ONTTROON DEUR DORINGS

David Wilkerson

Toenemende getalle Christene is nie langer heeltemal tevrede met Christus nie. Die Here word onttroon deur dit wat Hy self die dorings genoem het – wat Hy definieer as die sorge van hierdie wêreld, die verleiding van rykdom, die begeertes na ander dinge wat die hart binnekom. Christus sê dit is die dorings wat die Woord verstik en dit onvrugbaar maak (sien Markus 4:7).

Is die Here meer in jou gedagtes as ‘n jaar gelede? Bring jy meer tyd in Sy teenwoordigheid deur vandag as ‘n jaar gelede? Word jou passie vir Hom groter of kwyn dit?

Talle van diegene wat eens passievol verlief was op Christus, hardloop nou rond en streef hulle eie belange na. Hulle is swaar belas met spanning en probleme, en jaag agter rykdom en die dinge van die wêreld aan. Hulle het koud of louwarm geword, en hulle het minder en minder tyd vir Jesus. Die Here en Sy kerk kry nou net ‘n uur van hulle tyd – op Sondagoggende.

Jesus het gesê, “As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog” (Johannes 15:6). Met ander woorde, daardie persoon verdroog en haal nie meer lewe uit die ware wynstok nie. Hy word mislei om te dink alles gaan goed, omdat hy steeds die taal van intimiteit praat wat hy eens saam met Christus geniet het.

Die Heilige Gees roep mense terug na hulle eerste liefde. Terug na die honger en dors vir meer van Christus. Terug na meer kwaliteit tyd in Sy teenwoordigheid deurbring; Sy Woord liefhê; alles sorge op Hom werp; op Hom vertrou vir leiding.

Christus verlang na Sy geliefde om terug te keer na Hom met liefde en gehoorsaamheid. Die Heilige Gees raak ons harte aan om ons nader te trek aan Hom.