OM ‘N SIEL NA CHRISTUS TOE TE LEI

Nicky Cruz

In Genesis lees ons die storie van Jakob se vrou, Ragel, en haar desperate begeerte om ‘n kind te hê. Sy kon nie langer die gedagte hanteer om te lewe sonder om die vreugde daarvan te ken om ‘n kind van haar eie te baar nie, sonder om alles te beleef wat bedoel was vir haar as vrou nie. In die Joodse kultuur was daar na ‘n vrou sonder kinders gekyk met minagting, as ‘n onvolmaakte mens. Ragel se pyn was ondraaglik, en sy het uitgeroep na Jakob, “Gee vir my seuns, anders sterf ek!” (Genesis 30:1).

Om ‘n siel na Christus te bring, is baie soos om geboorte te gee. Die Heilige Gees vorm die begeerte in ons harte, en dan begin ons om die proses te koester, terwyl ons verhouding groei en ons gereeld vir hulle bid. Ons voel die tyd nader kom en kan nie wag dat ons nuwe baba gebore word nie. Ons wil ons nuwe kind vashou en koester, om beide die pyn en die vreugde van geboorte te ervaar. Wanneer dit uiteindelik gebeur, wanneer ons nuwe baba gebore word, wil ons hom of haar nie neersit nie. Al waaraan ons dink, is om ons kind te help om te groei, te floreer en die gestalte van Christus aan te neem.

As elke volgeling van Christus maar net dieselfde gevoel van passie en dringendheid kan voel om ‘n nuwe kind in God se koningkryk in te bring! Wat as die begeerte in ons harte gebrand het, totdat ons uiteindelik tot God uitgeroep het, “Gee vir my ‘n geestelike kind, anders sterf ek!”? Jy en ek weet albei wat sal gebeur: God sal daardie gebede eerbiedig.

Maar oral waar ek gaan, ontmoet ek Christene wat nog nooit die vreugde beleef het om ‘n siel na Christus toe te lei nie. Hulle kom na my toe en vra advies en soms is hulle verleë oor die belydenis. Ek vertel hulle om nie skaam te wees oor die feit nie, maar eerder opgewonde te wees dat die Heilige Gees hulle harte sodanig oortuig het.

“Die eerste stap om jou geloof mee te deel, is om ‘n brandende begeerte te ontwikkel om dit te doen,” sê ek vir hulle. En ons kan staatmaak op die Heilige Gees om hierdie desperate begeerte binne-in ons aan die brand te steek, as ons Hom vra en Hom toelaat om dit te doen.

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run.