Body

Afrikaans Newsletters

Valse Geestelikheid

David Wilkerson

Dit was die Loofhuttefees en Jerusalem was stampvol godsdienstige Jode van orals af. Jesus het twee dae deurgebring in die tempel. Hy het daardie eerste nag op die Olyfberg geslaap en vroeg die oggend opgestaan om Sy lering te begin. Die groot vraag in Jerusalem was, “Wie is hierdie man?” Ek wonder of Sy dissiples moedeloos geword het oor al die ongeloof en beskuldigings van die skrifgeleerdes en Fariseërs. Ek wonder of hulle vir Jesus gesê het, “Dit is hopeloos. Hierdie stad en sy godsdienstige stelsel het U uitgesluit. Laat ons verder gaan!”

Vryheid van Alle Vrees en Bekommernis

David Wilkerson

Jesus het voorspel dat die laaste dae ‘n tyd van ongekende vrees sal wees. Sy presiese woorde was: “Op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word” (Lukas 21:25-26).

Pasop vir ‘n Sataniese Strik

David Wilkerson

Paulus het die moontlikheid genoem van om in ‘n sataniese strik te strap in sy briewe aan Timótheüs. Hy het die gevare van die sataniese strik verstaan, “...sodat hy nie in die veragting en in die strik van die duiwel val nie” (1 Timótheüs 3:7). Maar hy het ook vir ons ‘n herstel van daardie sataniese strik gegee: “...en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen” (2 Timótheüs 2:26).

Die Groot en Finale Voorbereiding

David Wilkerson

Ons lewe in die dae van die finale voorbereiding. In die hemel, hel en op aarde, bars onsettende aktiwiteit uit terwyl die hele skepping die hoogtepunt van die mens se geskiedenis verwag.

As die Heilige Gees die skille van ons oë sou afhaal, sou ons as gelowiges beide verheug en gebelg wees oor wat ons sien. Ons sou uitroep, “Wat gaan aan? Waarom jaag almal so vasbeslote, so intens rond? Waaroor gaan al hierdie oordadige, verbysterende voorbereidings? Wat is aan die gang? Wat is op die punt om te gebeur?”

Preekbestande Christene

David Wilkerson

Om preekbestand te wees, is om God se Woord te hoor, te verklaar dat jy dit liefhet, voor te gee om dit te gehoorsaam, maar dit nie doen nie! Dit is om só verhard te word, dat die hart nie meer aangeraak word nie en heeltemal ongeaffekteer is deur wat gepreek word. Sommige noem dit “evangelie-verhard.” Dink aan die ou Bybelstories en Bybelkarakters. Wie dink jy was die meeste preekbestand? Wie het onder die duidelikste, sterkste Woord gesit en was steeds onaangeraak daardeur?

God is 'n Beloner

David Wilkerson

“Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het. En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:5-6).

Die God van Hoop

David Wilkerson

Onlangs, het ‘n ontstelde suster hierdie woorde aan my geskryf: “ Ek is bang. Ek dink dit sou wonderlik gewees het as kernbomme op ons sou val – veral op my en my familie. Dit sou alles so gou verby wees vir ons. Ons sou by Jesus wees! Ek is ‘n afgetrede vrou met geen man in ons familie nie. Ek het my man aan kanker verloor. Ek het pas uit die hospitaal gekom en ek herstel van ‘n gebreekte rug. Ek het twee ongetroude dogters, een met gesonheidsprobleme wat twee jaar lank nie gewerk het nie. Ons het verskriklik gely die laaste 16 jaar.

Die Geopenbaarde Teenwoordigheid van Jesus

David Wilkerson

Vra enige Christen, “Het jy Jesus lief?” en hy sal antwoord, “Natuurlik ja!” Maar woorde alleen sal nie staande bly in die heilige lig van Sy Woord nie, want Jesus self sê twee kenmerkende dinge sal jou liefde vir Hom openbaar. As hierdie twee bewyse nie geopenbaar word in jou lewe nie, dan is jou liefde vir Jesus in woord alleen – nie in daad en in waarheid nie. Hierdie twee bewyse is: (1) jou gehoorsaamheid aan al Jesus se gebooie en (2) ‘n openbaring van Sy teenwoordigheid in jou lewe.