TOELAAT DAT BARMHARTIGHEID VLOEI

David Wilkerson

By Pinkster, is die Heilige Gees op voorbereide mense uitgestort wat “eendragtig bymekaar” was (Handelinge 2:1). So, wat beteken dit dat die mense eendragtig was? Eenvoudig gestel, barmhartigheid het deur hulle gevloei. Laat my verduidelik.

Beskou diegene wat op die toneel was by Pinkster, mense wat ons vandag eerbiedig as kerkvaders. Sommige van hierdie mans het swaar gesondig teen die Here en teen hulle broers. Hulle moes almal vergewe word en hulle sondes bedek word, of die kerk sou nooit kon voortgaan met die werk wat die Gees op pad was om te doen nie.

SWAAR SONDES

Beskou Petrus. Hy het verskriklik gevloek en Jesus, sowel as die ander dissipels, seergemaak. Daardie kerkliggaam het Petrus vergewe en hulle het hom bedek sodat sy verlede nooit weer teen hom gehou sou word nie. Beskou ook Jakobus en Johannes, die “Seuns van die Donder.” Hulle het ook swaar gesondig en hulle mede dissipels aanstoot gegee toe hulle daarop aanspraak gemaak het dat hulle groter as die res was. Hulle was ook vergewe en bedek.

Trouens, enigeen teenwoordig daardie dag kon gesê het, “Wag ‘n bietjie, Petrus. Wie het jou die leier hier gemaak? Jy het Christus verloën.” Niemand het dit gedoen nie, omdat hulle harte voorberei was deur barmhartigheid. En hulle was gereed om die Gees te ontvang toe Hy gekom het tydens die groot uitstorting by Pinkster.

SAKE VAN DIE HART

Geliefde, dit is waarom Petrus in sy sendbriewe fokus op die sake van die hart. Hy het eerstehands geweet dat al hierdie dinge uitgedryf en vergewe moes word, om nie die Gees se werk te verhinder deur enige vlees nie. Dieselfde is waar vir Christus se kerk vandag, ons wat Sy magtige oesreën moet ontvang.

Sal ons daardie werk van die Gees verhinder deur te misluk om te vergewe? Of sal ons voorbereid wees deur toe te laat dat barmhartigheid deur ons na ander vloei?