NOGTANS SAL EK GOD VERTROU

David Wilkerson (1931-2011)

Die skrywer van Hebreërs sê vir ons, “Want ons het nie ‘n Hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alles opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde” (Hebreërs 4:14-15).

Die meeste Christene is bekend met hierdie vers; dit sê vir ons dat ons Hoëpriester, Jesus, ons lyding saam met ons voel. Hy word persoonlik aangeraak deur elke ramp, pyn, verwarring en wanhoop wat ons oorval. Omdat ons so ‘n groot Hoëpriester het, word ons beveel, “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (4:16). Daar word vir ons gesê, “Jou Verlosser weet presies waardeur jy gaan en Hy weet presies hoe om sy genade aan jou te bedien.” Wanneer ons in groot nood is, hoe sal ons “genade vind” soos Hebreërs voorstel?

Wanneer teëspoed toeslaan, het jy ‘n keuse: óf jy vertrou God óf jy blameer Hom. Toe Job en sy vrou die tragiese verlies van hulle familie en die ellende van sy fisieke toestand beleef het, het hulle twee heeltemal verskillende reaksies gekies. Sy vrou het verbitterd geword en dwaaslik die Here blameer en selfs haar man aangepor, “Vervloek God en sterf” (Job 2:9).

Job het ook diep getreur en hy het groot fisieke pyn gely, maar tog het hy God vertrou te midde van dit alles. Hy het gesê, “Ek verstaan niks van wat aan die gang is nie, maar ‘Al wil Hy my ombring – ek hoop op Hom’”  (Job 13:15). Job het in wese gesê, “Dit maak nie saak of hierdie swere my na my graf toe neem nie. Ek sal aanhou om die Here te vertrou. Ek sal nooit my vertroue laat vaar dat Hy weet wat Hy doen nie. Hy het een of ander ewige doel en ek sal Hom vertrou tot my laaste asemteug.”

Wat ‘n groot vertroue was in Job se hart! En die manjifieke waarheid is dat dieselfde vertroue in ons liefdevolle Vader, ons s’n kan wees as ons ons vertroue in Hom stel.