VERBIND DEUR ‘N EWIGE EED

David Wilkerson (1931-2011)

In Jesus se gebed aan die Vader, het Hy gesê: “En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons” (Johannes 17:11). Hy het in wese gesê, “Ons het ooreengekom dat Ek almal wat op My vertrou by ons verbond kon insluit. Nou, Vader, Ek vra U om hierdie geliefdes in te sluit by dieselfde verbondsbeloftes wat U aan My gemaak het.”

Wat het hierdie verbond tussen Vader en Seun met jou en my te doen? Is dit ‘n beeld van God se liefde vir sy geliefde skepping. Hy het hierdie verbond gemaak omdat Hy onwillig was om een kind aan die Satan af te staan. Dit gaan alles oor sy onsterflike liefde vir sy kinders.

Die Vader het vir sy Seun gegee, die Seun het sy lewe vir ons gegee en ons ontvang al die voordele. Met wedersydse instemming, het die Vader en die Seun hierdie verbond gemaak om die saad van Christus te bewaar en te beskerm. Dit verseker dat ons tot op die einde sal volhard en dat ons bewaar sal word.

Die belofte om ons te red en te verlos, en ons vertroue dat God dit sal nakom, het dan ‘n presedent in die verhouding tussen Vader en Seun.

Het die Vader Jesus gelei soos Hy belowe het Hy sou? Het sy Gees die Seun bemagtig en hom bemoedig en vertroos? Het Hy Hom deur al sy versoekings en beproewings gedra? Het Hy Hom bewaar van die magte van duisternis? Het Hy Hom triomferend huistoe gebring? Was God getrou aan sy deel van die verbond se terme?

Ja, absoluut! En die Vader wat sy verbondsbeloftes aan sy Seun nagekom het, het ‘n ewige eed gesweer om dieselfde vir ons te doen. Jesus het sy deel van die verbond bevestig toe Hy gesê het, “En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My” (Johannes 17:22-23).

As jy in Christus bly – in Hom woon en Hom vertrou – sal jy sekerlik sy heerlikheid sien!