Sy Oog is op die Mossie
Die hele wêreld bewe nou nog as gevolg van die uitbreek van angs en rampe wat dwarsoor die aarde gebeur. Elke dag word ons wakker en hoor dat daar nog een of ander ramp plaasgevind het. Sommige waarnemers sê dat ons die begin van die 3de Wêreld Oorlog in die gesig staar.
Eerstens, terroriste blaas treine op in Spanje, en dan sterf massas in trein ontploffings in Indië. In Pakistan, ‘n noodlottige aardbewing wat ‘n hele dorp verwoes, en duisende dakloos laat, honger en seer. Menigtes in die Verre Ooste ly nog steeds as gevolg van die nasleep van die Tsunami.
Dan volg verwoestende rampe in Amerika. Eerstens, rekord-brekende orkane wat aanhoudend op Florida toeslaan – en dan Katrina wat toeslaan. Amerika kyk toe terwyl een van sy hoof metropolitaanse areas amper totaal uitgewis word, saam met ander belangrike Golf-kus stede. In onlangse weke, het massiewe vure deur die Suide en Weste gevee, met duisende hektaar wat gebrand het in Texas, Oklahoma en Kalifornië.
Nog nooit in die geskiedenis was daar soveel verterende vure en woedende orkane nie. Nogtans gebeur die oproering nie net hier nie. Die aarde beleef rekord-brekende hitte, wêreldwyd, wat massiewe vloede, stromende reën en orkane veroorsaak het.
Kim Jong I1 jaag daarna om ten minste sewe kernbomme vir vuurpyle te produseer, terwyl hy toelaat dat sy lydende, onderdrukte nasie van honger doodgaan. Die wêreld se leierskap blyk oorbluf te wees oor hoe om die kranksinnige man se dreigemente aan die ander nasies te stop.
Intussen is, nog ‘n kranksinnige, ‘n duiwel-besete diktator in beheer in Iran, nog ‘n nasie wat jaag om kern bomme te produseer. Hierdie diktator en sy mal mullahs spog daarmee dat hulle Israel gaan vernietig deur die hele nasie in vergetelheid op te blaas. Intussen, reik hulle dreigemente aan die res van die wêreld uit om nie met hulle kernbomplanne in te meng nie, en dreig hulle dat hulle alle olietoevoer sal afsny vir enigeen wat probeer.
Dan, meer onlangs, is daar die vreesaanjaende nuus dat Israel teen Gaza en Lebanon gaan wraak neem. Die konflik daar versprei vinnig, met vuurpyle wat aan beide kante val, burgerlikes sterf by die dosyne. Die hele wêreld hou asem op terwyl dit die nuusberigte dophou, en vrees vir ‘n volskaalse Midde Oosterse oorlog.
Israel se leiers het dit duidelik gemaak dat hulle geen kernbomdreigemente van Iran sal duld nie. Hulle enigste hoop mag wees dat hulle alle Iranese kernkrag-persele sal bombardeer. Wêreld-leiers vra vir ‘n skietstaking in die streek, maar dit sal van korte duur wees, soos al die ander konflikte in Israel se geskiedenis van 1948. ‘n Groot ontbranding in die Midde Ooste lyk onvermydelik.
Al hierdie vreesaanjaende rampspoede breek los aan alle kante – oorloë, terroriste, natuurlike rampe, kern dreigemente – daar is nog ‘n ander onheilspellende dreigement tot die mensdom. Wetenskaplikes regoor die wêreld sit op naalde en spelde soos hulle die Avain voëlgriep dophou. Hulle waarsku dat as die dodelike kiem muteer na die mens, dit ‘n wêreldwye pandemie kan veroorsaak. (Terwyl ek hierdie skryf, het daar reeds vyftien mense gesterf). Deskundiges spekuleer dat so ‘n verandering een-vyfde van die wêreld se bevolking kan uitwis. Meer as ‘n biljoen mense kan sterf.
Ongelowiges raak oortuig dat daar geen oplossings oor is nie, dat alles op chaos afstuur omdat daar geen “al-siende bestuurder” is nie. Maar God se mense weet van beter. Ons weet dat daar geen rede is om te vrees nie, omdat die Bybel ons oor en oor herinner dat die Here alles onder Sy beheer het. Niks gebeur in die wêreld sonder Sy kennis en bestuur nie.
Die Psalmdigter skryf, “Want die koningskap behoort aan die Here; Hy heers oor die volke” (Psalm 22:29) Eweneens verklaar die profeet Jesaja aan die wêreld, “Kom nader, nasies, luister! Gee aandag, volke! Die aarde met alles daarop moet hoor, die wêreld en alles wat hy voortbring.” (Jesaja 34:1) Hy sê, “Luister, nasies, en gee my jou oor. Ek wil vir julle iets belangriks vertel aangaan die Skepper van die wêreld.”
Jesaja berig dat wanneer God se verontwaardiging opgewek word teen die nasies en hulle leërs, is dit die Here self wat hulle oorlewer vir die slagting. “Die nasies is vir Hom soos ‘n druppel aan ‘n emmer, soos ‘n stoffie op ‘n skaal. As Hy die eilande op ‘n skaal sit, is hulle soos stofdeeltjies. Al die nasies is soos niks teenoor Hom, hulle is vir Hom minder as niks, asof hulle nie bestaan nie. God het Sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos ‘n tentdoek, oop soos ‘n tent vir die mense om onder te woon. Met wie kan julle My dan vergelyk?” (Jesaja 40:15,17,22, 25).
Jesaja praat dan met God se mense wie stukkend en onrustig is deur die wêreld se gebeurtenisse. Hy gee raad, “Kyk na die lug, na die roemryke hemel. Aanskou die miljoene sterre wat daar geplaas is. U God het dit geskep en vir elkeen ‘n naam gegee. Is jy nie meer kosbaar vir Hom as hulle almal nie? Daarom, moet jy nie bang wees nie.”
Ons moet weet dat daar ‘n kaart in die hemel is, ‘n plan wat ons Vader het wat die gang van die geskiedenis skets. Soos die plan in vervulling gaan, spesifiek in rampspoedige tye soos nou, glo ek moet ons, onsself die vraag afvra: “Waar is God se oë gefokus in al die dinge?”
Die Woord verseker ons dat hierdie wilde mans se bomme, weermagte en kragte niks is vir die Here nie. Hy lag vir hulle as blote stofspikkels, en binnekort sal Hy hulle almal wegblaas. Dink aan Jesaja 40:23-24: “Hy maak die vername mense tot niks, die heersers van die wêreld asof hulle nie bestaan nie. Skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars het hulle wortelgeskiet, of Hy blaas sy asem oor hulle, en hulle verdor, die stormwind vat hulle weg soos stoppels.”
Jesaja vertel vir ons, “Nie lank nadat die ‘saad’ geplant is en wortel geskiet het nie, dan blaas God oor hulle en hulle verdor. Die goddelose heersers van die aarde word in sy warrelwind opgevang en weggevee soos kaf. Hy verminder hulle tot niks.”
In my leeftyd, het ek sulke tiranne gesien wat “weggeblaas” is soos kaf. Ek onthou as ‘n kind, terwyl ek saam met my pa in die motor gery het, het die musiek op die radio skielik gestop deur ‘n skokkende nuus berig: “Pearl Harbour is so pas deur die Japanese gebombardeer. ‘n Groot gedeelte van die vloot is verwoes, met honderde wat gesterf het.”
My vader het gedink, “Dit is dit. Dit is die einde, soos wat ons voorspel het.” Oornag, het die totale Amerikaanse landskap verander, selfs in ons klein dorpie in Pennsylvania. Verdonkerings is afgedwing en noodsirenes het ‘n normale deel van ons lewens geword. Dit was ‘n angswekkende tyd, soos die oorlog versprei het dwarsdeur die hele wêreld.
Kort daarna, was die Verre Ooste in vlamme regoor die Stille Oseaan- eilande. Honderde of duisende soldate sou sterf in die veeleisende veldslae en gevangeniskampe. Intussen, verniel ‘n gek, demoon-besete diktator met die naam Hitler die nasies aan die ander kant van die aardbol. Hy lyk onstuitbaar soos hy inval en lande oorneem in Europa. En toe die Nazi-weermag bomme op die magtige Groot Brittanje laat val, kyk die wêreld daarna in vrees. In sy demoniese manie, beveel hy dat die Europese Jode bymekaargemaak moet word, tronk toe gestuur word waar hulle vergas en verbrand is by die miljoene.
In Rusland, begin daar ‘n ander kranksinnige diktator sistematies om sy eie mense by die miljoene te vermoor. Stalin was ‘n sadistiese malman, en kommunisme word ‘n magtige mag onder sy ystervuis-regering.
Dan eendag kom die mees angswekkende nuus wat nog ooit deur die mensdom gehoor is: ‘n atoombom is neergelaat. Die grootste gedeelte van Hiroshima en Nagasaki het binne oomblikke verdwyn, soos die atoombom menigtes uitgewis het. Die wêreld het toe geweet dat iets verskriklik losgelaat is op die aarde.
Kort daarna, het die Japanese diktator, Hirohito, aanboord ‘n skip gestaan – sy kop gebuig in skande – en die dokumente van oorgawe geteken. In Europa, met geallieerde magte wat naderkom, pleeg Hitler selfmoord in ‘n bomskuiling. Toe sy oorblyfsels gevind is, was daar niks oor as net as nie. In Rusland, het Stalin ook ‘n veragtelike dood gesterf.
Vandag, sien die wêreld ‘n ander demoon-geleide diktator, Saddam Hussein, wat soos kaf weggeblaas is. Die man wat eens op ‘n tyd sy eie landgenote geterroriseer het en die Arabiese streek gedreig het, sit nou opgesluit en verhoorafwagtend. Hy mag binnekort onthoofding in die gesig staar.
Aan die einde van die dag, sien ons hulle deur die lens van die Woord, en hoe waar is die woorde nie: “God blaas op hulle, en hulle word weggewaai deur die warrelwind.”
Jesus sê ook wat ons moet doen wanneer ons oproerigheid in die wêreld sien:
“Daar sal tekens wees aan son, maan en sterre. Op aarde sal daar radeloosheid onder die volke wees uit angs vir die gebulder van die see en sy vloedgolwe. Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat oor die hele wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemelruim sal ontwrig word.
“En dan sal hulle die Seun van die mens met groot krag en majesteit op ‘n wolk sien kom. As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle koppe op, want dan is julle verlossing naby” (Lukas 21:25-28).
Let daarop dat Christus sê, “As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op.” Dit voorspel dat dinge nog erger en meer intens gaan word. Dus, is dit nou die tyd om ons harte daarop voor te berei – om nader na God te beweeg – en in Sy hoop gegrondves te word. Ons moet ons geloof anker in Sy Woord, en standvastig groei, in ‘n onwankelbare geloof.
Wat is die geloof waarop ons moet staan? Dit is dat die duiwel ons nie kan seer maak nie. Die mees chaotiese nuus kan ons nie seer maak nie. Alle demoon-besete diktators gaan soos kaf wegwaai, en ons gaan Christus sien kom in sy glorie. Dit is wat maak dat ons in hierdie bose tye kan sê, “Lewendig of dood, ek is die Here sin. Hy is soewerein oor alles wat gebeur.”
Wat is God se grootste bekommernis in al hierdie dinge? Is dit op die gebeurtenisse in die Midde Ooste? Nee. Die Bybel vertel vir ons dat God se blik is op Sy kinders: “Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees, op die wat op Sy goedertierenheid wag” (Psalm 33:18).
Ons God is bewus van elke beweging op aarde, deur elke lewende wese. En tog is sy blik hoofsaaklik gefokus op die welstand van Sy kinders. Hy rig sy oë op die pyn en nood van elke kind van sy geestelike liggaam. Eenvoudig gestel, wat ons ookal seermaak, gaan Hom aan.
Om dit aan ons te bewys, sê Jesus, “Moenie bang wees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan” (Matteus 10:28). Selfs te midde van groot wêreld oorloë, is God se fokus nie hoofsaaklik op die tiranne nie. Sy fokus is op elke omstandigheid, elke klein besonderheid, in Sy kinders se lewens.
Christus sê in die volgende vers: “Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie” (10:29). In die tye van Jesus, was die mossie die vleis van die arm man, en is vir twee pennies verkoop. Op die strate was voëlvangers te sien wat mandjies gedra het vol met mossies wat in ‘n strik gevang is. Tog, sê Jesus, “Nie een van die klein skeppings sal op die grond val sonder dat jou Vader daarvan weet nie.”
Volgens Bybel-kommentator William Barcklay, beteken Jesus se woord “val” in hierdie vers meer as net die dood van die voël. Die Armeense beteken is “tot lig op die grond.” Met ander woorde, “val” dui hier op elke klein gekweste sprong wat elke klein voëltjie maak.
In werklikheid vertel Christus ons, “U Vader se oog is op die mossie, nie net wanneer dit sterf nie, maar wanneer dit op die aarde beweeg. En God sien elke worsteling wat hy het. Hy is bekommerd oor elke klein besonderheid van sy lewe.”
Dan voeg Jesus by, “Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies” (10:31). Hy sê inderdaad, “Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel” (10:30). Eenvoudig gestel, die Een wat die sterre gemaak en getel het – wat elke aksie van die Romeinse Ryk gemonitor het, Wie die melkweg in sy sfeer hou – het Sy oog gevestig op jou. En, Jesus vra, “Is jy nie baie meer werd vir Hom nie?”
Jesaja roep uit, “Waarom sê jy dan, Jakob, waarom kla jy, Israel: ‘Die Here sien nie raak wat van my word nie, my reg gaan by my God verby?” (Jesaja 40:27). God se mense het hom daarvan beskuldig, “God het my nood misgekyk. Hy antwoord nie my gebed nie. Dit lyk asof God Sy oog weggedraai het van my beproewing.”
Ek glo dat dit die uitroep is van vele seergemaakte Christene vandag. Ons bediening ontvang briewe van kosbare gelowiges wat beproewings en lyding beleef wat die verstand te bowe gaan. Ek gee graag vir u ‘n voorbeeld van ‘n goddelike pastoor wat ‘n ongelooflike spervuur van beproewings in die gesig gestaar het, wat te pynlik voorgekom het vir enige een om te verdra.
Dit het ‘n aantal jare begin, toe die pastoor sy vyf maande oue kleinseun langs hom in die bed neergelê het. Hy en sy vrou het die baba seun vir hulle dogter, wat by die werk was, opgepas. Die seun was ‘n gesonde kind en die appel van sy oupa se oog. Maar ‘n paar uur later toe die pastoor wakker word vind hy sy kleinseun dood aan die sogenaamde “wiegie-dood” (Sudden Infant Death Syndrome).
Die pastoor se dogter – die moeder van die dooie seun – kon die hartseer om haar seun te verloor nie, nie hanteer nie. ‘n Jaar later, in ‘n selfmoordpoging, neem sy ‘n oordosis dwelms. Sy oorleef die poging, maar het ernstige breinskade opgedoen. Nou versorg die pastoor, sy vrou en voltydse tuisversorgers hulle dogter 24 uur ‘n dag.
‘n Jaar of wat later, word die pastoor se jongste seun aangekla vir twee moorde. Een van die moorde was die man wat voorsiener van sy suster se dwelms was. Die seun sit nou in die gevangenis, verhoorafwagtend en hy staar die doodstraf in die gesig.
Soos die folterende beproewings toeneem, het die pastoor ‘n krisis-uur in die gesig gestaar. Dit was in die week voor Kersfees. Hierdie man was in soveel pyn dat hy hom in sy studeerkamer afgesonder het, waar hy bitterlik gehuil het terwyl hy ‘n foto van sy dooie kleinseun in sy hande gehou het.
Daar is meer aan die storie, maar ek wil hier stop om te fokus op die ongelooflike pyn van die dienaar van God.
Ek kan my nie voorstel wat die pastoor deurgemaak het nie. Hy het sy kosbare kleinseun verloor, sy dogter het breinskade gehad, en sy seun wag op die doodstraf. Al wat hy kon dink was, “O God, die pyn is bo my verstand. Ek weet nie hoe om voort te gaan nie.”
Ek vra jou: Waar was God se oë gefokus op daardie oomblik? Was Hy êrens anders besig, besig om te sorg vir ‘n wêreld wat stapelgek geraak het? Was Sy tyd in beslag geneem deur die vreesaanjaende dinge wat besig was om plaas te vind? Of, dink jy dit is moontlik dat God se oë gefokus was op die seer en verwarring van hierdie regverdige man? Die Psalmdigter gee die antwoord: “Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep” (Psalm 34:15)
Stel jouself vir ‘n oomblik voor, ‘n boom buite die venster van die pastoor se studeerkamer. In daardie boom is ‘n voëlnes, waar ‘n klein mossie besig is om sy vlerke uit te toets, hy is besig om te leer vlieg. Soos die klein voëltjie uit die nes spring en op die grond val, neem God selfs daarvan kennis.
As jy by daardie venster uitkyk, en dit sien gebeur, sê vir my: hoe kan jy nie glo dat God ook sal kennis neem van die dierbare, huilende man se pyn nie? Hoe kan jy nie glo dat God geraak was deur sy swaarkry nie? Hoe kan jy nie glo dat God elke traan van hom in ‘n kruik sou opvang nie, en dat Hy reeds besig was om ‘n uitweg vir sy dienaar te beplan nie?
Die pastoor skryf: “Ek kan dit vir die waarheid vertel, Jesus self het in my kantoor ingestap daardie dag en voor my tafel kom sit. Die Here self het op ‘n liefdevolle wyse aan my bekend gemaak dat ek twee keuses het: Eerstens, ek kon tou opgooi en uit die geveg tree. As ek dit doen, kon ek aan al my vriende my probleme en rede vertel waarom ek tou opgegooi het, en hulle sou verstaan. Ek was vry om daardie keuse te maak, en Jesus sou verstaan en my nog steeds lief hê.
“Of, het Hy gesê, ek kon moed skep en uitstap en die toekoms in die gesig staar, omdat Hy nog nie klaar was met my nie. Dit was my twee en enigste keuses. Dit was nie hardheid aan God se kant nie. Dit was eenvoudig die enigste twee keuses wat ek gehad het.
“Ek kies om op te staan en aan te gaan. Voordat ek uitgestap het, het ek die foto van my kleinseun in my tafel se laai gesit. Dit is nou amper ‘n jaar gelede. My stryd is nog nie oor nie, maar ek weet Sy hand is op my. Hy het na my gekom in my pyn en my die moed gegee om aan te gaan. En ten spyte van verdere toetse, gaan ek voort in die krag van Sy Woord.
Geliefdes, hierdie man het nou ‘n begrip van God se liefde soos nog nooit tevore nie. Hy het al sy pyn op Jesus gewerp, elke droefheid, elke bekommernis – en het sy lewe aan God se plan toevertrou.
Ek is oortuig dat, dit dikwels, liefde is wat ons nodig het in ons stryd, en nie antwoorde nie. Antwoorde kan slegs so ver gaan as ‘n persoon oorweldig is deur geweldige pyn. Dit is die beheerste liefde van ons Vader – en die liefdevolle hande van ons broers en suster, wat na ons uitreik – wat dien as antwoorde in ons moeilikste tye. Ons moenie ons geloof meet in sulke tye nie, want ons mag dalk nie dan baie geloof oor hê nie. Maar ons kan buite kyk en ‘n mossie buite ons venster sien, en weet dat ons die fokus van God se liefde is.
Christus bekryf die laaste dae as tye van probleme en verskriklik, “Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat oor die hele wêreld aan die kom is … Op aarde sal daar radeloosheid onder die volke wees” (Lukas 21:26,25).
Wat het Jesus vir ons gegee om ons voor te berei op hierdie rampspoede? Wat was Sy teengif vir die vrees wat sou kom?
Hy het die illustrasie gegee van ons Vader wat die mossie dophou, van God wat elke haar op ons hoof getel het. Hierdie illustrasies raak meer betekenisvol as ons die verband waarin Jesus dit gee, in gedagte hou.
Hy gebruik hierdie voorbeelde teenoor sy twaalf dissipels, soos hy hulle uitstuur om die dorpe en stede van Israel te gaan evangeliseer. Hy het hulle net met krag van bo gevul om demone uit te dryf en alle soorte siektes te genees. Dink net wat ‘n opgewondenheid moes daar nie onder die dissipels gewees het nie. Hulle het krag ontvang om wonderwerke te doen! Maar dan kom hierdie vreeslike waarskuwing van hulle Meester:
“Julle sal geen geld in julle sakke hê nie. En julle sal nie ‘n huis hê nie, nie eens ‘n dak om onder te slaap nie. Inteendeel, julle sal ketters en duiwels genoem word. Julle sal geslaan word in die sinagoges, en aan die geregshowe uitgelewer word, julle sal in die tronke gegooi word. Julle sal gehaat word en verag word, verraai word en vervolg word. Julle sal van stad tot stad moet vlug om te verhoed dat julle gestenig word.”
Stel julle voor hierdie groot-oog manne soos hulle na Jesus luister. Hulle moes vasgegryp gewees het van vrees. Ek kan my voorstel dat hulle gewonder het, “Wat ‘n soort bediening is dit die? Is dit wat die toekoms vir my inhou? Dit is die dofste uitkyk op lewe wat ek nog ooit van gehoor het.”
En tog in dieselfde toneel, vertel Jesus vir die geliefde vriende drie maal: “Vrees nie!” (Matteus 10:26, 28, 31). En Hy gee ook vir hulle die teengif vir alle vrees.: “Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Julle is meer werd as baie mossies?” (sien 10:29-31).
Geliefde gelowige, hier is ‘n diep waarheid waaraan ons kan vashou in die mees onstuimigste tye. Jesus sê, “As twyfel kom – wanneer jy aan jou einde kom, en jy dink niemand sien waardeur jy gaan nie – hier is hoe jy rus en sekerheid kan vind.
“Kyk na die klein voëltjies buite jou venster. En trek jou vingers deur jou hare. Onthou dan wat ek jou vertel het: hierdie klein kreatuurtjies is van groot waarde vir jou Vader. En jou hare is daar om jou te herinner dat jy van baie groter waarde is vir Hom. Sy oë is altyd op jou. En Hy wat jou elke beweging sien en hoor is naby.”
Dit is hoe ons Vader vir ons sorg in moeilike tye. Hy is bewus van elke klein besonderheid van ons lewens – ons familie, ons huis, ons finansies, ons huwelik – en hy is besorg oor elke aspek. Ons hoef nie te vrees nie! Hy het belowe om ‘n uitweg te stuur.