Waens Weghardloop

Gary Wilkerson

Elía het pas die bonatuurlike gedoen. Hy het man alleen die 400 profete van Baäl gekonfronteer en hulle oorwin. God het hierdie profeet ‘n magtige oorwinning gegee. Elía het gesien hoe wonderlike dinge uit die hemel tydens sy lewe aan hom en sy bediening voorsien is.

Toe het iets gebeur. In 1 Konings 18, het Elía  gebid dat reën op die droogte geteisterde aarde sou val. Terwyl hy op die bergspits gesit en bid het, het Elía gekyk of sy smeekgebede beantwoord word. Maar daar was geen bewys van ‘n reaksie van God nie. Daarom het Elía weer gebid. Steeds het hy geen wolk gesien nie. Hy het weer en weer en weer gebid en steeds het geen wolk verskyn nie.

Miskien is jy bekend is met so ‘n ervaring. Soms het jy groot oorwinnings in Christus beleef. Ander kere het jy iets desperaat nodig gehad het en daarvoor gebid, maar daar het geen antwoord gekom nie. Jy het na opnames van preke geluister, raad van jou pastoor gevra en aangehou met bid. Maar jy het niks van God gehoor nie.

Wat het Elía tydens hierdie verwarrende tydperk van nood gedoen? Die Skrif sê hy het sy kop met ‘n doek toegemaak. In wese het Elía gesê, “Here, ek sluit my af van die wêreld rondom my, omdat ek ‘n woord van U nodig het. Ons het desperaat nodig dat verfrissende reën op die droë grond val. As dit nie gebeur nie, is ons verlore.”

Toe het iets gebeur. Terwyl Elía sy kop opgelig het, het hy iets kleins ver in die lug gesien vorm. Dit was ‘n klein wolkie so groot soos ‘n man se vuis. Toe het Elía geweet dat die Here hom verhoor het. Hy het uitgeroep, “Hier is dit nou! God het my gebed beantwoord.”

Die profeet het sy dienaar, Gehási gestuur om ‘n boodskap aan Koning Agab te gee: “Gaan op, sê vir Agab, Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie" (1 Konings 18:44, kursief myne). In wese, het Elía vir Agab laat weet, “Ek sal jou in Jisreël ontmoet. Maar jy beter gou maak met jou skitterende wa, anders sal jy in die modder vassit en ek sal voor jou terug in die stad wees.”

God het ‘n belangrike boodskap vir sy mense in Elía se storie. Dit het alles met waens te doen.

Regdeur die Ou Testament het waens ‘n sentrale rol in die ekonomie gespeel.

Jisreël was bekend as die stad van waens. Dit het uitgeblink in oorlogvoering as gevolg van sy groot vloot ysterwaens wat vir vinnige beweging tydens oorlog gesorg het. In Elía se storie, het waens die krag van ‘n man verteenwoordig. Dit het die volgende uitgebeeld: krag om met groot ratsheid voort te spoed en die vermoë om iets deur ‘n kragtige, dominerende hulpbron te bereik.

Vandag bestaan daar ‘n sekere “wa-lewenstyl” — een van gemak, waarin al ons behoeftes bevredig word. As ons iets nodig het, dan skryf ons ‘n tjek daarvoor. As ons iets wil doen, gaan ons voort en doen dit. Die wa-lewenstyl is lekker, want ons beskik oor al die hulpbronne wat ons nodig het vir wat ons ookal wil hê.

Natuurlik kan die wa-lewenstyl vir die Christen baie aantreklik wees. As ons na die wêreld se standaard vir sukses kyk, dan sien ons indrukwekkende “waens” en “perde.” Dit is die middele en die materiële rykdom, wat mense gemak en sekuriteit gee. Sulke mense het alles wat hulle nodig het om voort te spoed, uit die reën te bly en hulleself te alle tye gemaklik te hou.

Maar die dienaar van God soek nie primêr daardie dinge nie. In plaas daarvan, soek hy om sy Meester se stem te gehoorsaam en die belang van die koninkryk te soek. Die Christen leer vroeg in sy geloofslewe om die Here eerste na te strewe “en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word" (Matthéüs 6:33).

Hierdie gelowige mag egter soms gebrek ly. Hy het nie al die hulpbronne om sekere dinge vir sy familie te doen nie. Hy sien nie dat sy roeping of bediening vervul word nie. Daarom word hy in die versoeking gelei om te dink, “Die hulpbronne is daar en die wêreld gebruik dit met wonderlike resultate. Maar ek het niks daarvan nie. Ek het dit nodig om God se werk verrig. Hoe sal ek dit in besit neem?”

Elía het van beter geweet as om na die wêreld se hulpbronne te kyk. Stel jou voor die toneel waar hy met Koning Agab praat. Daar staan die koning hoog op sy skitterende wa terwyl hy uittroon bokant die nederige profeet. Elía  het egter vrymoediglik met Agab gepraat: “Jy het die mees indrukwekkende mag op aarde en jy voer ‘n groot vloot van waens aan wat deur kragtige perde getrek word. Maar selfs jou vinnigste wa kom nie naby die mag van die Here nie. Jy beter begin aanstaltes maak, Agab. God gaan my by Jisreël kry voor jy daar aankom.”

Volgende lees ons, “Maar die hand van die Here was oor Elía, sodat hy sy heupe omgord en voor Agab uit geloop het in die rigting na Jisreël" (1 Konings 18:46). God se man het vir ‘n wa weggehardloop! En dit was oor ‘n afstand van baie kilometers. Hoe het Elía dit reggekry? Die frase “sy heupe omgord” beteken, “jou lendene omgord.” Al wat Elía  gedoen het was om sy “lendene te omgord” — wat beteken, hy het homself voorberei.

Eerste Petrus 1:13 vertel ons om “die lendene van ons verstand te omgord.”

Die apostel Paulus vertel vir ons dat ons deur God geroep is om ‘n resies te hardloop. Petrus verwys ook na hierdie resies wanneer hy ons beveel om die lendene van ons verstand te omgord. Hy sê om het nodig om onsself vir die kompetisie voor te berei deur ons geloof te versterk en op die Here te vertrou.

Jy sien, ons almal het ‘n hemelse roeping wat deur God vooraf bepaal is. Miskien het die Heilige Gees aan jou ‘n visie gegee wat jou roeping is. Maar daar is ‘n groot gaping tussen jou hoë roeping en om dit vervul te sien. Soms lei daardie gaping jou tot wanhoop. Dit is die rede waarom Petrus jou beveel om die lendene van jou verstand te omgord — om jouself te herinner aan ‘n sekere waarheid oor jou God. Elía se storie verskaf aan ons hierdie waarheid:

“Wanneer jy waens voor jou sien wat mense vinning na hulle bestemmings neem, moenie moedeloos word nie. Moenie mismoedig word oor die krag wat húlle het en jóú ontbreek nie. God het ‘n ander uitweg vir jou. Wanneer jy jou oë op die Vader rig en sy magtige hand oor jou kom, sal jy vir waens weghardloop."

Dawid het hierdie waarheid oor die hemelse Vader geken. Hy het dieselfde beeld gebruik om God se begeerte om aan sy mense te voorsien aan ons oor te dra: “Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die Here onse God" (Psalm 20:8).

Op hierdie oomblik mag jy dalk gebrek ly. God het egter gesê dat jy meer kan doen as mense wat alles het. Hoe? God begeer om Homself sterk te bewys aan hulle wie se harte volkome syne is.

Die Here vertel vir ons, “Jy mag dink dat jy nie het wat jy nodig het nie. Maar jy het nie die wêreldse hulpbronne nodig nie. Jy het nie die spoed van ‘n wa nodig nie, omdat my spoed groter is. As jy My volkome sal vertrou om my doel in jou lewe te bereik, sal jy sien dat dit vinniger sal gebeur as wat jy dink. Ek sal dit kragtiger en met meer gesag doen — en Ek sal verheerlik word deur jou lewe.”

Dink daaraan dat Elía vir Agab te voet weggehardloop het. En hy het genoeg vertroue in God gehad om daaroor te roem — selfs voor dit gebeur het! As ons eerlik is, sal ons erken dat die meeste van ons net kan voorgee dat ons daardie soort vertroue het.

Laat my dit illustreer deur jou iets van die wa-resies, waarin ek en vrou betrokke is, te vertel. Ons familie is soos die meeste families. Ons het twee karre nodig om oral uit te kom waar ons moet wees. Dikwels beteken dit dat my vrou en ek by dieselfde geleentheid met twee verskillende karre is. Wanneer dit gebeur, is daar ‘n ongesproke kompetisie tussen ons: Wie sal eerste by die huis kom?

Ons breek nie die wet nie, maar ons sit albei voet in die hoek wanneer ons huistoe ry en gebruik elke moontlike kortpad. Sy sal verby my ry met ‘n wuif en dan sal ek haar verbysteek met ‘n gaap. Ek geniet dit om haar te wen. Ek sal die uit die kar uitspring, uit die motorhuis glip, deur die kombuis skiet tot binne in die woonkamer. Ek sal die TV aanskakel, die koerant optel en my voete oplig. Selfs al is ek totaal uitasem, sal ek haar ongeërg vra wanneer sy inloop: “O, hallo. Jy is uiteindelik by die huis.”

Dit is presies hoe ek my verbeel Elía gereageer het toe Agab in Jisreël opgedaag het. Die koning het sy perd met die sweep aangepor soos Ben Hur. Toe hy egter in die stad kom, het Elía rustig in ‘n boekrol gestaan en lees. Elía het opgekyk, ‘n gaap gegee en gesê, “O, jy het uiteindelik gekom.”

Dit is die boodskap van hierdie toneel: Jy gaan sien dat God se beloftes vervul word omdat Hy jou die krag gee om dit te doen – nie omdat jy op ‘n wêreldse wa ry nie.

Wat as ‘n wa werklik tot Elía se beskikking was? Sy voertuig sou nie met Agab s’n kon vergelyk nie. Terwyl die reën in stortbuie geval het, sou Elía in die modder vasgesit het. En hy sou vasgesit het omdat hy homself verbind het om die wa te gebruik. Hy sou die Here se primêre roeping gemis het – wat is om volkome op Hom alleen te vertrou.

Haggai beskryf ‘n ervaring wat bekend is aan baie Christene, wat ‘n Godgegewe visie najaag.

In Haggai 2:15-16 het die kinders van Israel probleme gehad om ‘n gebou op te rig. Hulle uitroep was, “Ons het 50 mate van materiaal nodig vir hierdie gebou se stene, maar ons het net 20 mate gekry.”

Miskien beskryf dit jou lewe of roeping. Jy het sekere “mates” nodig om te bereik wat God voor jou geplaas het, maar jy het net ‘n gedeelte daarvan gekry. Jy het vir een hoeveelheid gehoop, maar ‘n kleiner deel ontvang.

God het vir jou ‘n boodskap deur Elía se storie. Dit is die volgende: Hy wil aan ons voorsien wat ons nie vir onsself kan voorsien nie. Inderdaad, Jesus vertel vir ons dat die Vader begeer om ons oes te verdubbel. In Johannes 4:35 het Jesus en sy dissipels naby graanlande geloop. Hy het na die lande gewys en vir sy volgelinge gesê, “Die lande is ryp vir die oes. Moenie sê, ‘Daar is nie ‘n oes tot oor vier maande van nou af’ nie. Rig jou oë op. Die oes is gereed, selfs nou al.”

Maar die dissipels was verleë. Hulle het gesien dat die plante net half gegroei was. Hulle het gedink, “Enigeen met gesonde verstand kan sien dat hierdie lande nie naby gereed is vir die oes nie.” Maar Jesus het natuurlik oor die oes van siele vir God se koninkryk gepraat.

Die les van die oes het ‘n breër betekenis vir ons lewens. Vir ons, het dit te doen met God se koninkryk doelwitte in ons lewens. Jesus vertel vir ons. “Julle het nie nodig om vier maande te wag om heilig te wees nie. Jy het nie nodig om te wag tot jy jou sonde oorwin of tot jy ‘n brandende ywer vir My het nie. Ek het al daardie dinge op hierdie oomblik tot jou beskikking gestel. Dit mag vir jou onmoontlik lyk. En dit is onmoontlik in jou eie krag en vermoë. Maar Ek versnel alles. Daar mag geen verskonings onder hulle wat My volg, wees nie. Ek het alle dinge duidelik gemaak sodat jy dit kan begryp!”

Ek het ‘n vraag om te vra aan elke student of jongmens wat hierdie boodskap lees. Het jy vir jouself gesê, “Ek sal wag tot ek gegradueer het voor ek ophou drink”? Of, “Ek sal wag tot ek ouer is voor ek ophou rondslaap en trou”? Of, “Ek wil net nog ‘n bietjie meer van die wêreld smaak voor ek my alles vir Jesus gee”?

Jesus se lesse van die lande wat ryp is vir die oes, sê nee vir al daardie dinge. Hy verklaar aan almal wat Hom wil volg: “Dit is nou die tyd.” Hierdie les van die oes spreek elke menslike verskoning aan: “Daar is geen gewag in my koninkryk nie. As jy vir vier maande wag, sal die oes by jou verbygaan. Moenie dat enige verskoning jou van koers af bring nie. In my koninkryk, is vandag die dag. Nou is die tyd om My te volg. Nou is my tyd vir my roeping op jou lewe om vervul te word!”

As dit vir jou waar is, bied ek ‘n uitdaging. Skryf jou verskonings op ‘n stukkie papier neer. Lees dit vir die laaste keer. Frommel dan daardie papier op en gooi dit in die vullisblik. Sê, “Ek los daardie verskoning. Ek het nie meer verskonings nie. Jesus sê sy oes is op hierdie oomblik ryp in my lewe.”

Die profeet Amos praat ook van ‘n dubbele oes vir God se mense in hierdie laaste dae: “Kyk, die dae kom, spreek die Here, dat die ploeër die maaier inhaal, en die druiwetrapper die saadsaaier; en dat die berge van mos sal drup, en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees" (Amos 9:13). Amos sê in werklikheid, “Die lande is nie net vier maande te vroeg ryp nie. Die ploeër gaan die maaier verbysteek!”

Weereens was die boodskap vir Amos se hoorders onverstaanbaar. Hulle het geweet dat ploeg eerste kom, dan kom saadsaai, dan die insameling van die oes. Buitendien, dit was fisies onmoontlik vir ‘n ploeër en ‘n maaier om op dieselfde plek op dieselfde tyd te werk. Dit is egter presies wat Amos beskryf het. Hy het geprofeteer dat daar twee gewasse in een seisoen sal wees — ‘n totale onmoontlikheid! Maar God wou vir Israel ‘n dubbele oes gee.

Wat is die dubbele oes in jou lewe? Oor watter kwessie of toestand praat God met jou? Is dit ‘n finansiële nood? Is dit jou huwelik, jou kinders, jou huishoudelike situasie of jou roeping? Maak nie saak wat dit is nie, Hy het vir jou ‘n dubbele oes gereserveer — van sy teenwoordigheid, sy genade, sy hulpbronne en alles wat jy vir jou lewe nodig het.

Sy Woord vra vir ons, “Blyk dit alles onmoontlik te wees? Blyk dit buite bereik te wees? Miskien is jy mismoedig omdat jy ‘n maat van 20 nodig het. Wel, Ek gaan vir jou ‘n maat van 40 gee. Dink jy dat jy 100 nodig het? Jy gaan 200 kry.” Eenvoudig gestel, ons is nie veronderstel om na die wêreld vir hulpbronne te kyk nie. Ons hemelse Vader besit alles. En Hy wil ons voorsien met sy krag, sy heerlikheid en sy bonatuurlike vermoë.

Miskien dink jy, “Dit klink alles goed – krag vir die reis, die vermoë om waens weg te hardloop en ‘n dubbele oes. So, hoe verkry ek dit in my lewe?

Elísa, die opvolger van Elísa is ‘n voorbeeld.

Elísa het van Elía die rol van die profeet in die land geërf. In 2 Konings 4, het Elísa een van sy grootste toetse teëgekom. Hy was genader deur ‘n Sunnamitiese paartjie wie se seun pas gesterf het. In desperaatheid het die vrou aan Elísa vertel, “Ek het gevas en gebid, geween en gepleit. Maar ek het niks van die Here ontvang nie. Met my seun wat dood is, het ek nie die krag om voort te gaan nie. Ek verstaan nie wat God doen nie. Dit is meer as wat ek kan verduur.”

Elísa het gereageer deur iets ongewoon te doen. “En hy sê vir Gehási: Gord jou heupe" (2 Konings 4:29). Met ander woorde, “Omgord jou lendene.” Toe het hy gesê, “Neem my staf in jou hand en gaan heen; as jy iemand teëkom, groet hom nie; en as iemand jou groet, antwoord hom nie; en lê my staf op die gesig van die seun."

Gehási het gedoen soos Elísa hom beveel het. Hy het na die familie se huis gegaan en sy staf op die gesig van die dooie kind gelê. Maar daar was geen teken van lewe nie. Daarom het Gehási na Elísa teruggekeer en gesê, “Die seun het nie wakker geword nie.”

Hier is my vraag aan jou: Wat doen jy wanneer jou staf nie werk nie? Waarheen gaan jy as elke poging wat jy aanwend nie sy doel bereik nie? Waarna wend jy jou as alles wat jy probeer het geen resultaat gebring het nie?

Daar kom ‘n tyd wanneer ons geen hulpbron behalwe Jesus alleen het nie. Hy is ons oplossing. En in hierdie storie, was Elísa ‘n tipe Christus. Hy het na die Sunnamitiese familie gegaan en homself oor die dooie liggaam van die seun uitgestrek. Toe hy aangesig op aangesig, voet op voet, hand op hand oor die kind gelê het, het Hy in hom geblaas.

Wat het toe gebeur? Die Skrif sê dat die seun sewe keer genies het. Hy was lewend!

Sê vir my, wat het hierdie lewe voortgebring? Jesus self het lewe in die situasie in geblaas. Wanneer ons geen hoop, geen hulpbronne en geen vermoë het nie, blaas Christus sy bonatuurlike lewe in ons omstandighede in. Ons het nodig dat Hy op ons probleem gaan lê en sy opstandingslewe daarin blaas.

Wil jy nog steeds jou vertroue in die magtige waens van die wêreld plaas?

Miskien het jy die hele tyd jou oë op ‘n soort ysterwa geplaas. Jou gebedslewe was daarop gerig dat God dit vir jou voorsien. Maar jou Vader mag dalk vir jou sê, “Jy het nie daardie wa nodig nie. Ek gaan vir jou alles voorsien wat jy nodig het. Ek gaan vir jou die krag gee, nie vir die 20 mates wat jy dink jy nodig het nie, maar vir die 50 mates wat Ek wil hê jy moet hê.”

Maak dit jou gebed: “Here, ek het niks — maar U het alles. Geen hulpbron in hierdie wêreld kan gemeet word aan U en u krag nie. En ek het U nodig. As U nie lewe in my probleem inblaas nie, sal ek dit nie maak nie. Ek kan dit nie doen nie, maar U kan. Met U kan ek vir waens weghardloop!”

Afrikaans