Pad na Oorwinning

Gary Wilkerson

“Dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ... nie ... julle het Christus ... leer ken ... en [is] in Hom onderrig ... dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan ... en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid” (Efésiërs 4:17, 20-24).

Paulus gee nie om om die Efésiërs uit te daag met oorwinning oor sonde nie. Trouens, hy huiwer nie om oor sonde te preek nie. Hy spreek die onderwerp met vrymoedigheid aan, selfs al is hierdie mense Gees-vervulde, aan-die-brand gelowiges wat vervolging weerstaan en voor duisende mense getuig het. Waarom durf hy die saak van sonde noem onder sulke wonderlike Christene? Omdat ons sondig – so eenvoudig as dit. Ons het almal die geneigdheid om terug te val in die sondes waaruit ons gered is. Dit beteken glad nie ons verloor ons saligheid nie, maar die plesier van ons verhouding met Christus word bedreig omdat sonde daardie gevoel van intimiteit, die nabyheid en varsheid van sy teenwoordigheid breek.

Paulus verwys na “die ou self of die ou mens” wat terugval in ‘n patroon van sondig op ‘n gebied waarin ons swak is. In Efésiërs 4:18 en 19 noem hy ‘n verduisterde verstand, hardheid van hart, bedrog, hebsug, sensualiteit, om ‘n paar te noem – alles sondes wat hulle weg vind in ons lewens in al wandel ons met Christus. Maar hy bied ‘n kuur! Christus het ons in staat gestel om die ou self – die ou natuur – af te lê  en hom af te hou.

“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Korinthiërs 5:17). God is aan jou kant en jy is aan sy kant. Hy wil hê jy moet vry wees van sonde meer as wat jý wil vry wees; Hy wil hê jy moet heiliger wees as wat jý wil wees. As jy saam met jou Here in vryheid wandel, laat Hom toe om voortdurend nuwe lewe en ‘n pad na oorwinning te skep!