroof van my tyd met die Here.

Wat het met my gebeur in daardie tye? Dienaarskap het verander in selfbejammering, en bediening het gevoel soos ‘n las, eerder as ‘n seën. Ellende op ellende het my siel oorstroom. Ek het gestry teen eensaamheid, moegheid sowel as ongeloof, en ‘n knaende gevoel dat ek min in die lewe bereik het, het my gekwel. Te midde van gedagtes om die bediening te verlaat, was God se seëninge verhinder, verhoudings het versuur en onderskeiding het verdwyn tot op die punt dat nuwe openbarings van Christus nie langer gekom het nie.

Ek ken egter ook die heerlikheid van terugkeer na om by die Here te wees in gebed. Sodra ek teruggekeer het na my binnekamer, het die seëninge weer begin vloei. Blydskap en vrede het my omhul, verhoudings was genees, en God se Woord het lewend geword.

Die Skrif maak dit duidelik dat biddende dienaars seën en rus kry van alle kante af:

“En hy [Ussia] het God gedurig gesoek in die dae van Sagaria . . . En in die dae wat hy die Here gesoek het, het God hom voorspoedig gemaak” (2 Kronieke 26:5).

“Ons het [die HERE] gesoek, en Hy het ons rus verskaf rondom” (2 Kronieke 14:7). 

“En die hele Juda . . . het . . . met hul hele wil gesoek, en Hy het Hom deur hulle laat vind, en die HERE het hulle rus verskaf rondom” (1 Kronieke 15:15).

“Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hulle benoudhede. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees” (Psalm 34:18-19).