Wagtend op die Laaste Dag met Hoop
Paulus skryf: “Deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot 'n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie” (Filippense 2:16). Paulus het die dag voorgestel as hy in Christus se teenwoordigheid sou staan en die geheime van verlossing onthul sou word.
Die Skrif sê dat op daardie dag sal ons oë geopen word en ons sal die heerlikheid van die Here aanskou sonder bestraffing van Hom. Ons harte sal aan die brand wees terwyl Hy al die verborgenhede van die heelal openbaar en ons sy krag daaragter wys. Skielik sal ons die werklikheid van alles wat tot ons beskikking was in ons aardse beproewings sien: die krag en hulpbronne van die hemel, die beskermende engele, die blywende teenwoordigheid van die Heilige Gees.
Dan sal Christus vir ons die Vader wys en wat ‘n oorweldigende oomblik sal dit wees. As ons die majesteit van ons hemelse Vader aanskou, sal ons sy liefde en omgee vir ons ten volle besef.
Dit is waarom Paulus sy boodskap oor God se getrouheid “voorgehou” het. Op daardie glorieryke dag wil hy nie in die teenwoordigheid van die Here staan en dink: “Hoe kon ek so blind gewees het nie? Waarom het ek nie my Here se planne ten volle vertrou nie? Al my bekommernisse en vrae was tevergeefs.”
Paulus vat dit dan saam met die woord: “Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is” (Filippense 3:14). Kortom, hy het gedink dat dit onmoontlik was om sy toekoms in die Here se hande te plaas sonder om eers sy verlede neer te lê.