WANNEER DIE SOEKTOG ONSUKSESVOL IS

Gary Wilkerson

“En toe die eselinne van Kis, die vader van Saul weggeraak het” (1 Samuel 9:3).

In die Woord van God, dui stories van verlore items op die Vader se hart vir die verlorenes. God wil hê sy mense moet gewillig wees om uit te gaan en te red dit wat verlore is, en ons sien dít gebeur in hierdie storie.

Saul se pa het vir hom gesê, “Neem tog een van die dienaars met jou saam en maak jou klaar, gaan soek die esels. Hy het toe die gebergte van Efraim deurgegaan” (verse 3 en 4). Om op en af oor die heuwels van Efraim rond te swerf, was ‘n moeilike manier om te begin, maar Saul was vasberade om die sending wat sy pa vir hom gegee het te voltooi.

Saul het inderdaad oral deur die heuwelland gegaan en in verskeie grondgebiede rondgesoek, maar hy het steeds nie die donkies gekry nie. Hy moes begin het om ietwat moedeloos te voel, maar hy het deurgedruk, want hy was vasberade om gehoorsaam te bly aan sy vader se opdrag.

Uiteindelik het Saul vir sy dienaar gesê, “Kom, laat ons teruggaan; anders sien my vader van die esels af en word oor ons besorg” (vers 5).

Saul het in werklikheid nederlaag erken en het verduidelik, “Ons het ons bes gedoen. Ons het gedink ons kon suksesvol wees, maar ons kon nie, so ons moet dit aanvaar en verder gaan.”

Vir sommiges is om in geloof uit te stap deel van ‘n groter verbintenis om ten alle koste te gehoorsaam. Vir ander is vrees om deur te druk in werklikheid ‘n vrees vir mislukking. Met ander woorde, daardie mense verbind hulle nie tot dit waarvoor God hulle geroep het nie, omdat hulle bang is hulle sal nie suksesvol wees nie.

Dit is belangrik vir jou om te verstaan dat wanneer God jou roep vir iets, Hy jou nie altyd roep om suksesvol te wees nie, Hy roep jou om te gehoorsaam!

Die gehoorsaamheid aan die roeping hang van jou af – die sukses van die roeping hang van God af!