WAT DIE WET ONS WYS

Gary Wilkerson

Paulus het by Timótheüs aangedring om in Éfese te bly, hoewel dit gelyk het of Timótheüs nie wou nie (sien 1 Timótheüs 1:3-4). Ons glo die moontlike rede was dat die Efésiese kerk probleme beleef het. Dit het gelyk of die kerk in eiegeregtigheid geleef het en probeer goed lyk het. Wanneer jy eiegeregtig is, is jy dikwels mislei en jy word gierig en ambisieus; jy mag selfs begin om dinge op te gaar.

In hierdie tyd was daar ‘n hongersnood in Macedonië en ook in Jerusalem wat tot uiterste armoede gelei het. Terwyl Macedonië en Jerusalem gesukkel het, was die ekonomie in Éfese goed; hulle het baie hulpbronne gehad, maar hulle het daaraan vasgeklou vir hulleself.

Paulus sê in 1 Timótheüs 6:17-18: “Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet; dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam.”

Paulus se eerste woord, beveel, beteken om “om te gebied of streng opdragte te gee.” In sommige vertalings lees ons, “Beveel dié wat ryk is in die huidige tyd om vrygewig te wees.”

Waarom sou Paulus vir hulle sê om mense te beveel om vrygewig te wees en nie langer aan dinge vas te klou vir hulleself nie? Dit klink so wetties en dit is – dit is die Wet. Die Wet wys ons waar ons afgewyk het van genade, waar ons verkeerd is. Die bevel wat Paulus vir Timótheüs gesê het om vir die Efésiërs te gee, was nie net om hulle sover te kry om ‘n offergawe te gee nie, maar om hulle sover te kry om te sien dat iets van genade ontbreek het in hulle lewens.