MORSIGE MENSE

Gary Wilkerson

“As iemand nie beeste het nie, dan sal die koring in die krip nie opraak nie, maar as hy een sterk bees het, dan kan hy baie koring op die koringland hê.” (Spreuke 14:4 Die Bybel vir Almal).

Die boek van Spreuke sê jy kan ‘n skoon skuur hê maar daar sal geen beeste in wees nie.

Jy kan ‘n “skoon kerk” hê waar alles in orde en struktureel perfek is, maar ons wil die osse daarin hê. As jy al met  osse te doen gehad het, sal jy weet hulle ontlas op die grond en hulle snork, hulle stink en hulle skop dinge – en dis ‘n gemors!

Sal jy by my aansluit om in so ‘n morsige kerk te bedien? Sal jy by my aansluit om God te vra om vir ons die morsigste mense na so ‘n kerk toe te stuur?

Waaraan dink jy wanneer ek praat van die morsigste mense? Gaan jou gedagtes na die dwelmverslaafde in die steeg? Of na Chapel Hills Mall waar mense koop met hulle goue kredietkaarte en in hulle Lexus motors ry? Want hulle is almal morsige mense. Wanneer ek van morsige mense praat, dan praat ek van my en van jou. Ek praat ook van die verslaafdes en die dakloses en die buitelanders en die mense wat nie soos ons is nie – net ons almal bymekaar. En die eenvoudige waarheid is, ons het almal Jesus nodig!

Amen? Ons het slegs Jesus nodig. Ons het Hom nodig in ons kerke. Ons het Hom nodig in ons lewens. Ons het Hom nodig in ons families. Ons het Hom nodig in ons bediening. Ons het Hom nodig om ons te bemagtig om die evangelie te leef soos Hy ons geroep het. Die daaglikse versorging (sien Handelinge 6:1-2) word gedoen deur morsige mense wat morsige mense help en dit word nie altyd reg gedoen nie. Maar ek dank God dat daar ‘n paar ondersteuners in die kerk is wat sê, “Ons wil dit reg doen! Ons wil dit goed doen…vir Sy glorie.”