VERANDER

Claude Houde

‘n Familie in ons kerk het ‘n kragtige getuienis. Die vader was mishandel, verkrag en geslaan deur ‘n godsdienstige figuur toe hy jonk was en hy het gebrand met ‘n haat vir godsdiens sy hele volwasse lewe lank.

Toe hy sy werk verloor het ‘n paar jaar gelede, het sy vrou begin hulp ontvang by verskeie dienste wat ons aan die families van ons stad bied. Later, teen Kersfees, het sy ‘n vrywilliger geword en toe vriende gemaak en bietjie vir bietjie, het sy begin om kerk gereeld by te woon.

EK SAL NOOIT WEER MY VOETE IN ‘N KERK SIT NIE

‘n Jaar later, toe sy weer aangebied het om ‘n vrywilliger te wees tydens die Kersuitdelingsgeleentheid, het haar man haar gewaarsku, “Voel vry om te gaan, maar ek sal jou nie kom haal nie! Ek sal nooit weer my voete in ‘n kerk sit nie!”

Teen die einde van haar laaste dag van vrywillige diens, het sy haar man geskakel en gesê, “Liefling, ek is so moeg. Kom haal my asseblief by die kerk.” Vir watter rede ook al, het hy huiwerig ingestem. Meer as ‘n uur later, het sy hom steeds nie gesien nie en sy het begin bekommerd raak oor sy welstand. Terwyl sy in die kerk rondgekyk het, het sy hom in die heiligdom gekry waar hy ‘n kartondoos kos dra!

“Wat maak jy?” het sy gevra.

“Wel, ek het besluit om in te kom en self te sien wat hier aangaan. Hulle het hulp nodig gehad, so ek gaan vir ‘n bietjie langer bly, as jy nie omgee nie.”

HY HET SY KOP LAAT SAK EN GEHUIL

Twee uur later, het die paartjie in hulle kar geklim in die kerk se parkeer area, nadat hulle honderde families – die armstes van die armes – by die kerk sien opdaag het waar hulle mandjies en geskenke ontvang het. Die man kon homself nie meer langer inhou nie en het sy kop tot op die stuurwiel laat sak en gehuil. Sy vrou het hom nog nooit so gesien nie.

Jare van mishandeling deur “godsdienstige” mans wat God verteenwoordig het, het teen sy wange afgestroom in daardie trane. Hy was uiteindelik in staat om vir sy vrou te sê, “Toe ek ‘n klein seuntjie was, was ek lief daarvoor om mense te hoor oor Jesus praat en ek wou ander help net soos Hy.”  

Hierdie jaar het hulle hele gesin aangebied om vrywilligers te wees tydens Kersfees. Hulle het lewende stene geword, lewende sendbriewe van Sy genade, gelees deur alle mense, deur die bonatuurlike krag van geloof.

 

Claude Houde is die hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) te Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense na meer as 3500 in ‘n deel van Kanada met min suksesvolle Protestante kerke.