ONS KEN BLYDSKAP AS GEVOLG VAN JESUS

David Wilkerson (1931-2011)

Die psalmis skryf van ‘n glorieryke geheim om ‘n vervulde, vreugdevolle lewe te geniet: “Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig” (Psalm 89:16). Die Hebreeuse betekenis van hierdie vers dui op, “Diegene wat ‘n openbaring het van die geklank sal elke dag opstaan met vrede, krag en vreugde. Hulle lewens sal gevul wees met die blydskap van die môreson.”

Kortliks, die psalmis sê vir ons, “Daar is ‘n sekere geklank wat so ‘n kragtige betekenis het, dat dit die fondament van ‘n oorwinnende lewe is. En as jy hierdie geklank ken en verstaan, sal jy van heerlikheid tot heerlikheid verander word.

“Almal wat die betekenis van die geklank ken, word selfversekerd, vreesloos. Hulle wandel deur die lewe met ‘n toenemende gevoel van sekuriteit. Hulle is in staat om depressie te oorwin, selfs wanneer hulle deur Satan gesif word. Hulle harte is standvastig en gerus – omdat die Heilige Gees aan hulle die betekenis van die geklank geopenbaar het!”

So, wat is hierdie geklank? Dit is die geklank van die Jubeljaar! Dit sal te lank neem om die geskiedenis van die Joodse fees van die Jubeljaar te verduidelik, dit word gevind in Levitikus 25 en is ‘n opwindende, vrymakende studie oor God se beloftes, voorsiening en seën.

Die profeet Jesaja verklaar Jesus Christus is ons Jubeljaar! Hy skryf: “[Die Here] het My gestuur...om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; om uit te roep ‘n jaar van die welbehae van die Here” (Jesaja 61:1-2).

Jesaja gebruik egter hier die taal van die Jubeljaar hier: “Laat die basuine blaas en die blye, Jubeljaar van vryheid aankondig wat ons Saligmaker vir ons gegee het.” Dit was die blye geklank – wat aan die hele mensdom verkondig: “Ek het vir jou voorsiening gemaak – om uit die tronk uit te kom, om met jou familie herenig te word en alles te hê wat jy nodig het vir ‘n vervulde lewe. Jy is vry om te leef sonder vrees vir die vyand. Gaan nou in my blydskap in!”