Om Onder Die Mes Te Kom

"En toe al die konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan na die weste was, en al die konings van die Kanaäniete wat by die see woon, hoor dat die Here die water van die Jordaan voor die kinders van Israel uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart versmelt en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van Israel nie. In die tyd het die Here vir Josua gesê: Maak vir jou klipmesse en besny weer die kinders van Israel vir die tweede keer. Toe het Josua vir hom klipmesse gemaak en die kinders van Israel besny by die heuwel van die voorhuide. En toe die hele volk klaar besny is, het hulle op hul plek in die laer gebly totdat hulle gesond was. Toe het die Here vir Josua gesê: Vandag het Ek die smaad van Egipte van hulle afgewentel. Daarom het hulle die plek Gilgal genoem tot vandag toe" (Josua 5:1-3, 8-9).

Glo dit of nie, wat met Israel by Gilgal gebeur het - daardie groot dag van die besnydenis - het alles te doen met die kerk van Jesus Christus vandag! "Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê" (Romeine 15:4). "Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as 'n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het" (1 Korintiërs 10:11).

Die gebeurtenis by Gilgal dien as 'n duidelik geïlustreerde boodskap vir laaste-dag Christene. Dit demonstreer aan ons hoe om die krag oor sonde te breek, sodat ons in die heerlike vryheid van Christus Jesus kan ingaan!

Eerstens, laat ons kyk na drie groot gebeurtenisse van bevryding wat hierdie groot dag van besnydenis voorafgegaan het - gebeurtenisse wat God uitgevoer het om hulle uit die slawerny van Egipte te neem en in die seëninge van Kanaän in te bring.

"En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet. En so moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan julle voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. 'n Pasga van die Here is dit. Want ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die Here. Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie" (Eksodus 12:7, 11-13).

Die kinders van Israel was gevra om 'n bloed offer te bring - en die klein onbevlekte lam wat hulle geslag het was 'n tipe Christus was aan die kruis gesterf het. Die lam se bloed op die deurpos het hulle beveilig teen God se oordeel: "As Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan" (vers 13).

Vandag, is die getuienis van God se mense wêreldwyd, "gered deur die bloed", soos Christus se bloed tot ons harte aangewend word. Maar ander maak ook aanspraak op die bloed. Egbrekers, verslaafdes en kriminele wat op die oomblik in die tronk sit - almal wat in growwe sonde leef - sal vir jou sê, "God sal my nie oordeel nie. Ek is onder die bloed van Jesus! Jare gelede het ek in Hom geglo." Ander sê, "Gehoorsaamheid sal jou nie red nie. Wat jy van die bloed dink sal jou nie red nie. Net wat God van die bloed dink is belangrik. Kom onder die bedekking en jy sal vir altyd veilig en seker wees."

Dit is absoluut waar dat die bloed van Jesus sekuriteit voorsien teen God se oordeel, maar slegs wanneer dit gepaard gaan met 'n gehoorsame hart!

Dit was waar vir die kinders van Israel. Die Israeliete moes aan sekere voorwaardes van gehoorsaamheid voldoen, sodat hulle deur die offerbloed beskerm kon word. Eerstens, moes hulle ". elke man van sy naaste en elke vrou van haar naaste silwergoed en goue goed moet eis: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis . en dié het hulle versoek ingewillig" (Eksodus 11:2, 12:35-36). Deur dit te doen sou nie net vir hulle toekoms voorsiening maak nie, maar sou ook 'n bewys gewees het dat die volk geglo het dat God hulle sou vrymaak. Hulle moes hulle geloof bewys deur hulle werke.

Die volgende opdrag was, ".neem 'n bossie hissop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is" (Eksodus 12:22). Geen engel het die taak vir hulle verrig nie, God het dit ook nie vir hulle gedoen nie; en as hulle sou geweier het om dit self te doen, sou hulle gesterf het. Tog was daar selfs meer van hulle verwag!

Daardie selfde nag, moes hulle huise, huise van gehoorsaamheid geword het. "Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie (Eksodus 12:22). Binne-in die huis, moes hulle van die paaslam geëet het, wat op die vuur gerooster moes word. Dit mag nie rou gewees het of in water geweek gewees het nie, en die Israeliete moes dit met ongesuurde brood en bitter kruie geëet het. God het hulle aangesê om dit te doen met hulle lendene omgord, hulle voete gereed en met 'n staf in die hand - en hulle moes dit vinnig eet.

Dit was nie maklik om te glo nie. Hierdie Israeliete was 'n gehoorsame volk waarop die vrees van God gekom het, en hulle wou vry wees. Hulle wou meer as sekuriteit gehad het - hulle wou vry wees van die krag van Egipte. Hulle was honger, ywerig om gehoorsaam te wees! Vergelyk dit vandag met 'n leerstelling wat verklaar, "Dit is nie gehoorsaamheid wat tel nie, ons leef nie onder die wet nie. Ons hoop is op die bloed alleen!" Hierdie lering verklaar dat as ons sê gehoorsaamheid is nodig, probeer ons om iets weg te neem van die krag van die bloed. Maar dit was die Israeliete se duidelike gehoorsaamheid wat bewys het dat hulle die bloed waardig ag!

Die feit is, u kan veilig wees onder die bloed en tog steeds in Egipte - steeds onder 'n binding - steeds in die middel van 'n ysteroond en steeds binne die bereik van die vyand se sweep! God se begeerte vir ons is om meer te hê as net sekuriteit teen oordeel: Hy verlang daarna om ons uit die tronk van gebondenheid tot sonde uit te haal - en in 'n plek van volkome oorwinning oor die vlees.

"Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en die Here het deur 'n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die see droog gemaak, en die waters is gekloof. En die kinders van Israel het midde-in die see getrek op droë grond. En die waters was vir hulle 'n muur aan hul regter en aan hul linkerkant. Toe het die Egiptenaars hulle gejaag en agter hulle aan getrek - al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters - die see in. En Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het dit tegemoet gevlug. So het die Here dan die Egiptenaars binne-in die see gestort. Ook het Israel die magtige daad gesien wat die Here aan die Egiptenaars verrig het. Toe het die volk die Here gevrees en geglo in die Here en aan Moses sy kneg" (Eksodus 14:21-23, 27, 31).

Die Rooi See kruising is 'n soort van oorwinning van die kruis oor al ons sonde. Al ons geestelike vyande - sonde, die wêreld en Satan - het hulle beheer oor ons by die kruis verloor. Dit was wat die Israeliete ook beleef het! "En Israel het die Egiptenaars dood gesien aan die kant van die see" (Eksodus 14:30). Na dit, was God se mense van sonde vrygemaak - vrygemaak van slawerny. Die sweep wat eens hulle moeë rûe geslaan het, het nou doelloos op die water gedryf!

Die mense is fisies uit Egipte verwyder, en nou het hulle gejubel: "Dank God ons is vry! Geen bindinge meer nie - geen forseerdery meer om te doen wat ons haat nie - ons is uit vir goed!" Maar dit het hulle nie lank geneem om iets anders te ontdek nie: Al was hulle uit Egipte, was Egipte nog steeds in hulle!

Soos dit al moeiliker en moeiliker geword het om al die toetse in die wildernes te slaag, het die mense met verlange begin terug dink, en gedroom van die plesiere van hulle ou lewe. Ja, hulle was veilig deur die bloed en was veilig van God se oordeel: hulle was vrygemaak van die krag van die sondige wêreld. Maar hulle harte was nie volkome tot God gerig nie. Hulle was uit - maar nog nie in nie!

Dieselfde ding is een van die grootste probleme in die Kerk vandag: Christene wie se liggame in die Here se huis bly, maar wie se harte en gedagtes gedurigdeur teruggaan na die ou lewe. Hulle kan getuig, "Dank God, ek is verlos uit Satan se tronk! Ek is 'n nuwe lewe gegee. Dit is 'n wonderwerk - ek is nie langer meer 'n slaaf van die sonde nie. Die kruis het my vrygemaak." Maar hulle mis die partytjies en ou plesiere en hoogtepunte van die verlede. (Miskien net een ou aandjie soos in die goeie ou dae!)

Sommige van u wat hier lees besef sekerlik dat, selfs al is u vrygemaak van sonde, die lewe in Christus nie so maklik is as wat u gedink het dit sou wees nie. Toetse storm teen u aan en Satan stort sy leuens uit in u ore: "Onthou hoe goed dit was? Die plesier? Die gelag? Al jou ou vriende?" Maar die waarheid is, dit was nie plesier nie - dit was hel op aarde.

Sommige sou teruggaan na Egipte as hulle nie bekommerd was oor die feit dat hulle hul respek wat hulle verwerf het sal verloor nie of dat hulle hul geliefdes sal seermaak. In beide gevalle, bly hulle nie buite Egipte as gevolg van hulle liefde vir Jesus nie, maar as gevolg van vrees. Hulle bly net omdat dit veel erger sal wees om terug te gaan, nie as gevolg van hulle toewyding tot die Een wat hulle uit slawerny gelei het nie.

"En net soos die voetsole van die priesters wat die ark van die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word, die water wat van die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan. En toe die volk wegtrek uit hulle tente om deur die Jordaan te gaan, met die priesters wat die verbondsark dra, op die voorpunt van die volk. Maar die priesters wat die verbondsark van die Here gedra het, het onbeweeglik bly staan op droë grond binne-in die Jordaan, terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het" (Josua 3:13-14, 17).

Om oor die Jordaan te gaan is 'n tipe van ingaan in die vryheid van Christus. God bring ons altyd uit iets uit met die doel om ons na Hom te bring! Dit is nie genoeg om slegs van Satan se krag te ontsnap nie, uit die tronkhuis van bindinge; ons moet ook in die opstandingslewe van Christus ingaan. Hier verteenwoordig Kanaän nie die hemel nie, want hierdie land is 'n plek van geestelike oorlog. Maar dit is 'n plek waar Jesus wil hê dat ons die goedheid van Sy oorwinning moet geniet - 'n plek van genieting, blydskap en volheid.

Toe Israel by die Jordaan gekom het, was dit nie meer die wolkkolom wat hulle gelei het gedurende die dag en die vuur gedurende die nag nie (sien Eksodus13:21), maar die ark van die Verbond. Ons sien die ark - 'n tipe Jesus - wat afgaan tot in die Jordaan, homself in die dood laat ingaan en sê; "Volg my!" Dit is Jesus wat ons nooi om in Homself gedoop te word.

Toe die Israeliete uit die Jordaan opgekom het, het hulle in die Beloofde Land ingegaan, wat 'n tipe is van om in Christus te bly. "En die volk het op die tiende van die eerste maand uit die Jordaan opgetrek en laer opgeslaan by Gilgal" (Josua 4:19). By hierdie punt, was hulle bloed-versekerd, vrygemaak van die vyand se krag en opgerig in die nuwe lewe in God se land van melk en heuning. Hulle was verseker gereed om te veg by Jerigo, hulle eerste toets in Kanaän! Wat meer kon hulle nodig hê? Dit moes vir hulle gelyk het asof dit tyd was om te marsjeer, te skree en die vyande se vestings plat te trek.

Maar in der waarheid was hulle nog nie gereed nie. Die Gees het nodig gehad om nog 'n taak te verrig. "Maak vir jou klipmesse en besny weer die kinders van Israel. Toe het Josua vir hom klipmesse gemaak en die kinders van Israel besny by die heuwel van die voorhuide" (Josua 5:2-3).

Ek gaan nie nou 'n teologiese bespreking rondom besnydenis begin nie - maar hierdie oeroue proses is baie toepaslik vir die kerk vandag. Wat 'n pynvolle ervaring moes dit nie vir die Israeliete gewees het nie om die voorhuid met 'n skerp mes te verwyder nie, 'n teken vir die wêreld dat hulle verbind is in 'n getroue verbond met God! Hierdie mense was almal in die wildernis gebore en was nog nooit voorheen besny nie - en nadat die gebeurtenis plaasgevnd het wat hulle hulpeloos en swak vir 'n paar dae.

Om vandag onder die mes te kom beteken om te buig onder die skerp, snydende Woord van God! "Want die Woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard" (Hebreërs 4:12). Die Woord sny werklik: "Toe hulle dit hoor, was hulle woedend en wou hulle hom om die lewe bring" (Handelinge 5:33). Toe Stefanus gepreek het, "En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hulle harte en het teen hom op die tande gekners." (Handelinge 7:54). In beide hierdie verse sê die Engelse vertaling: "they were cut to the heart and infuriated".

Die Bybel sê die Woord van God besny ons harte, "Besnydenis is die van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God" (Romeine 2:29). Daar is 'n besnydenis ". in wie julle ook besny is met 'n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus" (Kolossense 2:11).

Elkeen van ons het binne-in ons die "smaad van Egipte" wat verwyder moet word - dit is alles wat van ons vlees is. En daar is 'n operasie waarin God se Gees al daardie wellus en die heerskappye van boosheid wegsny. Wanneer die woord van God deur God se gesalfdes gepreek word in die krag en vertoning van die Heilige Gees, word dit die skerp mes! God het Sy Josua's vandag - en Hy het hulle beveel om die bloed-versekerde, vrygemaakte, vrygekoopte en opgestane mense te neem en hulle onder die mes van God se Woord te plaas en alle spore van afgodediens en kompromie te verwyder.

Dit is jammer dat daar vandag baie predikers is wat weier om hulle mense onder die skerp mes van berisping en teregwysing te bring. Dit is moontlik vir 'n prediker om "sy mense in die hel in lief te hê" deur hulle te beskerm van die uitroep tot bekering en die geween van die profete. Ek het my hart uitgepreek in sommige kerke, gewaarsku teen die oordeel, uitgeroep teen afgodediens, gepleit by die gelowiges om wakker te word en na God uit te roep om gereinig te word. Tog het die predikers bewegingloos gesit, sonder een "Amen". Die gemeente het verveeld gelyk. Hulle het my hartverskeurende uitroep teen televisie gehoor en neerhalend geglimlag, asof om te sê, "Baie amusant!" Hulle was bloed-versekerd, vrygekoop, gedoop in Christus. Ja, uitverkore - maar bevrore!

Nadat ek gepreek het, het ek totaal verslaan gevoel, asof ek my tyd gemors het. Ek glo ek het God se Woord vir hulle gehad, en tog het hulle nie daarop gereageer nie. By 'n geleentheid, nadat ek so 'n boodskap gelewer het, het 'n prediker my uitgeneem vir ete. Hy het my dan vertel hoe wonderlik sy gemeente was - hoe hulle vol opoffering gegee het, hoe hulle alles doen wat hy vir hulle vra. Hy sou sê hoe oulik hulle eintlik is, die mees liefdevolste, besorgde, bedagsame mense in Amerika - baie entoesiasties in hulle ondersteuning van die bouprogram, getrou in hulle deelname in die koor en orkes - almal harde werkers!" In hierdie kerk laat ons toe dat die Heilige Gees met hierdie sake handel. Hy sou sê: "Ons mense is volwasse!"

Toe het ek by myself gedink, "So, dit is dit!" Hulle was te goed vir so 'n sterk boodskap. Wel, wel, as ek dit nou al ooit gemis het!"

Dit was tot later dat ek in my hotel kamer bid en God gesê. "Jy het dit nie gemis nie! Van alle mense, het hulle die boodskap die meeste nodig! Hulle het 'n wederkerige bewonderaars klub in daardie kerk - en dit kan hulle vernietig, hulle verblind, hulle alles kos!"

Ek het besef daardie mense moontlik volwasse mag wees - maar hulle is besig om terug te val! Hulle is besig om koud te word, vasgevang in 'n valse liefde!

Josua het nie sy gemeente gevlei nie. God het dit aan hom openbaar dat die smaad van Egipte nog aan hulle gekleef het - en hy het God se bevel gehoorsaam om die messe skerp te maak en alle dinge van die vlees weg te sny.

'n Smaad is enige iets wat die Here in ons harte vervang, enige sonde of afgod wat ons harte van God wegtrek. Soos sommige moderne skaapwagters, kon Josua gesê het, "God, hierdie mense het soveel gely, hulle het soveel ongelooflike harde tye beleef - hulle is nou op hulle swakste. Ek kan hulle nie nou deur so 'n pynlike proses laat gaan nie." Maar in waarheid, die mees gevaarlike plek waarin Christene kan wees is onder die leering van 'n skaapwagter wat hulle beskerm teen berisping en hulle vlei om hulle te laat dink dat alles goed gaan. "'n Man wat sy naaste vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe" (Spreuke 29:5).

Paulus het ook geweier om God se mense te vlei: "Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal opgehou of met bedekte hebsug nie. God is getuie" (1 Thesalonisence 2:5). "Maar soos ons deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef" (vers 4). Die resultaat van Paulus se lering was gehoorsaamheid in die lewens van die Thessalonicense: ". en hoe julle jul van die afgode bekeer het tot God, om die lewende en waaragtige God te dien" (1:9).

Johannes was die herder oor die sewe kerke in Asië, en deur 'n openbaring het Jesus aan hom verskyn en hom die versteekte sondes van die mense gewys. Johannes het hierdie geliefdes aangespreek as kinders van God. "Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed" (Openbaring 1:5). Hulle was . "Konings en priesters vir sy God" (vers 6). Maar op 'n spesifieke dag van die Here, het die Gees van God oor Johannes gekom en hy het God se Woord gehoor wat geklink het soos 'n basuin: "Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my 'n groot stem gehoor, soos van 'n basuin" (vers 10). Jesus het aan hom verskyn en ". en 'n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan" (vers 16).

Aan 'n geliefde, bloedgewaste kerk, het 'n skerp mes verskyn! En ten spyte van hulle goedheid, harde werk of liefde, het God hulle gebrekkig gevind!

In Openbaring 2, beskryf Johannes 'n wonderlike gemeente in Efese. Hulle was geduldig en hardwerkend, hulle het die slegte dinge gehaat - maar hulle het begin koud word. Hulle het hulle wit-warm liefde vir Jesus verloor en in 'n liturgie ingeval. Jesus het uitgeroep, "Bekeer julle! Kom vinnig terug of Ek gaan die kandelaar onder julle uit verwyder. [Julle sal nie gesalf word nie]". By Pergamus het 'n gemeente, "vasgehou aan Sy naam, en die geloof nie ontken nie, sommige was selfs gewillig om te sterf". Maar een ding was verskriklik verkeerd: valse leringe het ingekruip: leerstellings van duiwel het 'n houvas gekry. Jesus het gesê. "Bekeer julle of Ek sal teen julle veg met die swaard in my mond."

'n Isébel gees het die gemeente van Thiatire infiltreer, sels al was daar mensliewende diensknegte, vol geloof, geduld en goeie werke. Aan daardie kerk het Jesus gesê, "werp haar neer.in 'n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie" (Openbaring 2:22).

Die gemeente van Sardis het 'n reputasie gehad dat hulle 'n kerk was wat gelewe het. Maar Jesus sê, ". dat jy die naam het dat jy leef, en jy is dood" (Openbaring 3:1). Hulle het nie baie geestelikheid oorgehad nie, want hulle harte was nie volmaak voor God nie. Tog, soos so baie kerke vandag, het hulle hulself gesien as vol lewe. Slegs diegene wat in die Gees gewandel het, het in werklikheid geweet dat hulle dood was.

Jesus het vorendag gekom met 'n skerp mes en almal van hulle onder sy snydende Woord geplaas. Dit is ware liefde!

Wat beteken dit regtig om "onder die mes te kom?" In Josua 5, was Israel op sy hoogtepunt van roem en krag, en het ongelooflike wonderwerke beleef. Haar mense was geliefd en veilig en hulle vyande se harte was vertederd. ". en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van Israel nie" (Josua 5:1). Dit was tydens daardie tyd, vers twee sê - dit is die tyd van oorwinning, seën, lyding en guns, die tyd net voordat hulle sou ingaan om die land in besit te neem - toe het God in werklikheid gesê, "Stop alles!" Dit is die einde van die pad. Ons het 'n probleem. Alles lyk goed - groot oorwinnings gaan behaal word - maar een ding is nog nie mee gedeel nie. Die smaad van Egipte is steeds in julle harte en dit moet uitgesny word en verwyder word."

Dit is asof God vir sy mense sê: "Ek het julle terugval geduldig verdra, julle klagtes, julle eindelose, konstante wellus. Tien maal het julle vaders my getart in die wildernis en Ek het julle dit alles vergewe. Ek het julle gevind toe julle weggekwyn het in Egipte se ysteroond. Ek het julle gewas, julle beskerm met bloed, julle van julle vyande bevry. Maar al die tyd het julle 'n geheime sonde in julle harte gedra. Julle het geweier om 'n afgod wat 'n houvas in julle harte gehad het neer te lê."

Die profeet Amos het bevestig dat Israel hierdie hartsafgodery in hulle gehad het: "Het julle aan my slagoffers en spysoffer gebring veertig jaar lank in die woestyn, o huis van Israel, en ook gedra Sakkot, julle koning en Kewan, julle beelde, julle stergod wat julle vir julle gemaak het" (Amos 5:25-26). Dit was die smaad. Al die tyd, ten spyte van God se liefde, beskerming, seën en lyding, het die Israeliete 'n geheim in hulle harte gedra. Selfs toe hulle die Here se prysliedere gesing het, het 'n ander god hulle innerlike motiewe beheer.

Hulle het hulle vaders se afgode in hulle sakke gedra! Nie eens die ontsaglike stem van 'n heilige vreesaanjaende God kon hulle sover kry om hulle klein altare te los nie, hulle goue beelde van Egipte. Hulle wou vooruit gaan en God dien terwyl hulle steeds vasgehou het aan hulle afgode. Die Here was tot op daardie punt geduldig met hulle, maar nou het Hy vir hulle 'n ultimatum gestel: "Ek beweeg vorentoe slegs met 'n heilige volk. Daar is 'n wêreld van vreugde en vrede, oorwinning op oorwinning wat voorlê - maar julle kan nie julle smaad met julle saambring nie. Sny dit af! Maak julle messe skerp! Geen vlees word van hier af toegelaat om in te gaan nie! Geen afgodediens nie! Geen klouende welluste nie! Geen geheime smaadhede nie!

Hierdie "goeie" mense se harte was met sonde bevlek. En omdat hulle so blind en hardnekkig was, het God die afsny van hulle voorhuide uitgevaardig, om aan hulle te probeer wys wat Hy van hulle binnekante verwag het - die afsny van alle sonde. Ek twyfel of hulle dit verstaan het toe hulle in die ry gestaan het om besny te word en hulle aan die mes te onderwerp. God het gesê, "Gee my jou hart, lê daardie afgode neer."

Maar dit was eintlik vir ons geskryf - vir ons instruksie. Vandag gee God vir ons sy finale ultimatum. "As jy jou aan my Woord sal onderwerp en My sal toelaat om alle sonde en afgodediens af te sny, sal Ek jou in 'n goeie land inneem - Ek sal alle vestings afbreek en jou met melk en heuning van die hemel vul. Maar indien jy jou nie wil onderwerp en uitroep na My om al jou sonde weg te neem nie, dan is jy op jou eie en My teenworodigheid sal nie saam met jou gaan nie. Gaan onder My mes - of gaan jou eie pad!"

Hoe ernstig is hierdie saak om onder die mes te kom? Ons sien dit duidelik geïlustreerd in die lewe van Moses, wanneer. "En op die pad in die herberg het die Here hom teëgekom en wou hom doodmaak. Toe neem Sippora 'n skerp klip en sny die voorhuid van haar seun af . En Hy (die Here) het hom laat staan" (Eksodus 4:24-26).

Moses het heel moontlik toegelaat dat sy vrou Sippora hom ompraat om nie te doen wat reg is nie. En God het vir hom gesê: "Kies Moses: Of jy luister na jou vrou of jy gehoorsaam My."

Dit was 'n geval van lewe en dood! En die Here kom vandag na u toe op dieselfde manier, en Hy roep uit: "Onderwerp jou nou aan My besnydenis - sny alle vleeslikheid af - gee jou geheime sonde oor aan die mes!" Dan en dan alleen, kan u in die oorvloed en rykdom van Jesus Christus ingaan!