NIKS SAL IN STAAT WEES OM JOU TE ROER NIE

David Wilkerson

“Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luistern en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het” (Matthéüs 7:24).

Geliefde, jy bou nie op die rots as jy ‘n prediker nodig het om dit vir jou uit te bulder dat jy God moet gehoorsaam nie. Of as jy ‘n stel reëls nodig het nie. Jy het nie ‘n reëlboek nodig nie, jy het ‘n passievolle liefde vir Jesus nodig.

Hoe liewer jy vir Jesus word, hoe makliker is dit om Hom te dien en te gehoorsaam. Wanneer jou hart in verrukking is met Jesus, hoef jy nie voortdurend na Hom te gaan en uit te roep, “God, breek die mag van die duiwel oor my” nie. Nee, daardie kettings sal begin afval soos jy Sy hart leer ken en om Hom te gehoorsaam sal vir jou tweede natuur word.

As jy verlief is op Jesus, het ek verskeie vrae vir jou:

Hoe kan jy die dag deurgaan sonder om tyd in Sy woord deur te bring?

Hoe kan jy nie smag daarna om alleen saam met Hom in gebed te wees nie?

Hoe kan jy Hom nie loof, prys en aanbid nie?

Hoe kan jy nie soek na dit wat Hom behaag nie?

Jesus sê vir ons, “Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hom sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar” (John 14:21). Wat ‘n ontsaglike belofte!

Ondersoek die evangelies en leer Jesus se woorde ken. Begin met die Bergpredikasie in Matthéüs 5 en lees tot by hoofstuk 7. En dan, terwyl jy Sy woorde leer, doen dit! God se gebooie is nie swaar of smartlike nie. In teendeel, om dit te gehoorsaam word makliker soos jy groei in jou liefde vir Hom.

Terwyl jy jou huis op die rots bou, sal in in staat wees om nie bang te wees wanneer die storm kom nie. Niks sal jou roer nie – omdat jy wandel in liefdevolle gehoorsaamheid aan die Vader.