ONS MOET GOD SE TEENWOORDIGHEID HÊ

Gary Wilkerson

God het vir die profeet Amos gesê, “Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie...Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie. Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos ‘n standhoudende stroom”” (Amos 5:21, 23-24). God sê in wese vir elke geslag, “Dit is nie die lied of die geluid wat Ek van jou wil hê nie. Dit is die geregtigheid wat uit jou aanbidding vloei en die dade wat dit binne-in jou opwek om in My Naam te doen.”

Ons kan nie langer ‘n lied se krag meet met vermaaklikheidswaarde of enige ander mensgemaakte standaard nie. Ons meet dit, of dit na vore roep dít wat die Heilige Gees wil hê in die Liggaam op daardie oomblik. Ons aanbidding moet ‘n standhoudende stroom van Sy regverdige teenwoordigheid wees. Daarom durf ons dit nie waag om op die verhoog toe te laat, diegene “Wat liedjies sing met begeleiding van die harp, wat...hulle met die beste olie salf” (Amos 6:5-6) nie. Dit spreek van leiers wat ons salf slegs gebaseer op hulle talent, vaardigheid en vernuf. God roep ons om die verhoog te reinig van enige standaard anders as die volgende: “Waarlik, U is in hierdie plek, O God!”

Ek praat met myself wanneer ek vir alle herders sê, “Plaas ons meer vertroue in strategieë, strukture en programme as in God se leiding? Indien wel, moet ons die verhoog skoonmaak van sulke dinge.”

Kerke mag almal die vermoë hê om ‘n dinamiese liggaam te wees. Ons mag seker maak elke preek is goed geartikuleer, elke lied is volmaak geharmonieer, elke espresso masjien maak mense se bekers vol – maar dit is alles nutteloos as God se teenwoordigheid nêrens te vinde is nie.

DIt is tyd om menigsopnames weg te smyt wat mense vra wat hulle van kerk wil hê, eerder as om te vra wat God wil hê. As meningsopnames ons rigting dikteer, kan ons maar net sowel die bord wat KERK sê, afhaal want ons sal nie een wees nie. Ons sal ‘n professionele organisasie wees wat sukses najaag, gebaseer op markaanvraag. En dit is nie die evangelie nie!