WAAROM HET JONA GEVLUG?
"En die woord van die HERE het gekom tot Jona...en gesê: Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig. Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsis te vlug” (Jona 1:1-3).
Ons ken die storie van Jona, die man wat van God probeer wegvlug het toe die Here vir hom ‘n mandaat gegee het om oordeel oor die stad-nasie Ninevé te verkondig. Maar in plaas daarvan om Ninevé te waarsku, het Jona gevlug. Hierdie storie was bevestig deur Christus self: “Want net soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees” (Matthéüs 12:40). Met ander woorde, Jona se storie was so seker soos Christus se eie begrafnis en opstanding.
Waarom het Jona geweier om God se duidelike, geopenbaarde Woord te gehoorsaam en het hy gevlug? Dit is duidelik Jona was talentvol en deur God uitverkies, maar tog het hy weggevlug van God se teenwoordigheid en het alle gemeenskap met Hom gestaak. Toe Jona gevlug het, het hy die Heilige Gees se stem in sy ore gehoor elke tree op sy pad.
Jona was ‘n magtige openbaring van God se genade en barmhartigheid gegee: “Ek het geweet dat U ‘n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid” (4:2). Natuurlik is God alles wat Jona hier beskryf, maar die Bybel praat ook van God se heilige, regverdige natuur. “Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk” (Romeine 1:18).
Ek glo Jona was ongehoorsaam, omdat hy gedink het, “Here, elke keer wat U oordeel aankondig, word U oorweldig met barmhartigheid. Ek weet U gaan Ninevé nie oordeel nie, want sodra ek profeteer, sal hulle hulle bekeer en U sal u genade op hulle uitstort.” Hy het geen begrip gehad van die vrees van God en sy heilige, regverdige natuur nie.
Elke gelowige moet die openbaring van die vrees van God aangryp soos dit in sy Woord geopenbaar word: “Vrees die Here en wyk af van die kwaad” (Spreuke 3:7). Soos God se genade, is die vrees van God lewegewend – “In die vrees van die HERE lê ‘n sterk sekerheid (14:27) – en ons moet leer om ‘n balans tussen die twee te handhaaf.