ONWRIKBARE GELOOF

David Wilkerson (1931-2011)

“Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n groot beloning het, nie weg nie" (Hebrews 10:35). As jy 'n Christen is, is jy in 'n kwaai oorlog. Trouens, jy is in 'n lewe-en-dood stryd om jou geloof. Satan is daarop uit om die geloof van al God se uitverkorenes te laat skipbreuk ly en te vernietig. En hoe sterker jou geloof is, hoe groter sal sy aanslag daarteen wees.

Jy sien, onwrikbare geloof in die Here veroorsaak woede in die hel. Niks is 'n groter bedreiging vir Satan se koninkryk as 'n Christen wat onwrikbaar in sy geloof is nie. Hoekom? Omdat dit deur geloof en die krag wat dit vrystel, Satan se koninkryk onderwerp. Deur geloof word geregtigheid gebore en demoniese vure word geblus. God se beloftes word verkry en die bekke van leeus word toegestop.

Die apostel Petrus het onder wreedaardige aanvalle teen sy geloof deurgeloop. Sy vertroue in Jesus het die hel so woedend gemaak, dat Satan toestemming gevra het om hom te sif om te kyk of hy staande sou bly."Simon, Simon, kyk die Satan het vurig probeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk" (Lukas 22:31,32).

God het vir ons ‘n magtige wapen gegee om te gebruik teen Satan se aanvalle teen ons geloof. Ons moenie alles probeer uitwerk nie. Ons moet liewer ons oë rig op die “groot wolk van getuies” wat reeds in die hemel is en wat dit deurstaan het met hulle geloof in een stuk (Hebreërs 12:1).

Wat ‘n toonbeeld. Hierdie vers toon 'n leër van seëvierende heiliges uit elke era, wat ons aandagtig dophou soos 'n skare op die pawiljoen. Hulle dra krone van geregtigheid en waai palmtakke terwyl hulle ons in ons resies aanmoeidig: “Hardloop met geduld! Ons het tot die dood geveg en het nie gefaal nie. God het ons bewaar, ons geloof het oorwin. Die waarheid werk: Ons het gewen! Ons is oorwinnaars. So hou aan. Jy kan moeilike tye oorwin.”