Om ‘n Snykant te Hê
Om Jou Passie Terug te Kry vir ‘n Tyd Soos Hierdie
Toe ek ‘n tiener was, het om “on the edge” te wees, beteken om jou kalmte te verloor. Dit was om senuagtig en bekommerd te wees en op die punt te wees om oor ‘n emosionele afgrond te spring.
Vandag, beteken om “on the edge” of op die snykant te wees, iets baie positief. Dit veronderstel om grense oor te steek, buite die boks te dink en op die voorpunt van hoopvolle verandering te leef.
Ek dink beide definisies van “on the edge” is vandag van toepassing. Daar was nog nooit ‘n tyd in my volwasse lewe waarin die samelewing so bekommerd, senuagtig en bang was om “over the edge” te gaan nie. Terselfdertyd, was daar nog nooit ‘n geslag meer “on the edge” in sy vertroue dat Jesus aan die werk is nie.
So, hoe is jou “edge,” jou snykant? Is dit afgestomp deur Vrees, angs en omdat jy nie weet hoe om met geloof vorentoe te gaan nie? Of is jou snykant skerp gemaak met geloof en sny dit dwarsdeur vrees om hoop in ‘n seisoen van onsekerheid in te spreek?
Die uitdagings wat ons vandag tot op die snykant dryf – ‘n globale pandemie, ‘n verpletterde ekonomie, angwekkende rasgedrewe protesoptogte – is erger as wat ons vir ‘n halwe eeu of meer gesien het. Het jy die snykant wat nodig is om te spreek as ‘n stem vir Jesus in hierdie tye?
In die kerk se eerste eeue, het leiers dikwels verwys na sewe dodelike sondes. Een hiervan was luiheid of “traagheid,” van die Latynse woord “acedia.” Daardie woord beteken eintlik iets effens anders; dit beteken om passieloos te wees. Vir ‘n Christen om sonder vuur in sy siel te leef, was ‘n verkwisting van die lewe wat God vir hulle gegee het. Om nie ‘n evangelie snykant te hê nie, het beteken om tevrede te wees met minder as dit wat God aan jou toebedeel het.
‘n Storie in 2 Konings 6 is ‘n voorbeeld van hierdie kwessie. Die profeet Elisa het ‘n skool jong profete opgelei om betroubare geestelike stemme in die land te word. Om so ‘n stem te hê, moes hierdie jongmanne natuurlik ‘n geestelike snykant gehad het. Deur onder Elia te studeer, sou verseker dat hulle het. Die hoofstuk begin op ‘n klaarblyklike saai toon, maar dit het ‘n geestelike les wat van toepassing is op elke Christen wat vandag leef.
“En die profete-seuns het vir Elísa gesê: Kyk tog, die plek waar ons voor u woon, is vir ons te nou. Laat ons tog na die Jordaan gaan en elkeen daarvandaan ’n balk gaan haal, dat ons daar vir ons ’n plek kan maak om daar te woon. En hy het gesê: Gaan” (2 Konings 6:1-2).
Hierdie groep jong leiers wou die manier waarop hulle die werk doen wat God vir hulle gegee het, verbeter. Amper dadelik, het hulle ‘n struikelblok teëgekom. “En toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome omgekap. Maar terwyl een die balk kap, val die yster in die water; en hy roep uit en sê: Ag, my heer, dit is nogal geleen!” (6:4-5).
Die skrywer van hierdie gedeelte wil hê ons moet weet dat die jong profeet wat die byl verloor het, ‘n man van passie was. Die Hebreeuse betekenis van die woord “een” beteken eintlik “dié een.” Die implikasie is dat hy ander oortref het met buitengewone passie. Eerstens, hy het sy oë oopgemaak vir die nood wat God aan hom gewys het en die ontoereikendheid van die huidige toestand raakgesien. Tweedens, hy het met ‘n God-geïnspireerde visie opgetree om iets te laat gebeur. Kortliks, hy het die voorkeur toekoms in die vooruitsig gestel.
Hierdie twee dinge – die behoefte raaksien en met visie optree – is nodig vir enige persoon om te bedien.
Wanneer ‘n kerk ‘n visie kry om hawelose mense by te staan, leef kwesbare mense nie meer in gevaar op die strate nie. Die versorging wat hulle kry en hulle veranderde lewens, wys die wêreld wat gebeur wanneer God se koninkryk in die hemel op die aarde manifesteer. Dit is wonderlik om te aanskou
Nou het hy vasgeloop in iets wat ‘n skynbaar onoorkomlike struikelblok was. Onthou dat die Jordaanrivier ‘n groot watermassa was. Vroeg in die Israeliete se geskiedenis, moes God sy golwe bonatuurlik skei sodat hulle veilig kon deurgaan. Terwyl hierdie jongman se bylkop in die water verdwyn het, was hy bevrees dat dit vir altyd gesink het.
Die gesinkte bylkop verteenwoordig alles rakende die passie wat God vir ons gee.
Beskou dit as jou eie gesalfde gawe. Dit is ‘n Gees-ingeplante passie, om jou toe te rus om jou te help om alles te doen wat God vir jou beplan het. Dit is die teenoorgestelde van “acedia,” wat enige roeping tot die koninkrydsdiens verlam.
Hierdie gawe het groot waarde. Dit is waarom die jong profeet ontsteld geskree het toe die bylkop wat aan hom gegee was in die golwe verdwyn het. Hy was ontsteld oor die verlies.
Het ons dieselfde beskermende passie vir God se salwing? Ons het almal ‘n lewensroeping, maak nie saak wat ons ouderdom of seisoen of lewe is nie. Ons is van onskatbare waarde vir God en ons roeping is nie vir Hom iets gerings nie. Ons reaksie moet wees, “Here, mag my snykant nooit stomp word of verlore raak nie. Mag ek hierdie byl wat U vir my gegee het so skerp hou dat dit alles waarvoor U my geroep het, sal kan vermag.
Die lewe se kwessies en eise kan veroorsaak dat ons ons byl verwaarloos en sy lem laat stomp word. Dit is wanneer “acedia,” die dodelike sonde, insluip. Matigheid is egter nooit ‘n opsie vir iemand wat hulle kruis opneem om Jesus te volg nie.
Wanneer ons ‘n God-geïnspireerde visie kry, kom die Here ons dikwels tegemoet met ‘n verrassende reaksie.
Jesaja het ‘n kragtige visie van hardnekkige Juda wat herstel was, gehad en tog het dit onmoontlik gelyk terwyl Israel heeltyd van God af weggedwaal het. Dit is verrassend dat toe die profeet dit na die Here gebring het, was vir hom gesê dat sy begeertes te gering was. God het vir Jesaja ‘n visie van die toekomstige Messias gegee. “Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot ’n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde” (Jesaja 49:6).
God het in wese vir Jesaja gesê, “Die herstel van Juda is net die begin van wat Ek beplan.” Die Here het ‘n baie wyer visie vir die wêreld wanneer Hy vir ons ‘n bedieningsvisie gee. Die punt waar ons dink ‘n saak eindig, is dikwels net die begin.
Iemand wat ‘n opdrag van die Here ontvang het, se snykant sal getoets word. Was dit enige verrassing dat die jong profeet se bylkop afgevlieg en in die Jordaan geval en gesink het? Daar was geen kans om dit terug te kry nie. Dit sou die einde van die jong profeet se droom aangedui het. Waar was sy geloof dus op daardie oomblik?
Dit is die punt waar ons die meeste versoek word om op ons eie krag te vertrou om God se visie deur te voer. Paulus sê vir ons hoe dwaas dit is: “Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?” (Galásiërs 3:3). Om in die vlees te op te tree, maak dinge moeiliker en dit kan nooit God se doel vervul nie. “As die yster stomp geword het, en ’n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy die kragte meer inspan; maar wysheid is voordelig om iets te laat beantwoord” (Prediker 10:10).
Sommige Christene weet dat hulle geloof stomp geword het. Hulle voel so nutteloos en skuldig dat hulle dink hulle kan nooit die passie wat hulle eens gehad het, terugkry nie. Hulle berus hulle daarby om te lewe sonder enige visie hoegenaamd. As dit jou beskryf, het ek hierdie boodskap reguit in jou hart ingeskryf.
Ons kan nie langer in hierdie toestand bly nie, veral nie op hierdie oomblik in die geskiedenis nie. Die wêreld is so wanhopig dat dit letterlik uitroep na hoop. Die vyand het egter baie Christene mislei om te dink dat hulle niks het om te bied nie.
Beskou die paniekerige jongman wat sy bylkop in die Jordaan verloor het. Hy het miskien geroep: “Wat moet ek nou doen? Ek het pas gesien hoe my droom soos ‘n klip tot op die rivierbodem afsak.” Vrees en bekommernis is nooit die laaste woorde vir ‘n Christen nie. Dit maak nie saak hoe diep jou skerp snykant gesink het nie, God wil dit vir jou teruggee. Trouens, desperate oomblikke soos hierdie is presies wanneer Hy ons geloof wil opwek.
Gelukkig was Elisa op die toneel toe die bylkop verlore geraak het. “Waar het dit geval?” (2 Konings 6: 6). Vandag vra die Here miskien vir iemand van ons: “Waar presies het jou geloof gesink?” God wil jou terugneem na daardie plek toe, om vir jou sy krag te wys om geloof wat begrawe is onder golwe van pyn, teleurstelling of twyfel weer op te wek.
“Toe hy hom die plek wys, kap Elisa 'n stok en gooi dit in die water op daardie plek. Toe sweef die bylkop na die oppervlak ”(6: 6). Wat ‘n ongelooflike wonderwerk. Die swaar, metaal bylkop het op die rivier se oppervlak verskyn en gedryf soos ‘n reddingsbaadjie.
Wat het toe gebeur? “En hy sê: Haal dit nou maar uit! En hy het sy hand uitgesteek en dit geneem” (6:7). Die ouer profeet het ‘n beroep op die jongman gedoen om met geloof op te tree om sy gereedskap terug te kry. Vriend, die Here sal dieselfde vir jou doen. Hy sal jou die gawe wys wat Hy laat herleef, en Hy sal jou vra om dit te gryp en terug te neem deur die geloof. Dit is God se genade aan ons. Hy voorsien opstandingskrag en Hy nooi ons uit om met geloof na vore te tree om daarop aanspraak te maak.
Moenie toelaat dat hierdie swaar oomblik in tyd jou tap van die passie wat aan jou gegee is nie.
Terwyl die Here self te midde van ons waters van twyfel beweeg om ons snykant van passie te herstel, is dit ons werk om met geloof uit te stap en te glo: “Ja, my bylkop keer terug. Wat in my lewe verlore gegaan het, het weer na vore gekom. Die Heilige Gees het my geloof uit die dieptes opgelig en ek sal ag gee op sy roepstem. God bring dit alles terug sodat ek op so ‘n oomblik die hoop van sy heerlikheid kan spreek. Wat 'n ontsaglike, heilige roeping!