Body

Afrikaans Newsletters

Christus as Wins Verkry

David Wilkerson

Ja, waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, OM CHRISTUS AS WINS TE VERKRY” (Filippense 3:8, ONS HOOFLETTERS).

Het jy die Here se hart gewen? Die apostel Paulus verklaar dat, die doel daarvan om sy vorige lewe af te lê, die volgende is: “Om Christus as wins te verkry.” Hy was heeltemal gevange geneem deur Christus, en het oë gehad net vir die Here.

Die Bedelaars is 'n Teken

Laat my met jou deel wat ek glo God my gewys het insake Sy oordele oor Amerika – oordele wat alreeds begin het. Onlangs, terwyl ek diep in gebed was, het hierdie woorde oor en oor in my gees weerklink: “Die bedelaars is ‘n teken! Die bedelaars is ‘n teken!”

Gesifte Heiliges

David Wilkerson

“En dit is julle wat altyddeur by My gebly het in my versoekinge. En Ek beskik vir julle ‘n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel. En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan.

Deur God Verneder

David Wilkerson

Om te verneder, beteken “om iemand se waardigheid en trots af te breek,” om nederig te maak. Ek beplan om vir jou in hierdie boodskap te wys dat God diegene wat Hy liefhet, verneder! Trouens, tensy jy hierdie vernedering beleef het, is jy nie gereed om ten volle deur God gebruik te word nie; en is jy nie gereed om Sy volheid te ontvang nie.

Dit is Maaityd in Amerika

David Wilkerson

“Want dit is soos ‘n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou. En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan. En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin. Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien. Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek.

Dwalende Oë

David Wilkerson

Ek het nie ‘n televisie of videomasjien nie, en deur God se genade, het ek weggebly van alle vorme van pornografie. Maar dink aan die Christene wat wel TV het – en ook sateliet TV. Dit is na 10 p.m., die kinders is in die bed, en hulle sit wakker en kyk na ‘n R- of X-gegradeerde film. Vlak voor hulle oë sien hulle volwassenes hoereer en elke bose ding uit die hel uitvoer. Beide gees en liggaam word daarin vasgevang. Of, dit is moontlik hierdie scenario wees: Jy is weg van die huis af en niemand ken jou nie. Jy voel alleen en ‘n nuuskierigheid oorweldig jou.

Die Wêreld se Mees Ongewenste Mens

David Wilkerson

Die wêreld se mees ongewenste mens lewe vandag! Hy is nie dood nie. Trouens, Hy is baie aktief in ons tyd. Hy het selfs ‘n familie hier in New York Stad. Net nou die dag het ek ure by Hom deurgebring oor hierdie boodskap! Baie van julle ken Hom ook. Die wêreld se mees ongewenste mens is sonder twyfel Jesus, Seun van die Lewende God!

Die Stem van God Hoor

David Wilkerson

Een van die grootste seëninge van ‘n ware gelowige is om die stem van God te hoor en te ken. Dit is moontlik om God se stem so seker en so duidelik te hoor soos Abraham en Moses – so duidelik soos Samuel en Dawid – so duidelik soos Paulus, Petrus, die apostels en Johannes op die eiland Patmos! God het belowe om Sy stem duidelik bekend te maak vir een laaste keer gedurende hierdie eindtye. Hy het vir ons ‘n belofte en ‘n waarskuwing gegee oor die hoor van Sy stem. God gaan ‘n heilige, afgesonderde oorblyfsel in ‘n geestelike Sion inbring en Sy stem bekend maak aan hulle.

Waarom ly die Regverdiges?

‘n Kosbare doktersvriend van my het eenkeer vir my vertel hoe God hom laat aansluit het by die “skool van medelye.” Hy het baie min empatie gehad met mense wat gekla het van pyn. Dokters sien en hoor soveel van pyn, dat hulle dikwels immuun daarvoor word. Hy kon nie verstaan waarom pasiënte met nierstene, byvoorbeeld, van die pyn kon skreeu nie. Hy het gedink, “Dit kan nie so erg wees nie – hulle moet ‘n bietjie oordryf – miskien om medisyne te kry. Hoe kan iemand so swaar ly?” Toe eendag, het hý opgestaan met nierstene!

Jesus Kom

David Wilkerson

Eenduisend jaar gelede, ongeveer hierdie tyd, het die wêreld sy donkerste uur beleef. Volgens Miller se Kerkgeskiedenis, was die kerk goddeloos, afvallig en baie swak. Trouens, sy lewe was besig om te taan. Mohammedanisme het vinnig gegroei; Europa was binnegeval met Hongare wat menigtes vermoor het; vrees en geweld was oral op die aarde. Die hele mensdom het verlate en paniekerig geword. Daar was oral talle ellendes – verskriklike hongersnode – onbeskryflike rampe. Plae en peste het ontelbare miljoene gedood.