WAT PERK JOU IN?

Gary Wilkerson

“Ons mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword” (2 Korinthiërs 6:11). Paulus praat van ‘n kerk wat ‘n nuwe seisoen binnegegaan het. Hulle het ‘n goeie en glorieryke geskiedenis gehad, maar hulle het ook ‘n aantal beproewings en probleme verduur.

Almal wat hier lees het iets in gemeen met alle ander: dit word vlees genoem – daardie ding wat veroorsaak dat jy nie by God se beste uitkom nie. Die kerk by Korinthe was vol van wat Paulus vleeslikheid genoem het – seksuele onsedelikheid en verdeeldheid onder hulle – maar Paulus het hulle verseker dat sy hart wyd oop is vir hulle.

Ek is mal daaroor. Paulus daag hulle uit en wil hulle teregwys, maar hy verlang ook om groei en volwassenheid in hulle te sien ontwikkel. In vers 12 sê hy, “Nie in ons het julle dit te nou nie.” Met ander woorde, hy sê vir hulle dat daar geen beperkings op hulle is nie en dat hulle vry is om voluit vir Jesus te gaan.

Op dieselfde manier, moet ons nie ‘n volk van klein geloof wees en die werking van die Heilige Gees in ons lewens beperk nie. Paulus gaan verder en sê in vers 12, “Maar in jul binneste het julle dit te nou.” Wat hou jou ingeperk? Wat hou jou gematig, selfs verveeld in jou geloof? Waarom beleef jy nie ‘n ontploffing van geloof en ywer in jou lewe nie?

Miskien het jy skade gely – wie het nie? – en dit weerhou jou daarvan om dieper in die dinge van die Here te beweeg. Maar die Woord sê, “Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees” (6:18). ‘n Vader gee leiding en spreek seën oor jou lewe uit. Hy roep groot dinge in jou lewe te voorskyn en gee jou ‘n erfenis.

“Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring” (7:1). Terwyl jy die beloftes van God in besit neem, kan jy hernude gemeenskap met Christus hê met die gevolg dat jy in vrees en heiligheid wandel op ‘n manier wat jy nog nooit voorheen beleef het nie!