TYD IN GOD SE TEENWOORDIGHEID

Jim Cymbala

Ons sien in Handelinge 6 dat die apostels uit baie moes kies om die eerste diakens te roep. Daar was ‘n dispuut tussen die Griekse Jode en die Hebreeuse Jode oor die regverdigheid van die voedselverspreidingstelsel. Die apostels het besluit om sekere mans aan te stel om daardie taak te hanteer, sodat voedselverspreiding die nodige aandag kon kry, terwyl die apostels voortgegaan het om te fokus op “gebed en die bediening van die woord” (v. 4).

Die apostels het gesê, “Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie geguitenis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel” (v. 3, beklemtoning bygevoeg). Voedsel uitdeel, was ‘n eenvoudige alledaagse taak, tog het die apostels gevoel dat om beheer te word deur die Gees, ‘n noodsaaklike kwalifikasie was om daardie eenvoudige werk met wysheid te verrig.

Vergelyk dit met sommige van ons hedendaagse kerkaanstellingspraktyke. Wanneer ons mense selekteer vir professionele bedieningsposisies, kyk ons gewoonlik eerste na opleidingskwalifikasies. Mense wat ‘n kweekskoolgraad verwerf het, word prima kandidate om Christus se kinders te lei, dikwels sonder dat iemand eers onderskei het of hierdie potensiële leiers enige bewyse toon dat hulle deur die Gees beheer word. Dan word kandidate onderwerp aan ‘n hele reeks psigologiese toetse om te sien of hulle verenigbaar is met die bediening, asof wetenskap die bepalende faktor van wysheid is. Maar in die Nuwe Testament kerk, het selfs die werk van voedselverspreiding aan weduwee’s, leiers vereis wat Geesbeheerd en vol wysheid was.

As alle gelowiges vol van die Heilige Gees was, as almal in die gemeenskap Geesbeheerd was, sou die apostels nie sulke kwalifikasies neergelê het nie. Trouens, dit sou eenvoudig dom gewees het. Stel jou voor hulle sê, “Kies sewe mense wat asem haal.” Nietemin, om ‘n Christen te wees, waarborg nie dat ‘n mens ‘n lewe leef wat beheer word deur die Gees nie. ‘n Mens moet tyd in God se teenwoordigheid deurbring totdat hy “toegerus is met krag uit die hoogte” (Lukas 24:49).

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in 'n klein bouvallige gebou in 'n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is 'n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.