WANNEER GOD ONS ROEP OM OP TE TREE

David Wilkerson (1931-2011)

Jy het al gehoor van die gebed van geloof, maar ek glo daar is ‘n spieëlbeeld van hierdie gebed wat gebaseer is op die vlees - die gebed van ongeloof. Sulke gebed is heeltemal onaanvaarbaar vir God; trouens, die Skrif sê dit is sondig in sy oë.

Moses, ‘n goddelike, biddende man wat God se roeping gevolg het elke tree, het by ‘n krisis in sy lewe gekom. Die Israeliete was deur Farao agternagesit, met geen ontsnapkans hoegenaamd nie, behalwe om deur die Skelfsee te gaan. Moses het in sy hart geweet dat hierdie krisis deur die Here gestuur was maar, tog het die paniekerige geskreeu van honderde duisende mense in sy ore weerklik, daarom hy het na ‘n afgesonderde heuwel gegaan en hardop sy hart in gebed uitgestort. God was nie gelukkig oor hierdie heelnag geween nie, want dit was ‘n bewys van ‘n wortel van ongeloof in sy hart.

Ek twyfel of jy al ooit die Here vir jou hoor sê het, “Hou op huil en staan van jou knieë af op.” Maar die Here het Moses bestraf, “Waarom roep julle so benoud na My?” (Exodus 14:15). Die letterlike Hebreeuse betekenis van die vers is, “Waarom skreeu julle vir My?”

Waarom sou God dit vir Moses gesê het? Want toe God Moses geroep het om Israel te verlos, het Hy belowe om hom ‘n stem te gee waarna die volk sou luister (sien Exodus 3:18). Maar Moses het met ongeloof gereageer: “Sê nou die Israeliete glo my nie en hulle luister nie na my nie en hulle sê die Here het nie aan my verskyn nie” (Exodus 4:1)

Dink aan hoe belaglik Moses se ongeloof was. Deur God se krag, het hy reeds ontsaglike wonders gedoen en hy het later van aangesig tot aangesig intimiteit met God beleef. Maar hier by die Skelfsee, het hy in ongeloof geaarsel en God het beveel, “Neem geestelike gesag oor hierdie krisis en beweeg vorentoe met geloof. ‘n Paar uur van nou af, sal jy dans van blydskap.”

Terwyl ons ons eie krisis beleef, mag ons onsself moontlik oortuig dat gebed die belangrikste ding is wat ons kan doen. Maar daar kom ‘n tyd wanneer God ons roep om op te tree, om sy Woord in geloof te gehoorsaam, sodat ons gebede nie in ongeloof gebid word nie.