PRAAT MET DIE JAKKALSE

Carter Conlon

Wanneer jy vasbeslote is om dinge in jou lewe orde te kry, moenie verras wees as die vyand kom en vir jou sê dat jy nie die paal gaan haal nie. Selfs Jesus moes hierdie leuens trotseer, maar Hy het geweet dit was net ‘n jakkals wat probeer het om die vrugte te steel van die wingerd wat God vir Hom gegee het.

Die Skrif vertel ons van ‘n tyd toe “sommige van die Fariseërs na Hom [Jesus] gekom en vir Hom gesê [het]: Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U om die lewe bring. En Hy het vir hulle gesê: Kyk, Ek dryf duiwels uit en maak gesond, vandag en môre, en op die derde dag maak ek Ek klaar” (Lukas 13:31-32).

“Klaar” beteken dat Hy sy doel sal bereik. Die duiwel sal sonder twyfel probeer om jou van koers af te kry en te sê, “Hierdie pad is te moeilik vir jou. Vat ‘n makliker pad. Jy hoef dinge nie op God se manier te doen nie!” Let egter op na Jesus se reaksie, “Nee! Ek dryf duiwels uit en genesing vind plaas. En op die derde dag gaan Ek my doel bereik deur die krag van God!”

Jy het óók die mag om met die jakkalse in jou lewe te praat: “Ek sal jou nie langer in my lewe duld nie! Deur die genade van God, sal ek van jou ontslae wees. Aan my is die krag gegee om om boosheid te konfronteer en genesing vind plaas in my lewe. Ek bring nie iets na my werkplek wat homself Christenskap noem, maar stink as ek verbygaan nie. Nee, ek bring die heerlike teenwoordigheid van God saam met my oral waarheen ek gaan! Ek gaan my reis voltooi, en ek gaan die volle potensiaal bereik waarvoor my lewe geroep is om te wees! Geen klein jakkalsie gaan my wegjaag van die plan van God vir my lewe nie!”

Praat met die jakkalse en vertrou dan die Here vir Sy genade en voorsiening!

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.